Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gaza
Gaza [boodskap #118545] Do, 15 Januarie 2009 19:05 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Waar lê julle sentimente wanneer na Gaza gekyk word.
Inderwaarheid is dit 'n mengelmoes van gedagtes met
die Ou Testamentiese geskiedenis wat die hoofopskrifte skryf
asook jammerte wanneer gesien word hoe Arabiese kinders
daaronder ly.

Daarmee saam gaan my totale afkeur in die Moslem geloof
en teenstrydige verhale van wie die skietstilstand verbreek het.
Elkeen wat 'n verhaal daaroor vertel, vertel dit asof hy of sy
presies weet wat die waarheid is. En steeds is ons almal besig om
dieselfde inligting te gebruik en tot verskillende gevolgtrekkings te
kom as gevolg van verskillende sentimente.

Net so verwarrend is die verskillende idees oor wie reg is en wie
verkeerd is in daardie geveg, en die verstomming dat die klein Gaza
strook so venynig kan veg met tuisgemaakte kunsmis projektiele.

Bo alles skaar ek my saam met die Israeliete om geloofsredes.
Re: Gaza [boodskap #118546 is 'n antwoord op boodskap #118545] Do, 15 Januarie 2009 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jan, 20:05, Dave wrote:
> Waar lê julle sentimente wanneer na Gaza gekyk word.
> Inderwaarheid is dit 'n mengelmoes van gedagtes met
> die Ou Testamentiese geskiedenis wat die hoofopskrifte skryf
> asook jammerte wanneer gesien word hoe Arabiese kinders
> daaronder ly.
>
> Daarmee saam gaan my totale afkeur in die Moslem geloof
> en teenstrydige verhale van wie die skietstilstand verbreek het.
> Elkeen wat 'n verhaal daaroor vertel, vertel dit asof hy of sy
> presies weet wat die waarheid is. En steeds is ons almal besig om
> dieselfde inligting te gebruik en tot verskillende gevolgtrekkings te
> kom as gevolg van verskillende sentimente.
>
> Net so verwarrend is die verskillende idees oor wie reg is en wie
> verkeerd is in daardie geveg, en die verstomming dat die klein Gaza
> strook so venynig kan veg met tuisgemaakte kunsmis projektiele.
>
> Bo alles skaar ek my saam met die Israeliete om geloofsredes.

Maak nie saak wie wat gedoen het nie, daar is geen verskoning om
onskuldige bystaanders met geweld te beveg nie. Dit is in kort my
sentiment wat die huidige situasie in Gaza betref en geloof speel vir
my absoluut geen rol daarin nie.
Ek dink natuurlik ook dit is pateties van die hele wêreld om so min te
sê en te doen oor die meer as 2000 mense wat die afgelope paar weke in
Zimbabwe as gevolg van cholera gesterf het.
Re: Gaza [boodskap #118547 is 'n antwoord op boodskap #118546] Vr, 16 Januarie 2009 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 15 Jan 2009 13:50:31 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 15 Jan, 20:05, Dave wrote:
>> Waar lê julle sentimente wanneer na Gaza gekyk word.
>> Inderwaarheid is dit 'n mengelmoes van gedagtes met
>> die Ou Testamentiese geskiedenis wat die hoofopskrifte skryf
>> asook jammerte wanneer gesien word hoe Arabiese kinders
>> daaronder ly.

>> Daarmee saam gaan my totale afkeur in die Moslem geloof
>> en teenstrydige verhale van wie die skietstilstand verbreek het.
>> Elkeen wat 'n verhaal daaroor vertel, vertel dit asof hy of sy
>> presies weet wat die waarheid is. En steeds is ons almal besig om
>> dieselfde inligting te gebruik en tot verskillende gevolgtrekkings te
>> kom as gevolg van verskillende sentimente.

>> Net so verwarrend is die verskillende idees oor wie reg is en wie
>> verkeerd is in daardie geveg, en die verstomming dat die klein Gaza
>> strook so venynig kan veg met tuisgemaakte kunsmis projektiele.

>> Bo alles skaar ek my saam met die Israeliete om geloofsredes.
>
> Maak nie saak wie wat gedoen het nie, daar is geen verskoning om
> onskuldige bystaanders met geweld te beveg nie. Dit is in kort my
> sentiment wat die huidige situasie in Gaza betref en geloof speel vir
> my absoluut geen rol daarin nie.

Kompleet in teenstelling met jou liefde vir die ANC en PAC wat selfs
mense in kerke vermoor het. Bomme in Pick & Pays geplant het en onder
Wimpy restuarante se tafels geplak het. Ek het jou nooit jouself hoor
uitspreek daaroor nie. *Toegegee, ek het jou nooit jou siening daaroor
gevra nie en hier het jy gereageer op versoek.

Dat geloof vir jou geen rol speel daarin nie ontlok natuurlik die
vraag oor hoe en wat jy glo.

> Ek dink natuurlik ook dit is pateties van die hele wêreld om so min te
> sê en te doen oor die meer as 2000 mense wat die afgelope paar weke in
> Zimbabwe as gevolg van cholera gesterf het.

Jy is 'n ANC aanhanger (of ten minste simpatiseerder). Waarom het jy
jouself nooit uitgespreek oor Mbeki se swak vertoning met sy powere
pogings tot onderhandelings met mugabe nie?

Betreffende cholera - jy besef waarskynlik nie in watter swak toestand
Suid Afrika se water (deur onbevoegdheid en don't care) is nie.
Cholera het reeds oorgespoel van Zim na SA se besmette water.
Re: Gaza [boodskap #118548 is 'n antwoord op boodskap #118547] Vr, 16 Januarie 2009 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Kompleet in teenstelling met jou liefde vir die ANC en PAC wat selfs
> mense in kerke vermoor het. Bomme in Pick & Pays geplant het en onder
> Wimpy restuarante se tafels geplak het. Ek het jou nooit jouself hoor
> uitspreek daaroor nie. *Toegegee, ek het jou nooit jou siening daaroor
> gevra nie en hier het jy gereageer op versoek.

Siende dat jy ook nog nie jou mening daaroor uitgespreek het nie neem
ek aan jy is 'n dieremishandelaar en 'n vroueslaner...
Indien jy belangstel, ek is en was nog nooit 'n ANC aanhanger nie en
het noog nooit iets soortgelyks hier kwytgeraak nie.

> Dat geloof vir jou geen rol speel daarin nie ontlok natuurlik die
> vraag oor hoe en wat jy glo.

Ek glo nie in kersvader, die tandefeetjie of enige ander soortgelyke
verhaaltjies, wat oor die eeue al oorvertel is nie.

> Jy is 'n ANC aanhanger (of ten minste simpatiseerder). Waarom het jy
> jouself nooit uitgespreek oor Mbeki se swak vertoning met sy powere
> pogings tot onderhandelings met mugabe nie?

Blatante valse beskuldiging! Weet nie waar jy daaraan kom nie.
Maar ek het my wel so pas daaroor uitgespreek en ek verkwalik die hele
wêreld (met klem op die VN), nie net een persoon nie. Dit is baie
maklik om een persoon uit te sonder (Mugabe, Mbeki, take your pick),
'n vinger in sy rigting te wys, maak asof ons ernstig is en dan om te
draai en daarvan te vergeet soos blyk die huidige geval te wees.

> Betreffende cholera - jy besef waarskynlik nie in watter swak toestand
> Suid Afrika se water (deur onbevoegdheid en don't care) is nie.
> Cholera het reeds oorgespoel van Zim na SA se besmette water.

En dit moet inderdaad voor die deur van die huidige regering gelê
word. Dit is sy plig om landburgers te beskerm.
Re: Gaza [boodskap #118549 is 'n antwoord op boodskap #118545] Vr, 16 Januarie 2009 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jan, 20:05, Dave wrote:
> Bo alles skaar ek my saam met die Israeliete om geloofsredes.

Net so terloops, presies watter groep se geloof ondersteun jy nou
eintlik?

Israel: Jewish 76.4%, Muslim 16%, Arab Christians 1.7%, other
Christian 0.4%, Druze 1.6%, unspecified 3.9% (2004)
West Bank: Muslim 75% (predominantly Sunni), Jewish 17%, Christian and
other 8%
Gaza Strip: Muslim (predominantly Sunni) 99.3%, Christian 0.7%
https://www.cia.gov/library/publications/the-world-factbook/ index.html
Re: Gaza [boodskap #118550 is 'n antwoord op boodskap #118548] Vr, 16 Januarie 2009 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 2009 00:58:26 -0800 (PST), Jottie
wrote:

>> Kompleet in teenstelling met jou liefde vir die ANC en PAC wat selfs
>> mense in kerke vermoor het. Bomme in Pick & Pays geplant het en onder
>> Wimpy restuarante se tafels geplak het. Ek het jou nooit jouself hoor
>> uitspreek daaroor nie. *Toegegee, ek het jou nooit jou siening daaroor
>> gevra nie en hier het jy gereageer op versoek.
>
> Siende dat jy ook nog nie jou mening daaroor uitgespreek het nie neem
> ek aan jy is 'n dieremishandelaar en 'n vroueslaner...
> Indien jy belangstel, ek is en was nog nooit 'n ANC aanhanger nie en
> het noog nooit iets soortgelyks hier kwytgeraak nie.
>

Jy het jou sonder uitsondering ten gunste van hulle uitgespreek
of hulle verdedig.

>> Dat geloof vir jou geen rol speel daarin nie ontlok natuurlik die
>> vraag oor hoe en wat jy glo.
>
> Ek glo nie in kersvader, die tandefeetjie of enige ander soortgelyke
> verhaaltjies, wat oor die eeue al oorvertel is nie.
>
Jy sal oplet dat my vraag nie was oor wat jy nie glo nie
maar wel oor wat jy glo.

>> Jy is 'n ANC aanhanger (of ten minste simpatiseerder). Waarom het jy
>> jouself nooit uitgespreek oor Mbeki se swak vertoning met sy powere
>> pogings tot onderhandelings met mugabe nie?
>
> Blatante valse beskuldiging!
Ek sal aanvaar dat dit 'n valse beskuldiging is slegs *as jy kan
verwys na pos van jou waar jy wel kritiek gelewer het.

