Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moord op bejaarde skok
Moord op bejaarde skok [boodskap #119445] Wo, 24 Maart 2010 10:17
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Moord op bejaarde skok

2010-03-22 01:16

Frans Coetzee

JAN KEMPDORP. – Die gemeenskap hier is verbyster oor die wrede moord
op ’n bekende en bejaarde eienaar van ’n luukse woonstelkompleks die
naweek op dié dorp.

Twee minderjarige seuns van Riebeeckstad in die Vrystaat is binne
enkele ure in verband met die moord in hegtenis geneem.

Die geliefde ouma se lyk is Saterdag omstreeks 09:00 deur haar
geskokte suster en ’n bejaarde man in die hoofhuis van die kompleks
aangetref.

Mev. Joey Lubbe (75) van Andalusiahof 18, op die hoek van D.F.
Malanrylaan en Skoolstraat, is na bewering noodlottig met ’n skerp
voorwerp gewond.

Konst. Andrea Cloete van die polisie sê ’n 15-jarige seun van
Riebeeckstad is Saterdagmiddag in verband met die moord op Jan
Kempdorp in hegtenis geneem.

Sy vermeende 17-jarige medepligtige is dieselfde aand omstreeks 00:00
in Riebeeckstad aangekeer.

Die twee seuns het na bewering Vrydag van Riebeeckstad na Jan Kempdorp
geryloop waar die misdaad gepleeg is.

Die verdagtes verskyn môre in die landdroshof op die dorp.

Die motief vir die moord is onbekend.

Mnr. Willem Lubbe van Bull Hill buite die dorp, oudste seun van wyle
mev. Lubbe, sê sy ma se suster, mev. Ann Roux, het Saterdagoggend
bekommerd geraak. Roux woon in ’n woonstel in die kompleks.

Roux en ’n bejaarde nutsman het na mev. Lubbe se huis gegaan. Die
nutsman het oor ’n duiwelsvurkheining geklouter. Hulle het die
oorledene in die huis aangetref.

Lubbe sê die verskriklike dood van sy ma is onbeskryflik.

Sy was ’n baie geliefde inwoner van Jan Kempdorp.

Haar man, Frans, was jare lank ’n boukontrakteur en boer in die
omgewing. Hy is vier jaar gelede oorlede.

Wyle mev. Lubbe word oorleef deur Willem, Tinus van Hermanus, Amadia
van Welkom en Francois, ’n boer van Wolmaransstad, kleinkinders en
agterkleinkinders.

Begrafnisreëlings moet nog getref word.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad
( http://tinyurl.com/yd59r4w )
Vorige onderwerp: [Video] Chris Chameleon gesels oor plaasmoorde
Volgende onderwerp: Farmer shot dead
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:26:34 MGT 2024