Plaasmoord is 'lae intensiteit oorlog' [boodskap #119347] |
Wed, 03 March 2010 10:44 |
Etienne Marais
Boodskappe: 370 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Alani Janeke
Kaapstad - Plaasmoorde neem nou epidemiese afmetings aan, met boere
wat hulleself in ‘n lae intensiteit oorlog bevind eerder as net in
enkele misdaadvoorvalle, sê die VF+.
Luidens ‘n verklaring sê adv. Anton Alberts, die party se ekonomiese
parlementêre woordvoerder, heers daar skok in die party se geledere
oor die twee plaasmoorde wat die afgelope naweek in Limpopo
plaasgevind het.
Alberts meen die kombinasie van die terreur van plaasmoorde en
verhoogde krag- en brandstofpryse is ‘n doodsteek vir die
boerderybedryf, asook voedselsekuriteit, in die land.
“Indien mens boonop die abortiewe grondeiseproses daarby voeg, is dit
duidelik dat boere in Suid-Afrika uiters dapper mense is deur steeds
te probeer voortboer.”
– Lees meer op landbou.com.
( http://tinyurl.com/ycc6bmt )
|
|
|