Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » hallo..
hallo.. [boodskap #119141] Sa, 09 Mei 2009 17:47
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
...sommer vir in geval enig iemand nog hier lees.

'n Insident wat herhalend is en 'n halfuur gelede weer gebeur het
het my sommer lus laat kry om my stem hier te laat hoor en julle 'n
ware verhaal te vertel. En die argiewe sal my stelling oor die
waarheid hiervan bevestig!

Een tyd lank lank gelede was hier 'n antie met die naam van *Anna
Susanna Katriena Gloudina Bouwer. En sy was getroud met 'n oom met die
naam van *Gert Sybrandt Johannes Bouwer. (Kan nie sy nooiensvan onthou
maar ek het buitendien die name aangepas soos die boeke gewoonlik doen
om die skrywer en slagoffers te beskerm. So, *skuilname!

Ennieway, sowat 'n halfuur, nee 'n uur gelede toe ek in die kantoor
instap om die sekuriteitswag in te laat, staan daar iemand buite die
glasdeur. Scanner om oop te maak en ek het oopgemaak om te hoor
wie hy is en wat hy wil hê.

Hy is gestuur om by my werk te soek. As sekuriteitswag of what ever.

Ondervraging het aangedui hy is vanaf Zimbabwe en hy het 4 dae laas
geëet. Waar is sy vrou? In Messina. Het hy kinders? Ja, een. Het hulle
kos? Nee! Waarom soek hy kos vir homself en hy los sy vrou en kind in
Messina? Want hy kan nie bekostig om hulle saam te bring nie.

Ek het hom jammer gekry want hy kon nie my vrae beantwoord nie,
maar ek weet hy kon hulle waarskynlik weens omstandighede nie
saambring nie. En my vrae was op die man af maar het meer
gedetailleerde antwoorde verdien.

Ek het vir hom kos gekoop. Maar ek kon nie werk verskaf nie. Want, die
sekuriteitswag wat saam met my was, het ek twee maande gelede
aangestel, en hy is vanaf Zimbabwe. Waarheen hy geld terugstuur vir sy
gesin. En hy is baie meer getrou, lojaal en hardwerkend as die ander
'lokale' sekuriteitswag wat ook vir my werk.

Terug na die mense vir wie ek skuilname geskep het om hulle te
beskerm: Hulle is die oorsaak van hierdie gemors wat die armsalige
drommels in is. Hulle, (*oom Gert Sybrandt Johannes Bouwer het selfs
die lieflike taal, Afrikaans, verraai om sy verraad teen die land te
bewys) is die mense wat geveg het om ons lieflike land swart te kry.
Hulle, en hul meelopers natuurlik, is die mense wat veroorsaak het dat
die mense van Afrika se kosmandjie, nou werk by my soek. Hulle, is die
mense wat op hierdie aand vir daardie swart man moes kos koop, en oor
sy familie moes warrie, terwyl ek wonder waar hulle is en hoop dat
hulle ook sorg het.

Bestudeer die argiewe en julle sal bevestiging kry waarvan ek vertel.

Hierdie is 'n te lang skrywe om weer te lees en my bier se skuim sak.
Maaar... ek kan hierdie bier met 'n lekker hart drink. Want iemand wat
gesê het dat hy vier dae laas geëet het, het nou 'n vol maag. Al is sy
dilemma deur *tannie Anna en *oom Gert veroorsaak.

*name is verander.
Vorige onderwerp: Nelson Mandela, eersdaags Kanadese burger.
Volgende onderwerp: 'struggle' gewen - wat nou?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 08:17:53 MGT 2024