Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boer sewe keer met mes gesteek
Boer sewe keer met mes gesteek [boodskap #119885] Do, 10 Maart 2011 08:04
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Boer sewe keer met mes gesteek
2011-03-09 23:00

Johannesburg - ‘n Boer (58) van Neuklaagte naby Vryburg is tydens ‘n
rooftog op sy plaas met ‘n mes aangeval, het polisie Woensdagaand
gesê.

“John Steyn, wat alleen op sy plaas bly, is Dinsdagaand deur twee mans
aangeval,” het ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans het glo voorgegee dat hulle motor ‘n pap wiel gehad het en
het Steyn om hulp gevra.

“Terwyl hy hulle gehelp het, het die verdagtes hom oor die kop geslaan
met ‘n klip. Hy het probeer vlug maar die mans het hom sewe keer met
‘n mes in die rug gesteek en een keer in die maag met ‘n gebreekte
bottel,” het Tselanyane gesê.

Die verdagtes het met Steyn se Mazda-bakkie van die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boer-sewe-keer-met-me s-gesteek-20110309
Vorige onderwerp: Plaasaanvalle: Bejaarde boer dood gewurg
Volgende onderwerp: Mangaung se kragskuld R180 miljoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:18:19 MGT 2024