> Weet nie waar jy daaraan kom nie.
> Maar ek het my wel so pas daaroor uitgespreek en ek verkwalik die hele
> wêreld (met klem op die VN), nie net een persoon nie. Dit is baie
> maklik om een persoon uit te sonder (Mugabe, Mbeki, take your pick),
> 'n vinger in sy rigting te wys, maak asof ons ernstig is en dan om te
> draai en daarvan te vergeet soos blyk die huidige geval te wees.
>
>> Betreffende cholera - jy besef waarskynlik nie in watter swak toestand
>> Suid Afrika se water (deur onbevoegdheid en don't care) is nie.
>> Cholera het reeds oorgespoel van Zim na SA se besmette water.
>
> En dit moet inderdaad voor die deur van die huidige regering gelê
> word. Dit is sy plig om landburgers te beskerm.
Re: Gaza [boodskap #118551 is 'n antwoord op boodskap #118549] Vr, 16 Januarie 2009 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 2009 01:06:38 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 15 Jan, 20:05, Dave wrote:
>> Bo alles skaar ek my saam met die Israeliete om geloofsredes.
>
> Net so terloops, presies watter groep se geloof ondersteun jy nou
> eintlik?
>
> Israel: Jewish 76.4%, Muslim 16%, Arab Christians 1.7%, other
> Christian 0.4%, Druze 1.6%, unspecified 3.9% (2004)
> West Bank: Muslim 75% (predominantly Sunni), Jewish 17%, Christian and
> other 8%
> Gaza Strip: Muslim (predominantly Sunni) 99.3%, Christian 0.7%
> https://www.cia.gov/library/publications/the-world-factbook/ index.html

Jy behoort intelligent genoeg te wees om te weet
dat ek verwys het na ou Testamentiese geskiedenis
en profetiese voorspellings.
Ek gaan dit in elk geval nie verduidelik nie omdat jy
reeds jouself uitgespreek het oor wat jy nié glo nié.
Dit blok alle sin vir redenasie. Punt.
Re: Gaza [boodskap #118552 is 'n antwoord op boodskap #118550] Vr, 16 Januarie 2009 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jan, 10:38, Dave wrote:
>> Ek glo nie in kersvader, die tandefeetjie of enige ander soortgelyke
>> verhaaltjies, wat oor die eeue al oorvertel is nie.
>
> Jy sal oplet dat my vraag nie was oor wat jy nie glo nie
> maar wel oor wat jy glo.

Ek glo kersvader, die tandefeetjie of enige ander soortgelyke
verhaaltjies, wat oor die eeue al oorvertel is, is alles 'n pot
stront! Wil jy hê ek moet 'n spesifieke geloof daarby insluit? Ek
sluit ALLE vorms van godsdiens daarby in.

>> Blatante valse beskuldiging!
>
> Ek sal aanvaar dat dit 'n valse beskuldiging is slegs *as jy kan
> verwys na pos van jou waar jy wel kritiek gelewer het.

Daar bevestig jy so pas my vermoede dat jy 'n vroueslaner en
dieremishandelaar is. Dalk nog 'n pedofiel ook... tensy jy natuurlik
kan verwys na 'n pos waarin jy kritiek gelewer het... ;-)
Kom ek maak dit maklik: Ja ek dink Mbeki se deelname aan die proses in
Zimbabwe was 'n absolute vermorsing van tyd en geld wat bitter min tot
geen verbetering vir die mense in Zimbabwe voortgebring het nie. Hy
was definitief nie die regte persoon gewees om sulke onderhandelinge
aan te pak nie. Aan die ander kant weet ek ook nie wie die regte
persoon sou kon wees nie. Daarom staan ek daarby dat dit nie op een ou
se skouers alleen kan rus nie.
Ons is nou heeltemaal van die oorspronklike onderwerp af maar ek hoop
die bostaande oortuig jou van my kritiek. Indien nie, dan is dit ook
oraait!
Re: Gaza [boodskap #118553 is 'n antwoord op boodskap #118551] Vr, 16 Januarie 2009 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jan, 10:43, Dave wrote:
> Jy behoort intelligent genoeg te wees om te weet
> dat ek verwys het na ou Testamentiese geskiedenis
> en profetiese voorspellings.
> Ek gaan dit in elk geval nie verduidelik nie omdat jy
> reeds jouself uitgespreek het oor wat jy nié glo nié.
> Dit blok alle sin vir redenasie. Punt.

OK ek kan daarmee saamleef!
Kan ek aanneem jy keur die moord op onskuldige mans, vrouens en
kinders goed want ek sien nêrens dat jy dit kritiseer nie. En hiermee
verwys ek na onskuldige mense in Israel wat deur Hamas missiele getref
word asook die onskuldige mense in Gaza wat deur Israeli geweld gedood
word.
Re: Gaza [boodskap #118554 is 'n antwoord op boodskap #118552] Vr, 16 Januarie 2009 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 2009 02:02:05 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 16 Jan, 10:38, Dave wrote:
>>> Ek glo nie in kersvader, die tandefeetjie of enige ander soortgelyke
>>> verhaaltjies, wat oor die eeue al oorvertel is nie.

>> Jy sal oplet dat my vraag nie was oor wat jy nie glo nie
>> maar wel oor wat jy glo.
>
> Ek glo kersvader, die tandefeetjie of enige ander soortgelyke
> verhaaltjies, wat oor die eeue al oorvertel is, is alles 'n pot
> stront! Wil jy hê ek moet 'n spesifieke geloof daarby insluit? Ek
> sluit ALLE vorms van godsdiens daarby in.
>
>>> Blatante valse beskuldiging!

>> Ek sal aanvaar dat dit 'n valse beskuldiging is slegs *as jy kan
>> verwys na pos van jou waar jy wel kritiek gelewer het.
>
> Daar bevestig jy so pas my vermoede dat jy 'n vroueslaner en
> dieremishandelaar is. Dalk nog 'n pedofiel ook... tensy jy natuurlik
> kan verwys na 'n pos waarin jy kritiek gelewer het... ;-)
> Kom ek maak dit maklik: Ja ek dink Mbeki se deelname aan die proses in
> Zimbabwe was 'n absolute vermorsing van tyd en geld wat bitter min tot
> geen verbetering vir die mense in Zimbabwe voortgebring het nie. Hy
> was definitief nie die regte persoon gewees om sulke onderhandelinge
> aan te pak nie. Aan die ander kant weet ek ook nie wie die regte
> persoon sou kon wees nie. Daarom staan ek daarby dat dit nie op een ou
> se skouers alleen kan rus nie.
> Ons is nou heeltemaal van die oorspronklike onderwerp af maar ek hoop
> die bostaande oortuig jou van my kritiek. Indien nie, dan is dit ook
> oraait!

ò okay, jy het jouself nou uitgespreek en so het ek.
Dit het kompleet van my oorspronklike tema afgedwaal
maar dit het ook die opening geskep om meer van jou oortuigings te
hoor. As niemand anders hierop reageer nie, op my oorspronklike skrywe
bedoel ek, was dit futiel, want hierdie gesprek het niks opgelewer wat
aanklank vind by my vraag nie.
Re: Gaza [boodskap #118555 is 'n antwoord op boodskap #118553] Vr, 16 Januarie 2009 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 2009 02:09:53 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 16 Jan, 10:43, Dave wrote:
>> Jy behoort intelligent genoeg te wees om te weet
>> dat ek verwys het na ou Testamentiese geskiedenis
>> en profetiese voorspellings.
>> Ek gaan dit in elk geval nie verduidelik nie omdat jy
>> reeds jouself uitgespreek het oor wat jy nié glo nié.
>> Dit blok alle sin vir redenasie. Punt.
>
> OK ek kan daarmee saamleef!
> Kan ek aanneem jy keur die moord op onskuldige mans, vrouens en
> kinders goed want ek sien nêrens dat jy dit kritiseer nie. En hiermee
> verwys ek na onskuldige mense in Israel wat deur Hamas missiele getref
> word asook die onskuldige mense in Gaza wat deur Israeli geweld gedood
> word.

http://www.xtrasptyltd.com/membac.html
In minute het jy my heel eerste paragraaf vergeet
Re: Gaza [boodskap #118556 is 'n antwoord op boodskap #118555] Vr, 16 Januarie 2009 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jan, 11:22, Dave wrote:
> On Fri, 16 Jan 2009 02:09:53 -0800 (PST), Jottie
>> Kan ek aanneem jy keur die moord op onskuldige mans, vrouens en
>> kinders goed want ek sien nêrens dat jy dit kritiseer nie. En hiermee
>> verwys ek na onskuldige mense in Israel wat deur Hamas missiele getref
>> word asook die onskuldige mense in Gaza wat deur Israeli geweld gedood
>> word.
>
> In minute het jy my heel eerste paragraaf vergeet

On 15 Jan, 20:05, Dave wrote:
> Inderwaarheid is dit 'n mengelmoes van gedagtes met
> die Ou Testamentiese geskiedenis wat die hoofopskrifte skryf
> asook jammerte wanneer gesien word hoe Arabiese kinders
> daaronder ly.

Jammerte... Ja wel dit kan seker ook as 'n vorm van kritiek aanvaar
word alhoewel daar geen aanduiding is wie gekritiseer word nie.
Re: Gaza [boodskap #118557 is 'n antwoord op boodskap #118556] Vr, 16 Januarie 2009 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Jan 2009 02:55:03 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 16 Jan, 11:22, Dave wrote:
>> On Fri, 16 Jan 2009 02:09:53 -0800 (PST), Jottie
>>> Kan ek aanneem jy keur die moord op onskuldige mans, vrouens en
>>> kinders goed want ek sien nêrens dat jy dit kritiseer nie. En hiermee
>>> verwys ek na onskuldige mense in Israel wat deur Hamas missiele getref
>>> word asook die onskuldige mense in Gaza wat deur Israeli geweld gedood
>>> word.

>> In minute het jy my heel eerste paragraaf vergeet
>
> On 15 Jan, 20:05, Dave wrote:
>> Inderwaarheid is dit 'n mengelmoes van gedagtes met
>> die Ou Testamentiese geskiedenis wat die hoofopskrifte skryf
>> asook jammerte wanneer gesien word hoe Arabiese kinders
>> daaronder ly.
>
> Jammerte... Ja wel dit kan seker ook as 'n vorm van kritiek aanvaar
> word alhoewel daar geen aanduiding is wie gekritiseer word nie.

Dit is kritiek an fel afkeur wat uitgespreek word
op enige iemand wat onskuldige bystanders teikens maak.
Soos wat die swart terroriste in Suid Afrika gedoen het.

