Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jan
Jan [boodskap #119189] So, 19 Julie 2009 21:24
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Jan

Ek het ook 'n deel van die drama opgetel hier.
My server 'motzarella' vertoon nie nuwe pos nie,
met die gevolg dat ek jou skrywe op Google se nuusgroepe
moes lees. Maar om jou daar te antwoord, moet ek 'sign in' en ek
is nie lus om in te skryf daar nie.

Motzarella pos wat ek skryf maar vertoon nie dit wat ek pos nie.
Die gevolg is dat ek dit nou op die nuusleser pos, en dit dan net
op Google te siene kry. En nie op Google kan pos nie, want ek het nie
'n username ens nie.

Ek het dit nie geweet toe ek die vorige pos gepos het nie, en toe dit
ure later steeds nie verskyn nie (nee, die volgende dag) het ek op
Google gaan kyk en dit daar gesien.

Dit is ook waarom ek nou onder 'n nuwe thread skryf, want ek gebruik
Motzarella en kan nie op my nuusleser die ander thread kry nie (slegs
op Google).

Ek pos vir jou 'n aanhangsel wat baie eenvoudig is. Dubbel kliek net
op die 'reg file' en jou Windows sal reg en splinternuut wees.
Vorige onderwerp: Stil Staan - Langenhoefen
Volgende onderwerp: Pap en vleis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:21:32 MGT 2024