Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zuma mors miljoene met Zambië uitstappie
Zuma mors miljoene met Zambië uitstappie [boodskap #119367] Sa, 06 Maart 2010 09:34
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Zuma mors miljoene met Zambië uitstappie
2010-03-06 09:39

Liesl Peyper
Kaapstad - Altesaam 76 staatsamptenare het pres. Jacob Zuma en sy
tweede vrou, mev. Nompumelelo (MaNtuli) Zuma, verlede jaar op ’n
driedaagse besoek aan Zambië vergesel.

Dít blyk uit ’n antwoord op ’n parlementêre vraag van Kenneth Mubu, DA-
woordvoerder oor internasionale betrekkinge.

Ses ministers, twee adjunkministers en “amptenare van verskeie
staatsdepartemente” was deel van die afvaardiging wat Zambië van 7 tot
9 Desember besoek het.

Nie minder nie as 27 amptenare het uitsluitlik vir Zuma en sy vrou se
gerief saamgereis.

Dit sluit in vyf beamptes wat met protokol gemoeid was, vier mediese
personeellede, drie persoonlike sekretarisse en twee “persoonlike
helpers” vir die presidentspaar.

Die besoek – wat die belastingbetaler R1,6 miljoen uit die sak gejaag
het (vlugkoste uitgesluit omdat die syfers nog nie beskikbaar is nie)
– was daarop gemik om “politieke, ekonomiese en maatskaplike
samewerking” tussen Suid-Afrika en Zambië te bevorder.

Mubu het gister by navraag aan Die Burger gesê dit is ’n “absolute
verkwisting” van belastingbetalersgeld – veral as in ag geneem word
dat geen noemenswaardige ooreenkomste uit die besoek gespruit het nie.

Volgens die presidensie is twee samewerkingsooreenkomste en vier
memorandums van verstandhouding onderteken.

Mubu meen die voordele van die besoek is nie naastenby genoeg nie –
veral omdat memorandums nie bindend is nie.

“Alles aan die besoek was oordadig – die geld wat bestee is en die
klomp mense wat saamgereis het. Ek kry die indruk die president wou
maar net sy ou makkers in Zambië gaan besoek.”

– Die Burger

( http://tinyurl.com/yavmc7a )
Vorige onderwerp: Goduka Europe
Volgende onderwerp: Polisie slaan toe op tradisionele ‘dokters’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:31:41 MGT 2024