Maar waarom sal ek myself verduidelik as ek die een is
wat die tema geopper het.

Hierdie gesprek lei na nerens. Dit dien nie eens naastenby
die doel so laat dit daar. Daar is hoegenaamd geen moontlikheid
dat 'n atteïs en 'n gelowige dieselfde waardes en sentimente
kan aanhang nie. Ons is lede van verskillende groepe
en apartheid is steeds presies dit - apartheid.
Re: Gaza [boodskap #118558 is 'n antwoord op boodskap #118557] Vr, 16 Januarie 2009 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jan, 12:30, Dave wrote:
> Dit is kritiek an fel afkeur wat uitgespreek word
> op enige iemand wat  onskuldige bystanders teikens maak.
> Soos wat die swart terroriste in Suid Afrika gedoen het.

Ek is bly om te sien jou ondersteuning vir Israel maak jou nie blind
t.o.v. die dood van onskuldige bystanders in Gaza nie. Baie ander
Israel ondersteuners sou dit bloot as geregverdig sien. Ek stem ook
volkome saam dat dit verkeerd was van ANC terroriste om onskuldige
mense dood te maak alhoewel dit ook niks met hierdie onderwerp te doen
het nie.

> Maar waarom sal ek myself verduidelik as ek die een is
> wat die tema geopper het.

Want dit is hoe 'n gesprek of bespreking veronderstel is om te
verloop. As een deelnemer nie verstaan wat die ander bedoel nie dan
vra hy/sy vir 'n verklaring en maak nie sommer wilde annames nie. Jou
verduideliking word waardeer.

> Hierdie gesprek lei na nerens. Dit dien nie eens naastenby
> die doel so laat dit daar. Daar is hoegenaamd geen moontlikheid
> dat 'n atteïs en 'n gelowige dieselfde waardes en sentimente
> kan aanhang nie. Ons is lede van verskillende groepe
> en apartheid is steeds presies dit - apartheid.

Met ander woorde jy wil nie regtig hoor waar ander se sentimente lê
nie (in teenstelling met jou oorspronklike vraag) maar eerder wie met
jou spesifieke sentimente saamstem. (En dit blyk tog asof ons saamstem
oor die geweld teen onskuldige bystanders)
Sou dit help as ek aan Dionysus, Zeus of enige ander god glo? Pure
belangstelling...
Re: Gaza [boodskap #118559 is 'n antwoord op boodskap #118558] Vr, 16 Januarie 2009 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

> Ek is bly om te sien jou ondersteuning vir Israel maak jou nie blind
> t.o.v. die dood van onskuldige bystanders in Gaza nie. Baie ander
> Israel ondersteuners sou dit bloot as geregverdig sien.

Jottie, ek geniet jou beginselvaste stand teen
Dave se bevooroordeelde standpunte.
Wat die toestand in Gaza betref, moet mens
natuurlik in ag neem dat nog Hamas nog Israel
bereid is om militer op te gee. Hamas veg vir
groter strategiese doele, en dié strategiese
oorlog is Hamas volgens analiste besig om te wen.
Selfs al neem Israel die hele Gaza strip oor en
regeer dit soos dit vir vele jare gedoen het, dan
het Hamas nog die strategiese oorlog gewen
en Israel se morele hoogtegrond ondermyn.
Dus is daar Jode binne Israel wat teen die
aksies van Israel in Gaza protesteer.

Gloudina
Re: Gaza [boodskap #118560 is 'n antwoord op boodskap #118559] Vr, 16 Januarie 2009 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Jan, 13:35, Hessie wrote:
>  Jottie skryf
>
>> Ek is bly om te sien jou ondersteuning vir Israel maak jou nie blind
>> t.o.v. die dood van onskuldige bystanders in Gaza nie. Baie ander
>> Israel ondersteuners sou dit bloot as geregverdig sien.
>
>          Jottie, ek geniet jou beginselvaste stand teen
>          Dave se bevooroordeelde standpunte.
>              Wat die toestand in Gaza betref, moet mens
>           natuurlik in ag neem dat nog Hamas nog Israel
>           bereid is om militer op te gee.

Dit is presies hoekom ek geen kant kies nie. Daar is eenvoudig geen
militere oplossing vir die geskille en strategiese doel vir enige van
die partye nie.

>           Dus is daar Jode binne Israel wat teen die
>           aksies van Israel in Gaza protesteer.

Net soos wat daar meer as 2 miljoen Israeli Muslims is wat daarteen
gekant is.
Re: Gaza [boodskap #118578 is 'n antwoord op boodskap #118558] Di, 20 Januarie 2009 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
On Jan 16, 2:13 pm, Jottie wrote:
> On 16 Jan, 12:30, Dave wrote:
>
>> Dit is kritiek an fel afkeur wat uitgespreek word
>> op enige iemand wat  onskuldige bystanders teikens maak.
>> Soos wat die swart terroriste in Suid Afrika gedoen het.
>
> Ek is bly om te sien jou ondersteuning vir Israel maak jou nie blind
> t.o.v. die dood van onskuldige bystanders in Gaza nie. Baie ander
> Israel ondersteuners sou dit bloot as geregverdig sien. Ek stem ook
> volkome saam dat dit verkeerd was van ANC terroriste om onskuldige
> mense dood te maak alhoewel dit ook niks met hierdie onderwerp te doen
> het nie.
>
>> Maar waarom sal ek myself verduidelik as ek die een is
>> wat die tema geopper het.
>
> Want dit is hoe 'n gesprek of bespreking veronderstel is om te
> verloop. As een deelnemer nie verstaan wat die ander bedoel nie dan
> vra hy/sy vir 'n verklaring en maak nie sommer wilde annames nie. Jou
> verduideliking word waardeer.
>
>> Hierdie gesprek lei na nerens. Dit dien nie eens naastenby
>> die doel so laat dit daar. Daar is hoegenaamd geen moontlikheid
>> dat 'n atteïs en 'n gelowige dieselfde waardes en sentimente
>> kan aanhang nie. Ons is lede van verskillende groepe
>> en apartheid is steeds presies dit - apartheid.
>
> Met ander woorde jy wil nie regtig hoor waar ander se sentimente lê
> nie (in teenstelling met jou oorspronklike vraag) maar eerder wie met
> jou spesifieke sentimente saamstem. (En dit blyk tog asof ons saamstem
> oor die geweld teen onskuldige bystanders)
> Sou dit help as ek aan Dionysus, Zeus of enige ander god glo? Pure
> belangstelling...

1) In die stryd tussen Hamas en Israel kan die pot kwalik die ketel
verwyt dat hy swart is; albei kante lyk vir my ewe skuldig.
2) Hamas het hom te doel gestel om Israel te vernietig. Die Palestyne
het duidelik die Jode se geskiedenis vergeet. Van dat die Farao sowat
3000 jaar gelede die 1e aanslag op hulle geloods het - slawerny en
baba-seuntjies doodmaak! - het baie ander probeer, die Siriers,
Babiloniers, Meders en Perse, Grieke, Romeine, Duitsers onder Hitler,
Russe onder Stalin, ens. Nie een het geslaag nie! Die Jode het net
elke keer sterker en meer clever ander kant uitgekom. G'n wonder dat
hulle wereldwyd prestasies lewer ver uit verhouding met hulle getalle
en o.a. Einstein opgelewer het nie.
3) Ek wil nie met jou in 'n gesprek oor godsdiens betrokke raak nie,
Jottie, bloot vir jou se: "Die dwaas se in sy hart dat daar geen God
is nie". Alles wat jou oe sien, jou ore hoor en jou hande tas getuig
dat God is. Die slimste man wat tans leef, Steve Hawking, het onlangs
op besoek in SA oor TV gese hy "glo" ALLES het spontaan uit niks deur
die "big-bang" ontstaan. Dat so 'n intelligente man so 'n "pot
stront" (jou woorde) kan kwytraak, gaan my verstand te bowe. Om te
glo dat 'n ewige, almagtige Wese wat ons "God" noem dit uit niks
d.m.v. die "big bang" geskep het, lyk vir my baie meer logies en
waarskynlik as dat dit "spontaan" "uit niks" gebeur het.
4) Daar word hoog opgegee oor die "onskuldige" slagoffers indie
stryd. Daar bestaan nie iemand wat "onskuldig" is nie; nog die
Israeliese bevolking, nog die Palestynse bevolking is onskuldig!
Re: Gaza [boodskap #118581 is 'n antwoord op boodskap #118578] Di, 20 Januarie 2009 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan, 11:34, Torreke wrote:
> 3) Ek wil nie met jou in 'n gesprek oor godsdiens betrokke raak nie,
> Jottie, bloot vir jou se: "Die dwaas se in sy hart dat daar geen God
> is nie". Alles wat jou oe sien, jou ore hoor en jou hande tas getuig
> dat God is.

Was dit bedoel as 'n belediging om my "dwaas" te noem? Ek kon 'n hele
paar kwotasies hier plaas wat baie beskrywend sou wees vir iemand wat
aan sprokiesverhale glo maar ek sal dit maar ignoreer. Ek dink darem
nie jy het regtig probeer om my te beledig nie ;-)

> Die slimste man wat tans leef, Steve Hawking, het onlangs
> op besoek in SA oor TV gese hy "glo" ALLES het spontaan uit niks deur
> die "big-bang" ontstaan. Dat so 'n intelligente man so 'n "pot
> stront" (jou woorde) kan kwytraak, gaan my verstand te bowe. Om te
> glo dat 'n ewige, almagtige Wese wat ons "God" noem dit uit niks
> d.m.v. die "big bang" geskep het, lyk vir my baie meer logies en
> waarskynlik as dat dit "spontaan" "uit niks" gebeur het.

Op grond waarvan in Hawking die slimste man wat tans leef? Ek dink
self hy is buitengewoon slim maar in 'n veld waarin bitter min ander
mense spesialiseer.
T.o.v. die Big Bang, ek kan jou verseker dat Hawking, as 'n toegewyde
wetenskaplike, onmiddellik die bestaan van 'n bomenslike wese sal
aanvaar die oomblik as onteenseglike bewyse voorgelê kan word.

> 4) Daar word hoog opgegee oor die "onskuldige" slagoffers indie
> stryd. Daar bestaan nie iemand wat "onskuldig" is nie; nog die
> Israeliese bevolking, nog die Palestynse bevolking is onskuldig!

