Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Brigadier ontslaan nadat hy vrou verkrag
Brigadier ontslaan nadat hy vrou verkrag [boodskap #119757] Vr, 09 Julie 2010 14:23
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Sasolburg. Brig. Zondi Nghondzweni, voormalige bevelvoerder van die
Sasolburg-polisiekantoor, is uit die polisie ontslaan nadat hy intern
skuldig bevind is aan 'n klag dat hy 'n vrou in sy kantoor verkrag
het.

Nghondzweni is Dinsdag ontslaan, maar bly vir eers tydelik geskors
terwyl hy kans kry om teen sy ontslag te appelleer.
Kol. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gister
Nghondzweni se ontslag bevestig. Nghondzweni is ook strafregtelik deur
die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) aangekla en gaan in die hof
op dieselfde aanklag teregstaan.

Die OKD het Nghondzweni vroeg in Februarie in hegtenis geneem nadat hy
na bewering 'n 26-jarige vrou in sy kantoor op Sasolburg verkrag het.
Die burgerlike vrou het tydelik in sy kantoor diens gedoen.

Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Hy verskyn in die hof op 14 Julie. Earl Coetzee

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Brigadier-ontslaan-nad at-hy-vrou-verkrag-20100709
Vorige onderwerp: Re: The Torture of White Limpopo
Volgende onderwerp: Noem julle dit steeds mense?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:30:42 MGT 2024