Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bylmoordenaar kry 2 keer lewenslank
Bylmoordenaar kry 2 keer lewenslank [boodskap #119745] Wed, 23 June 2010 07:56
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: March 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bylmoordenaar kry 2 keer lewenslank

2010-06-14 22:14
Sonja van Buul

’n Jong vrou het gister hier toegekyk terwyl die man wat haar met ’n
oopgekapte skedel langs haar ma se lyk gelaat het nadat hy dié ook met
’n byl aangeval het, twee keer lewenslange tronkstraf opgelê word.

Regter David Spilg het Victor Nyezineu (25) vroeër in die rondgaande
hof in Vereeniging skuldig bevind aan die moord op mev. Heila Pienaar
(42) en poging tot moord op haar dogter, Charmaine (20).

Hy is ook tien jaar tronk toe gestuur weens die roof van R2 000.

Nyezineu het mnr. Danie Pienaar (43) se skrootonderneming in Waldrift
op 1 Oktober 2008 met ’n byl binnegestap om te roof en te moor, het
die regter bevind.

Charmaine het sowat ses uur lank met ’n oopgekapte skedel langs haar
ma se lyk gelê.

Nyezineu, ’n onwettige immigrant van Zimbabwe, is 12 dae later in
hegtenis geneem.

Die hof het gehoor hy het as jong seun vee opgepas, maar in 2002 na
Suid-Afrika gekom op soek na ’n beter lewe.

Hy was glo in geldnood toe hy verlede jaar ná sy broer se dood na sy
tuisland wou gaan om sy ma by te staan.

Adv. Kgomotso Tloane, vir die verdediging, het ter strafversagting
aangevoer Nyezineu se wandade sal nie net sy ma verpletter nie, maar
kan selfs tot haar dood lei.

Volgens Spilg het Nyezineu vooraf beplan om Charmaine en haar ma te
vermoor om te keer dat daar enige getuies van die rooftog is.

Nyezineu het kort-kort sy kop geskud terwyl Spilg hom gevonnis het.

Mnr. Pienaar, sy seun, Frikkie, en Charmaine het gespanne na die
vonnisoplegging geluister, maar was sigbaar verlig toe hulle besef
Nyezineu gaan baie jare agter tralies deurbring.

“Ons is baie tevrede met die vonnis,” het Pienaar sr. buite die
hofgebou aan Beeld gesê.

Oorsprong:Beeld
( http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3851164/http ://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bylmoordenaar-kry-2-keer-l ewenslank-20100614
)
Vorige onderwerp: Afrikaner-"sagtemag" in die Lae Lande
Volgende onderwerp: Bekyk ook die video
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 01:43:23 UTC 2024