Wil jy regtig sê 'n klein kindjie, enige kant van die grens, verdien
dit wat gebeur het? Sê jy so op grond van jou geloofsoortuiginge?
Indien wel, dan aanvaar ek jou punt dat ons nie verder oor godsdiens
hoef te redeneer nie.
Re: Gaza [boodskap #118583 is 'n antwoord op boodskap #118581] Di, 20 Januarie 2009 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
On Jan 20, 5:03 pm, Jottie wrote:
> On 20 Jan, 11:34, Torreke wrote:
>
>> 3) Ek wil nie met jou in 'n gesprek oor godsdiens betrokke raak nie,
>> Jottie, bloot vir jou se: "Die dwaas se in sy hart dat daar geen God
>> is nie".  Alles wat jou oe sien, jou ore hoor en jou hande tas getuig
>> dat God is.
>
> Was dit bedoel as 'n belediging om my "dwaas" te noem? Ek kon 'n hele
> paar kwotasies hier plaas wat baie beskrywend sou wees vir iemand wat
> aan sprokiesverhale glo maar ek sal dit maar ignoreer. Ek dink darem
> nie jy het regtig probeer om my te beledig nie  ;-)

Beslis nie bedoel om jou te beledig nie. :) Bloot die Bybel
gekwoteer.
>
>> Die slimste man wat tans leef, Steve Hawking, het onlangs
>> op besoek in SA oor TV gese hy "glo" ALLES het spontaan uit niks deur
>> die "big-bang" ontstaan.  Dat so 'n intelligente man so 'n "pot
>> stront" (jou woorde) kan kwytraak, gaan my verstand te bowe.  Om te
>> glo dat 'n ewige, almagtige Wese wat ons "God" noem dit uit niks
>> d.m.v. die "big bang" geskep het, lyk vir my baie meer logies en
>> waarskynlik as dat dit "spontaan" "uit niks" gebeur het.
>
> Op grond waarvan in Hawking die slimste man wat tans leef?

Moes eerder gese het hy word so genoem.

Ek dink
> self hy is buitengewoon slim maar in 'n veld waarin bitter min ander
> mense spesialiseer.
> T.o.v. die Big Bang, ek kan jou verseker dat Hawking, as 'n toegewyde
> wetenskaplike, onmiddellik die bestaan van 'n bomenslike wese sal
> aanvaar die oomblik as onteenseglike bewyse voorgelê kan word.
>

Let wel ek het die woord "glo" in aanhalings gesit - "I believe" was
Hawking se presies woorde - nie "bewys" nie, maar geloof!!!!! Want hy
kan netso min bewys dat alles spontaan deur die "big-bang" ontstaan
het as wat ek kan bewys dat God deur middel van die "big-bang" alles
uit niks geskape het.

Die storie oor "bewys" is ook 'n "stront storie". NIKS kan
"onteenseglik bewys" word nie. Jy kan nie eens "onteenseglik bewys"
dat jy self bestaan nie.

Om sg. iets "onteenseglik" te "bewys" verlaat jy jou op jou sintuie.
Maar veronderstel iemand het geen sintuig wat funksioneer nie...; dan
sou dit ONMOONTLIK wees om enige sg "bewys" aan hom/haar te verskaf.
NIKS sou vir hom bestaan nie.

Jy kan magnetisme ook nie sintuiglik waarneem nie - jy kan bloot die
uitwerking daarvan sintuiglik waarneem.

Jy kan God nie sintuiglik waarneem nie - sy werke (skepping,
onderhouding en regering van alle dinge) wel!

In 'n kriminele hof word verwag dat iemand se skuld "bo REDELIKE
twyfel" bewys moet word - om dit "bo ALLE twyfel" te bewys, sou in
baie gevalle onmoontlik wees - sou dit onmoontlik maak om iemand slegs
op grond van omstandigheidsgetuienis skuldig te bevind.

Net in die kriminele reg geld "bo redelike twyfel" - in alle ander
sake geld oorwig van waarskynlikheid. Ook in vakdissiplines soos
sielkunde geld oorwig van waarskynlikheid. Ons sou nie medisyne kon
toets en goedkeur as ons nie op oorwig van waarskynlikheid kon bewys
nie. 1000 teen 1 word as beduidend - bewese! - beskou.

Die waarskynlikheid dat God is, is ontelbaar teen geen.

Die feit dat mens ten opsigte van menslike gedrag jou op oorwig van
waarskynlikheid moet verlaat, is op sigself 'n "bewys" dat God bestaan
en dat lewe nie spontaan uit materie ontstaan het nie.


>> 4) Daar word hoog opgegee oor die "onskuldige" slagoffers indie
>> stryd.  Daar bestaan nie iemand wat "onskuldig" is nie; nog die
>> Israeliese bevolking, nog die Palestynse bevolking is onskuldig!
>
> Wil jy regtig sê 'n klein kindjie, enige kant van die grens, verdien
> dit wat gebeur het? Sê jy so op grond van jou geloofsoortuiginge?
> Indien wel, dan aanvaar ek jou punt dat ons nie verder oor godsdiens
> hoef te redeneer nie.

My godsdienstige oortuiging dat elke mens in sonde ontvang en gebore
en daarom die dood skuldig is, word bevestig deur wat ek daagliks
rondom my waarneem. As dit nie so was nie, sou ons lankal die stryd
teen misdaad gewen het. Die mensdom weet wat reg en wat verkeerd is -
tog word die mensdom nie beter nie, net altyd slegter.
Re: Gaza [boodskap #118586 is 'n antwoord op boodskap #118583] Di, 20 Januarie 2009 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
verti...  is tans af-lyn  verti...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Junior Lid
Rakende die oorspronklike vraag wat in hierdie thread gevra is, moet
ek erken ek trek ook na die kant van Israel toe in die Gaza konflik.

Dit is inderdaad baie hartseer dat soveel kinders en onskuldiges in
Gaza moes sterf, maar dit was die keuse wat deur Hamas gemaak is -
Gaza se wettige regering nogals! - om hulself te versteek tussen hul
eie vroue en kinders. Pleks het hulle uitgekom en soos ware soldate
geveg; nou het hulle Israel se vuur na hul onskuldige families toe
aangetrek. Boonop moet ek ook byvoeg dat die heel eerste onskuldiges
wat gesterf het was die handjievol Israeli burgerlikes wat gesterf het
deur Hamas rockets laasjaar, wat hierdie hele konflik begin het.
Menslike verstand wil dalk beswaar maak teen die getalle (3 of 4
Israeli burgerlikes dood teenoor 600+ Palestynse burgerlikes dood in
Gaza), maar __die feit is dat die getalle nie saakmaak nie.__ Wat
belangrik is is dat Israel eerste aangeval is deur Hamas, en slegs
hulself beskerm het, iets wat hul sowaar op geregtig was. (Besef julle
dat Israel selfs pamflette uitgee in areas waar hulle van plan is om
aan te val, sodat burgerlikes kan wegkom betyds? Hulle het ook groot
getalle burgerlikes met paspoorte laat ontsnap voor die aanval.
Duidelik het Israel nie moedswillig die burgerlikes aangeval nie.)

Ek glo ek sou dieselfde gedoen het as Israel (en binnekort sal die
Afrikanervolk dalk wel sy beskerming in eie hand moet neem).
Re: Gaza [boodskap #118587 is 'n antwoord op boodskap #118545] Di, 20 Januarie 2009 23:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan, 19:16, Torreke wrote:
Torreke, ek gee toe die woord "onteenseglike" was hopeloos die
verkeerde woord om te gebruik. En ek stem saam dat daar bitter min
dinge is wat ooit onteenseglik bewys kan word.
Wat ek wel probeer sê het, en wat ook my eie siening weerspieel, is
dat gegewe die beskikbare bewyse, is die teorie van die spontane
onstaan van alles uit niks uit vir my die mees aanvaarbare teorie.
"Glo" is vir my 'n te sagte woord daarvoor. "Oortuig" is miskien meer
van pas. Indien daar wel meer bewyse vorendag kom vir 'n ander
oorsprong vir die heelal of selfs bewyse vir 'n wese wat
verantwoordelik was daarvoor, dan staan ek en vele ander (soos
Hawking) voor in die koor om daardie nuwe bewyse te ondersoek en 'n
nuwe teorie te vorm.
Maar dit is te maklik om 'n "god" in daardie teorie in te bou. Noem
dit energie, noem dit wat jy wil. Die feit bly staan dat ons geen
bewyse daarvoor het nie en dit ly bloot tot die volgende vraag "waar
kom daai god/energie vandaan?". Ook uit niks uit?. Maar die gebrek aan
bewyse stop god-gelowiges nie net om daardie energie te verpersoonlik
deur dit 'n naam te gee nie maar selfs ander eienskappe (alwetend,
almagtig, liefdevol, jaloers, etc) wat hul geloofsoortuiginge pas. Met
die naam kan ek nog saamleef maar geen van die addisionele eienskappe
nie. Op grond waarvan is dit meer waarskynlik? Wat is die toets
daarvoor om die waarkynlikheid te bepaal? Ontelbaar teen een? Ish....
Kyk, dit sal baie stupid van my wees om jou te probeer oortuig. As ek
dit nie mis het nie is jy 'n opgeleide predikant en dit is waarskynlik
jou forte om ouens soos ek vir brekvis te eet sou ek jou ooit uitdaag
tot 'n debat. Indien jy wel belangstel, voel vry om my te probeer
oortuig. Alhoewel ek van nature skepties is, luister ek graag. Voel
vry om 'n nuwe thread daarvoor te maak.
Re: Gaza [boodskap #118588 is 'n antwoord op boodskap #118586] Di, 20 Januarie 2009 23:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan, 22:09, verti...@gmail.com wrote:
> Ek glo ek sou dieselfde gedoen het as Israel (en binnekort sal die
> Afrikanervolk dalk wel sy beskerming in eie hand moet neem).

