Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Polisie slaan toe op tradisionele ‘dokters’
Polisie slaan toe op tradisionele ‘dokters’ [boodskap #119368] Sa, 06 Maart 2010 09:41
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
(Swart polisie slaan toe op swart tradisionele 'dokter')

Polisie slaan toe op tradisionele ‘dokters’
2010-03-05 21:02

Johannesburg – Verskeie ledemate van bedreigde dierespesies is in
Gauteng gekonfiskeer tydens ‘n klopjag deur die polisie hierdie week,
het ‘n woordvoerder gesê.

Die ledemate ter waarde van R500 000 is opgespoor tydens ‘n operasie
wat spesifiek gefokus het op tradisionele geneeshere, het snr. supt.
Noxolo Kweza gesê.

Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD), Interpol, verskeie
natuurbewaringsorganisasies en ander instansies het aan die operasie
deelgeneem.

Luiperd-, renoster-, leeu-, krokodil-, olifant-, luislang- en
wildehondvelle is gevind. Verskeie luiperd- en krokodil-koppe is ook
opgespoor.

Die polisie het ook verskeie medikasie gevind wat nie deur die Suid-
Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) goedgekeur is nie en wat
vermoedelik onwettig in die land ingevoer is.

‘n Chinese vrou is in Cyrildene in hegtenis geneem omdat sy onwettige
aborsies by ‘n tradisionele kliniek uitgevoer het.

Twee verdagtes, van Suid-Afrika en Ghana onderskeidelik, het in
Pretoria boetes ontvang omdat hulle in besit was van verskeie diere se
ledemate.

– Sapa

( http://tinyurl.com/ycmgwaw )
Vorige onderwerp: Zuma mors miljoene met Zambië uitstappie
Volgende onderwerp: Swartes vermoor 68 Jarige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 04:41:34 MGT 2024