Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kameeldrift: Man op sy hoewe doodgesteek
Kameeldrift: Man op sy hoewe doodgesteek [boodskap #119684] Do, 13 Mei 2010 16:04
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kameeldrift: Man op sy hoewe doodgesteek

2010-05-11 11:20
Fanie van Rooyen

’n Man is gistermiddag op sy hoewe by Kameeldrift-Wes in Pretoria
vermoor deur ’n aan-valler wat hom vyf keer met ’n skerp voorwerp in
die bors gesteek het.

Mnr. Robert Botha (58) is net ná 15:00 deur een van twee vriende
gevind wat saam met hom in die huis gewoon het.

Dit is die jongste in ’n reeks van verskeie aanvalle van verlede maand
tot gister in dié misdaadgeteisterde gebied.

Verlede week is mnr. Theunis Pelser (66), wat as ’n
vragmotorbestuurder vir die winkel J&B Sugars in Kameeldrift gewerk
het, dood nadat hy in ’n rooftog geskiet is.

Op 16 April is mev. Suna Steenberg (45) in Kameelfontein in die kop
geskiet en op 6 April is ’n matriekseun, Ernst Hoon (18), deur sy
slaapkamervenster op Leeuwfontein in die Kameeldrift-gebied
doodgeskiet.

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gister gesê een van Botha
se twee vriende was nie tuis nie en die ander een het gaan stap.

“Toe die vriend wat gaan stap het terug by die huis kom, het hy Botha
se lyk gevind,” het Olivier gesê.

Daar was geen tekens van ’n inbraak of struweling nie.

“Al wat uit die huis vermis is, is twee van Botha se .22-gewere wat
uit ’n kluis weg is.”

Die polisie ondersoek sake van moord en diefstal.

Daar is volgens Olivier geen verdagtes nie omdat daar geen ooggetuies
is of tekens van ’n struweling of inbraak nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Kameeldrift-Man-op-sy- hoewe-doodgesteek-20100511
Vorige onderwerp: Nationalisation on ANC agenda: Malema
Volgende onderwerp: - Video - Die Derde Vryheidstryd Begin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:47:58 MGT 2024