En hoe, as ek mag vra, beplan die handjievol Afrikaners wat "namens"
die res van die Afrikanervolk wil optree, om sy beskerming in eie hand
te neem? Gaan dit nie ook maar 'n geval wees van "Hamas" wat "namens"
sy volk teen ander onskuldige burgers optree en dan agter/tussen sy
eie onskuldige vrouens en kinders wegkruip as die teenstanders hulle
probeer uitrook nie. Maak nie saak of daardie vrouens en kinders
saamstem of nie.
Geweld is eenvoudig nie 'n oplossing nie. Nie in Gaza nie en ook nie
vir die Afrikanervolk nie.
Re: Gaza [boodskap #118590 is 'n antwoord op boodskap #118581] Wo, 21 Januarie 2009 03:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

> Op grond waarvan in Hawking die slimste man wat tans leef? Ek dink
> self hy is buitengewoon slim maar in 'n veld waarin bitter min ander
> mense spesialiseer.
> T.o.v. die Big Bang, ek kan jou verseker dat Hawking, as 'n toegewyde
> wetenskaplike, onmiddellik die bestaan van 'n bomenslike wese sal
> aanvaar die oomblik as onteenseglike bewyse voorgelê kan word.

Hawking het lankal my stem verloor, want so nou en
dan praat hy van "God" asof God deel is van wetenskaplike
berekenings. Selfs Neil Turok wat 'n groot vriend van
Hawking is, en verantwoordelik vir sy besoeke aan Kaapstad
en Waterloo hier in Ontario, se interpretasie van die ontstaan
van die "heelal," is baie ver van dié van Hawking.
Gloudina
Re: Gaza [boodskap #118591 is 'n antwoord op boodskap #118583] Wo, 21 Januarie 2009 04:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Let wel ek het die woord "glo" in aanhalings gesit - "I believe" was
> Hawking se presies woorde - nie "bewys" nie, maar geloof!!!!!  Want hy
> kan netso min bewys dat alles spontaan deur die "big-bang" ontstaan
> het as wat ek kan bewys dat God deur middel van die "big-bang" alles
> uit niks geskape het.
>
> Die storie oor "bewys" is ook 'n "stront storie".  NIKS kan
> "onteenseglik bewys" word nie.  Jy kan nie eens "onteenseglik bewys"
> dat jy self bestaan nie.

Ek stem hier volkome met jou staan. Maar ek kan
nie verstaan hoekom, as jy bostaande werklik glo,
jy so dogmaties kan word oor wie reg of verkeerd glo.
As jy in God glo, bestaan God vir jou. Maar as iemand
nie in God glo nie, dan bestaan God eenvoudig nie
vir daardie persoon nie.

Gloudina
Re: Gaza [boodskap #118594 is 'n antwoord op boodskap #118587] Wo, 21 Januarie 2009 07:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Jan 2009 15:11:11 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 20 Jan, 19:16, Torreke wrote:
> Torreke, ek gee toe die woord "onteenseglike" was hopeloos die
> verkeerde woord om te gebruik. En ek stem saam dat daar bitter min
> dinge is wat ooit onteenseglik bewys kan word.
> Wat ek wel probeer sê het, en wat ook my eie siening weerspieel, is
> dat gegewe die beskikbare bewyse, is die teorie van die spontane
> onstaan van alles uit niks uit vir my die mees aanvaarbare teorie.
> "Glo" is vir my 'n te sagte woord daarvoor. "Oortuig" is miskien meer
> van pas. Indien daar wel meer bewyse vorendag kom vir 'n ander
> oorsprong vir die heelal of selfs bewyse vir 'n wese wat
> verantwoordelik was daarvoor, dan staan ek en vele ander (soos
> Hawking) voor in die koor om daardie nuwe bewyse te ondersoek en 'n
> nuwe teorie te vorm.

Heeltemal 'n nuwe (en toegeefliker?) houding as jou vorige skrywes,
né.

'Ontstaan uit niks' het aanleding gegee tot die 'skepping' van die
woord 'skepping'. Dìt is presies wat dit is om te skep. Wanneer ek 'n
prentjie teken en dit verf waarna ek dit in 'n gallery verkoop, is dit
steeds nie 'n skepping nie, want is is vervaardig uit bestaande
materiale. Iets uit niks kan nooit spontaan wees nie
maar moet inisiasie deur 'n hoër intelligensie wees.

Jy gee aanleiding tot die volgende vraag wat belangriker is as om
sommer net daaroor te lees:
Waarom dink jy dat dit enigsins belangrik sou wees dat jy en Hawking
nuwe bewyse ondersoek?
Ek meen, arogansie behoort darem perke te hê ook!

Miskien behoort ek die vraag te verander na: Vir wìè dink jy kan dit
belangrik wees as julle 'nuwe bewyse' ondersoek? Behalwe vir julself
en diegene wie se denkpatroon deur jule besoedel word?

Hoe kan enige iets wat meer-dimensioneel is in 'n drie-dimensionele
wêreld bewys word? Want as jy slegs lengte, breedte en hoogte ken, is
daar nie 'n kans dat ek jou sal kan oortuig van skuinste of
tydloosheid nie, want jy sal dit nie kan sien of ervaar nie. Veral nie
as jy reeds besluit het dat jy dit buitendien nie sal glo nie.

En die belangrikste wat ek wil tuisbring is dat Jesus se woorde oor
geloof nie rede sou gehad het, as die geesteswêreld bewys kon
word nie. Waarom sou geloof dan nodig wees?

Ek sê die volgende aan diegene wat 'n 'wag en sien' houding het:

Geloof in hìèrdie lewe maak deure oop na 'n lewe hierna.
Geloof is die sleutel wat nodig is om in daardie sleutelgat te druk,
en dit te laat oopswaai. Maar daardie deur kan slegs van hierdie
kant af oopgemaak word.

Dit sou beteken dat mense wat as ongelowiges sterf, nie kan
hoop op wag en sien nie. Want die sleutel is in hierdie lewe.
Miskien 2 paralelle wêrelde langs mekaar - met 'n brug.
Niemand gaan jou oor die brug stoot nie - jy sal moet stap.

Hoeveel kans is daar vir mense wat nie in 'n geesteswêreld glo
om sin te maak in my lomp verduideliking hierbo? Wat dit dan
verstaanbaar maak wanneer Jesus diegene wat glo uitsonder.

As julle darem ondersoek sou dit meer sin maak. Julle doen nie
eens dit nie, maar sit en hoop dat iemand anders dit vir julle doen.
Re: Gaza [boodskap #118601 is 'n antwoord op boodskap #118588] Wo, 21 Januarie 2009 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
verti...  is tans af-lyn  verti...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Junior Lid
On 21 jan, 01:22, Jottie wrote:
> On 20 Jan, 22:09, verti...@gmail.com wrote:
>
>> Ek glo ek sou dieselfde gedoen het as Israel (en binnekort sal die
>> Afrikanervolk dalk wel sy beskerming in eie hand moet neem).
>
> En hoe, as ek mag vra, beplan die handjievol Afrikaners wat "namens"
> die res van die Afrikanervolk wil optree, om sy beskerming in eie hand
> te neem? Gaan dit nie ook maar 'n geval wees van "Hamas" wat "namens"
> sy volk teen ander onskuldige burgers optree en dan agter/tussen sy
> eie onskuldige vrouens en kinders wegkruip as die teenstanders hulle
> probeer uitrook nie. Maak nie saak of daardie vrouens en kinders
> saamstem of nie.
> Geweld is eenvoudig nie 'n oplossing nie. Nie in Gaza nie en ook nie
> vir die Afrikanervolk nie.

Hmm, interessant dat jy aanneem dat ek verwys na 'n "handjievol"
Afrikaners wat namens die ander optree. Nee wat, ek het nooit
goedgekeur wat daai Boeremag swape aangevang het nie en ek sal ook
nooit so iets goedkeur nie.

Ek praat van die geweld en misdaad wat so toeneem dat dit een van die
dae onuithoudelik sal wees. Of mens nou glo in al die vertolkings van
Siener se visioene wat die rondtes maak en of jy 'n ongelowige is, 'n
blik na hoe ons landsake lyk sê vir baie mense dat die huidige
situasie baie maklik tot op 'n kookpunt kan kom. Ek glo dat daar 'n
tyd mag aanbreek dat die inboorlinge besluit dat die land reforms en
affirmative action nie meer vinnig genoeg na hul smaak afspeel nie, en
hul mag dalk meer geweldadig raak. Let wel: Ek ondersteun nooit
oorspronklike geweld nie (vandaar my bitter houding teenoor Hamas),
maar ek glo wel daarin om jouself en jou vrou en jou kinders te
beskerm ten alle koste.

Hierdie is nie 'n vaste voospelling nie, en dis beslis ook nie my wens
dat dit moet gebeur nie, maar een van die dae sal die Afrikanervolk as
'n geheel dalk 'n aanslag moet afweer, of ons nou wil of nie. Ek glo
dit is moontlik. DIe geskiedenis het 'n manier om te herhaal, en 'n
tweede Bloedrivier is dalk voor die deur.
Re: Gaza [boodskap #118602 is 'n antwoord op boodskap #118594] Wo, 21 Januarie 2009 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jan, 08:39, Dave wrote:
> Heeltemal 'n nuwe (en toegeefliker?) houding as jou vorige skrywes,
> né.

Inderdaad meer toegeeflik. Ek hoop jy like dit...

> 'Ontstaan uit niks' het aanleding gegee tot die 'skepping' van die
> woord 'skepping'. Dìt is presies wat dit is om te skep. Wanneer ek 'n
> prentjie teken en dit verf waarna ek dit in 'n gallery verkoop, is dit
> steeds nie 'n skepping nie, want is is vervaardig uit bestaande
> materiale. Iets uit niks kan nooit spontaan wees nie
> maar moet inisiasie deur 'n hoër intelligensie wees.

So wie het dan die skepper geskep? Jy sê self "Iets uit niks kan nooit
spontaan wees nie"... "elephants all the way down" as jy my vra...

> Jy gee aanleiding tot die volgende vraag wat belangriker is as om
> sommer net daaroor te lees:
> Waarom dink jy dat dit enigsins belangrik sou wees dat jy en Hawking
> nuwe bewyse ondersoek?
> Ek meen, arogansie behoort darem perke te hê ook!

Dit is vir MY belangrik. Ek nie eers regtig om of Hawking sou
belangstel in 'n nuwe bewys nie maar EK sal.

> Miskien behoort ek die vraag te verander na: Vir wìè dink jy kan dit
> belangrik wees as julle 'nuwe bewyse' ondersoek? Behalwe vir julself
> en diegene wie se denkpatroon deur jule besoedel word?

Dit is bloot vir MY belangrik. Ek verteenwoordig niemand anders nie
maar ander is vry om dieselfe bewyse te ondersoek en hul eie
gevolgtrekkings te maak.

> Hoe kan enige iets wat meer-dimensioneel is in 'n drie-dimensionele
> wêreld bewys word? Want as jy slegs lengte, breedte en hoogte ken, is
> daar nie 'n kans dat ek jou sal kan oortuig van skuinste of
> tydloosheid nie, want jy sal dit nie kan sien of ervaar nie. Veral nie
> as jy reeds besluit het dat jy dit buitendien nie sal glo nie.

Goeie punt alhoewel ons al lankal van meer as 3 dimensies weet! Ek is
oop vir oortuiging van meer dimensies.

> En die belangrikste wat ek wil tuisbring is dat Jesus se woorde oor
> geloof nie rede sou gehad het, as die geesteswêreld bewys kon
> word nie.  Waarom sou geloof dan nodig wees?
>
> Ek sê die volgende aan diegene wat 'n 'wag en sien' houding het:
>
> Geloof in hìèrdie lewe maak deure oop na 'n lewe hierna.
> Geloof is die sleutel wat nodig is om in daardie sleutelgat te druk,
> en dit te laat oopswaai. Maar daardie deur kan slegs van hierdie
> kant af oopgemaak word.
>
> Dit sou beteken dat mense wat as ongelowiges sterf, nie  kan
> hoop op wag en sien nie. Want die sleutel is in hierdie lewe.
> Miskien 2 paralelle wêrelde langs mekaar - met 'n brug.
> Niemand gaan jou oor die brug stoot nie - jy sal moet stap.
>
> Hoeveel kans is daar vir mense wat nie in 'n geesteswêreld glo
> om sin te maak in my lomp verduideliking hierbo? Wat dit dan
> verstaanbaar maak wanneer Jesus diegene wat glo uitsonder.

Kyk, dat die bybel 'n paar goeie idees verkondig is waar (waarvan die
bostaande vreesaanjaende gedagte nie een is nie). Net soos elke ander
boek van enige ander geloof 'n paar idees sal bevat met wie geen mens
met gesonde verstand sal kan fout vind nie. Netso ook vele ander boeke
wat geen geloof as grondslag het nie. MAAR, dieselfde boeke kan ook
net soveel idees van geweld, haat, en ander negatiewe idees bevat.

> As julle darem ondersoek sou dit meer sin maak. Julle doen nie
> eens dit nie, maar sit en hoop dat iemand anders dit vir julle doen.

Ek dink dit is net mooi andersom. Wat doen jy om jou geloof te
versterk en die waarheid te leer? Behalwe om jouself te isoleer in dit
wat jou geloof as die "waarheid" verkondig en eenvoudig alles anders
te verwerp.
Re: Gaza [boodskap #118603 is 'n antwoord op boodskap #118602] Wo, 21 Januarie 2009 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 2009 02:40:57 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 21 Jan, 08:39, Dave wrote:
>> Heeltemal 'n nuwe (en toegeefliker?) houding as jou vorige skrywes,
>> né.
>
> Inderdaad meer toegeeflik. Ek hoop jy like dit...
>
>> 'Ontstaan uit niks' het aanleding gegee tot die 'skepping' van die
>> woord 'skepping'. Dìt is presies wat dit is om te skep. Wanneer ek 'n
>> prentjie teken en dit verf waarna ek dit in 'n gallery verkoop, is dit
>> steeds nie 'n skepping nie, want is is vervaardig uit bestaande
>> materiale. Iets uit niks kan nooit spontaan wees nie
>> maar moet inisiasie deur 'n hoër intelligensie wees.
>
> So wie het dan die skepper geskep? Jy sê self "Iets uit niks kan nooit
> spontaan wees nie"... "elephants all the way down" as jy my vra...
>

Die Skepper is nie 'n skepsel nie. Nie geskep nie dus, maar ìs.
Ek het nogal van Torreke se beskrywing gehou toe hy die ruimte om ons
beskryf het as ook sonder begin en einde.

>> Jy gee aanleiding tot die volgende vraag wat belangriker is as om
>> sommer net daaroor te lees:
>> Waarom dink jy dat dit enigsins belangrik sou wees dat jy en Hawking
>> nuwe bewyse ondersoek?
>> Ek meen, arogansie behoort darem perke te hê ook!
>
> Dit is vir MY belangrik. Ek nie eers regtig om of Hawking sou
> belangstel in 'n nuwe bewys nie maar EK sal.

Natuurlik is dit vir jou belangrik - soos dit vir elk van ons is.
Jy het egter nie ruimte daarvoor gelaat toe jy die Bybelgeskiedenis
as feëverhale beskryf het nie. En dan bevraagteken jy die
'fyngevoeligheid' van mense in jou gesprek met Torreke.
>
>> Miskien behoort ek die vraag te verander na: Vir wìè dink jy kan dit
>> belangrik wees as julle 'nuwe bewyse' ondersoek? Behalwe vir julself
>> en diegene wie se denkpatroon deur jule besoedel word?
>
> Dit is bloot vir MY belangrik. Ek verteenwoordig niemand anders nie
> maar ander is vry om dieselfe bewyse te ondersoek en hul eie
> gevolgtrekkings te maak.
>
>> Hoe kan enige iets wat meer-dimensioneel is in 'n drie-dimensionele
>> wêreld bewys word? Want as jy slegs lengte, breedte en hoogte ken, is
>> daar nie 'n kans dat ek jou sal kan oortuig van skuinste of
>> tydloosheid nie, want jy sal dit nie kan sien of ervaar nie. Veral nie
>> as jy reeds besluit het dat jy dit buitendien nie sal glo nie.
>
> Goeie punt alhoewel ons al lankal van meer as 3 dimensies weet! Ek is
> oop vir oortuiging van meer dimensies.
>
Meer toegeeflik soos ek gesê het:-)
Een eenvoudige voorbeeld wat ek ook voorheen al genoem het,
is die mens wat sê "ag, dit was net 'n voorgevoel..." ten einde
iets as aards te probeer bewys! En wanneer jy aan dieselfde
sinikus vra wat 'n 'voorgevoel' is, begin die gestotter.

>> En die belangrikste wat ek wil tuisbring is dat Jesus se woorde oor
>> geloof nie rede sou gehad het, as die geesteswêreld bewys kon
>> word nie.  Waarom sou geloof dan nodig wees?

>> Ek sê die volgende aan diegene wat 'n 'wag en sien' houding het:

>> Geloof in hìèrdie lewe maak deure oop na 'n lewe hierna.
>> Geloof is die sleutel wat nodig is om in daardie sleutelgat te druk,
>> en dit te laat oopswaai. Maar daardie deur kan slegs van hierdie
>> kant af oopgemaak word.

>> Dit sou beteken dat mense wat as ongelowiges sterf, nie  kan
>> hoop op wag en sien nie. Want die sleutel is in hierdie lewe.
>> Miskien 2 paralelle wêrelde langs mekaar - met 'n brug.
>> Niemand gaan jou oor die brug stoot nie - jy sal moet stap.

>> Hoeveel kans is daar vir mense wat nie in 'n geesteswêreld glo
>> om sin te maak in my lomp verduideliking hierbo? Wat dit dan
>> verstaanbaar maak wanneer Jesus diegene wat glo uitsonder.
>
> Kyk, dat die bybel 'n paar goeie idees verkondig is waar (waarvan die
> bostaande vreesaanjaende gedagte nie een is nie). Net soos elke ander
> boek van enige ander geloof 'n paar idees sal bevat met wie geen mens
> met gesonde verstand sal kan fout vind nie. Netso ook vele ander boeke
> wat geen geloof as grondslag het nie. MAAR, dieselfde boeke kan ook
> net soveel idees van geweld, haat, en ander negatiewe idees bevat.
>

Ek is verbaas dat jy sê dat dit nie in die Bybel geskryf is nie.
Menende dit wat ek gesê het oor geloof onafhanklik van bewyse.
En dat dit 'n moet is in hierdie lewe.

Ek het dit eers geskryf met die verduideliking dat dit my eie
persoonlike siening is. En toe ek dit lees en sien dat dit presies is
wat ons leer, het ek dit uitgehaal waar ek gesê het dat dit slegs my
persoonlike mening is. Dit is slegs my persoonlike manier van
verduidelik.

Toe ek gesê het dat daardie deur slegs van hierdie kant af oopgemaak
kan word, moes ek bygevoeg het 'deur die mens'. Natuurlik is God
almagtig en Sy genade is onbeskryflik. Dit kan deure van alle kante af
oopmaak.

Waarmee sou jy verskil en dit vreesaanjaend noem? Leer ons dan nie
soos ek dit beskryf het nie? Dat geloof in hierdie lewe noodsaaklik
is...

>> As julle darem ondersoek sou dit meer sin maak. Julle doen nie
>> eens dit nie, maar sit en hoop dat iemand anders dit vir julle doen.
>
> Ek dink dit is net mooi andersom. Wat doen jy om jou geloof te
> versterk en die waarheid te leer? Behalwe om jouself te isoleer in dit
> wat jou geloof as die "waarheid" verkondig en eenvoudig alles anders
> te verwerp.

Jy dink verkeerd. Ek is dikwels besig met werk is daardie opsig.
Ek het in November 'n cd opgestel met baie data gehaal uit inligting
oor verskillende gelowe en verskillende denominasies wat ek
aan 'n vraesteller gegee het oor Kersfees.
Antwoorde op vrae uit vele bronne met redes vir die antwoorde.
Ek moes dit op cd plaas omdat dit praktieser is as bladsye en bladsye
gedrukte werk.
Maar die antwoorde is steeds beperk - anders sou 'n forum soos
hierdie nie verskillende menings bevat het nie.

Ek beny Torreke sy geduldige manier van uitleg.
Re: Gaza [boodskap #118604 is 'n antwoord op boodskap #118601] Wo, 21 Januarie 2009 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 2009 02:40:28 -0800 (PST), Jacques
wrote:

>
> Hierdie is nie 'n vaste voospelling nie, en dis beslis ook nie my wens
> dat dit moet gebeur nie, maar een van die dae sal die Afrikanervolk as
> 'n geheel dalk 'n aanslag moet afweer, of ons nou wil of nie. Ek glo
> dit is moontlik. DIe geskiedenis het 'n manier om te herhaal, en 'n
> tweede Bloedrivier is dalk voor die deur.

Jacques, daar is die deel in my wat jou wil glo.
Maar dan is daar die ander stemmetjie wat sê dat die Afrikaner te veel
van toegewer en aanvaarder geword het, om teenstand te bied.

Ons trou dan in onder hulle, my vriend! Daar's 'n tannie in Kanada wat
al jare lank weier om vir my te sê hoe kleur haar kleinkinders is.
Kom kyk hier op die strand hoe die wit meisies hand aan hand met hulle
loop. Maar dan sê daai eerste stemmetjie vir my dat ek nog nie een van
daai meisies gehoor Afrikaans praat het nie.

Korreksie - in dieselfde gebou as ek het 'n Afrikaanse vrou gewoon wat
met 'n swarte getroud is.

Die Suid Afrikaner wat trots is op sy taal en kultuur, wat met respek
aan andere, steeds by eie bly, word minder en minder. Ek weet selfs
van 'n Afrikaanssprekende man en vrou wat weier om Afrikaans in
hul huis te praat. Hul kinders kan nie eens Afrikaans praat nie.

Ek dink breinspoeling is meer realisties en deel van die dag
as wat ons besef.
Re: Gaza [boodskap #118605 is 'n antwoord op boodskap #118603] Wo, 21 Januarie 2009 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jan, 12:45, Dave wrote:
> Natuurlik is dit vir jou belangrik - soos dit vir elk van ons is.
> Jy het egter nie ruimte daarvoor gelaat toe jy die Bybelgeskiedenis
> as feëverhale beskryf het nie. En dan bevraagteken jy die
> 'fyngevoeligheid' van mense in jou gesprek met Torreke.

Ek sien dit nie as 'n belediging deur dit 'n feëverhaal te noem nie.
Inteendeel, hoekom vertel ons vir kinders feëverhale soos Gouelokkies,
Hansie en Grietjie, ens.? Omdat dit 'n morele boodskap het. Dit kan
selfs elemente van ware geskiedenis bevat om dit meer geloofwaardig te
laat klink maar dit bly 'n feëverhaal. Feëverhale word selfs aangepas
om in te val by norme en waardes van spesifieke groepe. Net soos die
talle interpretasies van die bybel deur verskillende sektes.

> Een eenvoudige voorbeeld wat ek ook voorheen al genoem het,
> is die mens wat sê "ag, dit was net 'n voorgevoel..." ten einde
> iets as aards te probeer bewys! En wanneer jy aan dieselfde
> sinikus vra wat 'n 'voorgevoel' is, begin die gestotter.

Wat is jou punt? Wat is jou verduideliking van 'n "voorgevoel"?

> Ek is verbaas dat jy sê dat dit nie in die Bybel geskryf is nie.
> Menende dit wat ek gesê het oor geloof onafhanklik van bewyse.
> En dat dit 'n moet is in hierdie lewe.

Ek sê nie dit is nie in die bybel geskryf is nie maar dat dit nie een
van die goeie idees is nie en dat dit volgens my nie die waarheid is
nie.

> Ek het in November 'n cd opgestel met baie data gehaal uit inligting
> oor verskillende gelowe en verskillende denominasies wat ek
> aan 'n vraesteller gegee het oor Kersfees.
> Antwoorde op vrae uit vele bronne met redes vir die antwoorde.

Kom ek vra jou dan die volgende:
1. Het jy al ooit op enigiets afgekom in die bybel waarmee jy nie
saamstem nie?
2. Het jy al ooit op iets uit 'n ander bron as die bybel afgekom wat
die bybel weerspreek en waarmee jy wel saamstem?
Onthou, jy het die opsie om te swyg. Maar sou jy "ja" antwoord op
enige van die vrae, dan het ek hoop vir jou.

> Ek beny Torreke sy geduldige manier van uitleg.

Jy blyk self baie geduldig te wees Dave.
Re: Gaza [boodskap #118616 is 'n antwoord op boodskap #118605] Wo, 21 Januarie 2009 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 2009 04:34:53 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 21 Jan, 12:45, Dave wrote:
>> Natuurlik is dit vir jou belangrik - soos dit vir elk van ons is.
>> Jy het egter nie ruimte daarvoor gelaat toe jy die Bybelgeskiedenis
>> as feëverhale beskryf het nie. En dan bevraagteken jy die
>> 'fyngevoeligheid' van mense in jou gesprek met Torreke.
>
> Ek sien dit nie as 'n belediging deur dit 'n feëverhaal te noem nie.
> Inteendeel, hoekom vertel ons vir kinders feëverhale soos Gouelokkies,
> Hansie en Grietjie, ens.? Omdat dit 'n morele boodskap het. Dit kan
> selfs elemente van ware geskiedenis bevat om dit meer geloofwaardig te
> laat klink maar dit bly 'n feëverhaal. Feëverhale word selfs aangepas
> om in te val by norme en waardes van spesifieke groepe. Net soos die
> talle interpretasies van die bybel deur verskillende sektes.
>
>> Een eenvoudige voorbeeld wat ek ook voorheen al genoem het,
>> is die mens wat sê "ag, dit was net 'n voorgevoel..." ten einde
>> iets as aards te probeer bewys! En wanneer jy aan dieselfde
>> sinikus vra wat 'n 'voorgevoel' is, begin die gestotter.
>
> Wat is jou punt? Wat is jou verduideliking van 'n "voorgevoel"?
>

Iets wat sintuigelik waargeneem word vanuit 'n ander vlak - 'n ander
dimensie. Iets wat nie verklaar kan word met enige kennis tot ons
beskikking nie. Voorkennis - soos in profetering.

>> Ek is verbaas dat jy sê dat dit nie in die Bybel geskryf is nie.
>> Menende dit wat ek gesê het oor geloof onafhanklik van bewyse.
>> En dat dit 'n moet is in hierdie lewe.
>
> Ek sê nie dit is nie in die bybel geskryf is nie maar dat dit nie een
> van die goeie idees is nie en dat dit volgens my nie die waarheid is
> nie.
>
>> Ek het in November 'n cd opgestel met baie data gehaal uit inligting
>> oor verskillende gelowe en verskillende denominasies wat ek
>> aan 'n vraesteller gegee het oor Kersfees.
>> Antwoorde op vrae uit vele bronne met redes vir die antwoorde.
>
> Kom ek vra jou dan die volgende:
> 1. Het jy al ooit op enigiets afgekom in die bybel waarmee jy nie
> saamstem nie?

1. Al gewonder hoe om sommige skrywes te verstaan,
maar dit dan verstaan wanneer ek dit in konteks gelees het.

> 2. Het jy al ooit op iets uit 'n ander bron as die bybel afgekom wat
> die bybel weerspreek en waarmee jy wel saamstem?

2. Antwoord hou direk verhouding met 1. Sal nou verduidelik.

> Onthou, jy het die opsie om te swyg. Maar sou jy "ja" antwoord op
> enige van die vrae, dan het ek hoop vir jou.
>

LOL... bv.het die son miskien nie stil gestaan by Josua 10:12-13 nie,
maar word dit wel so beskryf omdat ons steeds praat van die son wat
opgaan en ondergaan. En die mense in daardie tyd geglo het dat die son
om die aarde draai.

Miskien het die son wel stil gestaan. Dit word vertel dat Griekeland,
Egipte, Sjina en Meksiko rekords het van 'n lang dag
in 'n tyd wat verhouding hou met die tyd van Josua.
Dag-en-nag-ewenings (equinoxes) en sonverduisterings is getel vanaf
die hede en deurgevoer tot by die tyd van Josua en getel vanaf die
eerste stadium van die skepping tot by Josua ae tyd, en 'n hele dag is
weg. Op geen wiskundige manier kon daardie dag opgespoor word nie.

Staan die aarde op vier pilare? Natuurlik! Dit bly perfek in baan
en niks op aarde kan dit daaruit beweeg nie

>> Ek beny Torreke sy geduldige manier van uitleg.
>
> Jy blyk self baie geduldig te wees Dave.

Dankie Jottie

We were young and bound for glory
Itchin' for a fight like you
Bringin' hell and purgatory
To the boys who wore the blue

And I thought I'd seen it all
Till the day night wouldn't fall
Oh, how the sun did blaze
Wouldn't go down for days

I got shot and lost my rifle
When the first wave hit the rise
And the guns rolled out like thunder
And the black smoke burned my eyes

And I watched it all unfold
Just the way the Bible told
Joshua's endless day
Keepin' the night at bay
Re: Gaza [boodskap #118619 is 'n antwoord op boodskap #118616] Wo, 21 Januarie 2009 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jan, 16:41, Dave wrote:
> Iets wat sintuigelik waargeneem word vanuit 'n ander vlak - 'n ander
> dimensie. Iets wat nie verklaar kan word met enige kennis tot ons
> beskikking nie. Voorkennis - soos in profetering.

Hoekom so misterieus wees daaroor? Hoekom kan dit nie bloot 'n idee
uit jou onderbewussein wees op grond van ander onbewustelike en
bewustelike waarnemings so wel as herrinneringe van soortgelyke
omstandighede in die verlede. Hoekom moet dit iets "uit 'n ander
dimensie" wees?
BTW, kry jy sulke voorgevoele en is dit altyd waar of lieg daai ander
dimensie partykeer vir jou? Of is dit 'n kwessie van jy verstaan nie
altyd wat daardie ander dimensie bedoel nie?

>> Kom ek vra jou dan die volgende:
>> 1. Het jy al ooit op enigiets afgekom in die bybel waarmee jy nie
>> saamstem nie?
>> 2. Het jy al ooit op iets uit 'n ander bron as die bybel afgekom wat
>> die bybel weerspreek en waarmee jy wel saamstem?

Ek aanvaar jou antwoord was "Nee" in beide gevalle.

> LOL... bv.het die son miskien nie stil gestaan by Josua 10:12-13 nie,
> maar word dit wel so beskryf omdat ons steeds praat van die son wat
> opgaan en ondergaan. En die mense in daardie tyd geglo het dat die son
> om die aarde draai.
>
> Miskien het die son wel stil gestaan. Dit word vertel dat Griekeland,
> Egipte, Sjina en Meksiko rekords het van 'n lang dag
> in 'n tyd wat verhouding hou met die tyd van Josua.
> Dag-en-nag-ewenings (equinoxes) en sonverduisterings is getel vanaf
> die hede en deurgevoer tot by die tyd van Josua en getel vanaf die
> eerste stadium van die skepping tot by Josua ae tyd, en 'n hele dag is
> weg. Op geen wiskundige manier kon daardie dag opgespoor word nie.

Ek het die bostaande vrae gevra om vas te stel hoe letterlik jy die
bybel opneem en of jy dit skepties ondersoek en interpreteer. Jou
voorbeeld hier bo van Josua se sonstilstand bevestig dat jy dit wel
letterlik opneem.
Wil jy regtig dieper ingaan dan kan ek vir jou 'n hele paar ander
voorbeelde noem wat nog meer belaglik is as Josua s'n. Om nie eers te
praat van die dele wat mekaar weerspreek nie. Laat weet dan begin ek
'n nuwe thread daarvoor.
Aangaande Josua se storie, dit is 'n mite dat dit bewys is op grond
van historiese rekords.
Eerstens is Egipte en Meksiko aan teenoorgestelde kante van die wêreld
wat dit moeilik sal maak om 'n lang dag aan altwee kante te hê.
Tweedens, waar kom daardie rekords van Dag-en-nag-ewenings (equinoxes)
en sonverduisterings sedert die "eerste stadium van die skepping tot
by Josua se tyd" vandaan? Nou dink jy seker aan een of ander simulasie
en jy is reg, dit is die enigste manier om dit te ondersoek maar as
daar niks data is om die simulasie mee te vergelyk nie hoe bepaal jy
dat daar 'n dag (of eerder 'n nag) vermis word?
Ek ken hierdie en vele ander stories en sogenaamde "bewyse" wat
kleintyd ook in my kop ingeprent was om te demonstreer hoe perfek die
bybel is. Ander gelowe doen presies dieselfde met hulle "heilige"
geskrifte. Die werklikheid is 'n heel ander storie...
Re: Gaza [boodskap #118620 is 'n antwoord op boodskap #118619] Wo, 21 Januarie 2009 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Jan 2009 09:01:59 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> On 21 Jan, 16:41, Dave wrote:
>> Iets wat sintuigelik waargeneem word vanuit 'n ander vlak - 'n ander
>> dimensie. Iets wat nie verklaar kan word met enige kennis tot ons
>> beskikking nie. Voorkennis - soos in profetering.
>
> Hoekom so misterieus wees daaroor? Hoekom kan dit nie bloot 'n idee
> uit jou onderbewussein wees op grond van ander onbewustelike en
> bewustelike waarnemings so wel as herrinneringe van soortgelyke
> omstandighede in die verlede. Hoekom moet dit iets "uit 'n ander
> dimensie" wees?
> BTW, kry jy sulke voorgevoele en is dit altyd waar of lieg daai ander
> dimensie partykeer vir jou? Of is dit 'n kwessie van jy verstaan nie
> altyd wat daardie ander dimensie bedoel nie?
>
Ek moes dit buite-sintuigelik genoem het.
Iemand wat dit ervaar is nie 'n rariteit nie - eerder deel van die
algemene gemeenskap. Ek het jou geen rede gegee om af te lei dat ek
van eie ervaring praat nie; wat het jou tot daardie gevolgtrekking
laat kom? Dit sou in elk geval ook 'n korrekte afleiding gewees het.
Voorgevoelens wat mense dikwels ervaar en korrek uitdraai
kan op geen manier verbind word aan jou wilde pogings tot oplossings
daarvoor nie.

>>> Kom ek vra jou dan die volgende:
>>> 1. Het jy al ooit op enigiets afgekom in die bybel waarmee jy nie
>>> saamstem nie?
>>> 2. Het jy al ooit op iets uit 'n ander bron as die bybel afgekom wat
>>> die bybel weerspreek en waarmee jy wel saamstem?
>
> Ek aanvaar jou antwoord was "Nee" in beide gevalle.
>
Jy het reg afgelei. Ek glo die Bybel sonder voorbehoud.
En lees in konteks.

>> LOL... bv.het die son miskien nie stil gestaan by Josua 10:12-13 nie,
>> maar word dit wel so beskryf omdat ons steeds praat van die son wat
>> opgaan en ondergaan. En die mense in daardie tyd geglo het dat die son
>> om die aarde draai.

>> Miskien het die son wel stil gestaan. Dit word vertel dat Griekeland,
>> Egipte, Sjina en Meksiko rekords het van 'n lang dag
>> in 'n tyd wat verhouding hou met die tyd van Josua.
>> Dag-en-nag-ewenings (equinoxes) en sonverduisterings is getel vanaf
>> die hede en deurgevoer tot by die tyd van Josua en getel vanaf die
>> eerste stadium van die skepping tot by Josua ae tyd, en 'n hele dag is
>> weg. Op geen wiskundige manier kon daardie dag opgespoor word nie.
>
> Ek het die bostaande vrae gevra om vas te stel hoe letterlik jy die
> bybel opneem en of jy dit skepties ondersoek en interpreteer. Jou
> voorbeeld hier bo van Josua se sonstilstand bevestig dat jy dit wel
> letterlik opneem.
> Wil jy regtig dieper ingaan dan kan ek vir jou 'n hele paar ander
> voorbeelde noem wat nog meer belaglik is as Josua s'n. Om nie eers te
> praat van die dele wat mekaar weerspreek nie. Laat weet dan begin ek
> 'n nuwe thread daarvoor.
> Aangaande Josua se storie, dit is 'n mite dat dit bewys is op grond
> van historiese rekords.
> Eerstens is Egipte en Meksiko aan teenoorgestelde kante van die wêreld
> wat dit moeilik sal maak om 'n lang dag aan altwee kante te hê.
> Tweedens, waar kom daardie rekords van Dag-en-nag-ewenings (equinoxes)
> en sonverduisterings sedert die "eerste stadium van die skepping tot
> by Josua se tyd" vandaan? Nou dink jy seker aan een of ander simulasie
> en jy is reg, dit is die enigste manier om dit te ondersoek maar as
> daar niks data is om die simulasie mee te vergelyk nie hoe bepaal jy
> dat daar 'n dag (of eerder 'n nag) vermis word?
> Ek ken hierdie en vele ander stories en sogenaamde "bewyse" wat
> kleintyd ook in my kop ingeprent was om te demonstreer hoe perfek die
> bybel is. Ander gelowe doen presies dieselfde met hulle "heilige"
> geskrifte. Die werklikheid is 'n heel ander storie...

Tydens ons hele gesprek sover het jy die belangrikste opsy geskuif.
Wat vir my heel verstaanbaar is siende jou sinisme.
(Nee, jy het verkeerd gehoor - ek het nie gesê seniel nie maar
sinies:-)
Jy het vergeet dat ek my neerlê by die vereiste van geloof.
Dat ek gesê het (of bedoel het om te sê of daarop gedui het) dat
daar miskien deur geloof iets op astrale vlak gebeur wat brûe bou.
Brûe gebou word en deure oopgemaak word wat die oorgang na
'n ander lewe moontlik maak. En dat dit die rede is waarom geloof
as so belangrik voorgehou word in die Skrifte.
Wat ek hier sê is wel nerens geskryf nie
maar 'n eie antwoord op eie vrae.

As jy my as naief wil beskou daaroor, gaan voort.
Ek glo dit werklik.
Ek is bly jy het gehou van my redenasie toe ek gesê het dat
iets wat meer-dimensioneel is nie in ons drie-dimensionele wêreld
bewys kan word nie. God is aller-dimensioneel.

Ek dink as een mier vir 'n ander mier vra of hy glo dat mense bestaan
sal die antwoord miskien 'n ontkennende lagbui wees. Met die 'n groot
nr. 8 skoen van 'n mens reg langs die miernes.
Re: Gaza [boodskap #118621 is 'n antwoord op boodskap #118620] Wo, 21 Januarie 2009 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jan, 19:13, Dave wrote:
>> BTW, kry jy sulke voorgevoele en is dit altyd waar of lieg daai ander
>> dimensie partykeer vir jou? Of is dit 'n kwessie van jy verstaan nie
>> altyd wat daardie ander dimensie bedoel nie?
>
> Ek moes dit buite-sintuigelik genoem het.
> Iemand wat dit ervaar is nie 'n rariteit nie - eerder deel van die
> algemene gemeenskap. Ek het jou geen rede gegee om af te lei dat ek
> van eie ervaring praat nie; wat het jou tot daardie gevolgtrekking
> laat kom?

Ek het jou eintlik 'n vraag gestel.

> Dit sou in elk geval ook 'n korrekte afleiding gewees het.
> Voorgevoelens wat mense dikwels ervaar en korrek uitdraai
> kan op geen manier verbind word aan jou wilde pogings tot oplossings
> daarvoor nie.

Siende dat jy dan wel sulke voorgevoelens kry, waaraan skryf jy dit
toe as dit NIE korrek uitdraai nie? En kan jy my so paar voorbeelde
gee van die tipe voorgevoelens wat mense so dikwels ervaar. Sommer die
wat effens minder korrek uitdraai ook.
Ek het nie enige oplossing daarvoor nie. Maar ek begin eerste by die
moontlike oorsake wat vir my sin maak en wat deur observasie en
navorsing getoets kan word en eers verkeerd bewys moet word voor ek
dit oorweeg om 'n ander oplossing te vind. En selfs dan, aanvaar ek
nie sommer net 'n paranormale verklaring nie. Ek is gelukkig daarmee
om te sê "ek weet nie" as ek nie regtig WEET nie.

> Tydens ons hele gesprek sover het jy die belangrikste opsy geskuif.
> Wat vir my heel verstaanbaar is siende jou sinisme.
> (Nee, jy het verkeerd gehoor - ek het nie gesê seniel nie maar
> sinies:-)
> Jy het vergeet dat ek my neerlê by die vereiste van geloof.

Wat wil jy hê moet ek oor die vereiste van geloof sê? Het jy enige
vrae vir my daaroor of kan ek dit nou maar opsy skuif met jou
permissie?

> Dat ek gesê het (of bedoel het om te sê of daarop gedui het) dat
> daar miskien deur geloof iets op astrale vlak gebeur wat brûe bou.
> Brûe gebou word en deure oopgemaak word wat die oorgang na
> 'n ander lewe moontlik maak. En dat dit die rede is waarom geloof
> as so belangrik voorgehou word in die Skrifte.
> Wat ek hier sê is wel nerens geskryf nie
> maar 'n eie antwoord op eie vrae.

Ek verstaan wat jy probeer sê alhoewel daai "astrale vlak" my lekker
laat lag het. Dit het my nogal laat dink aan ons ander vriend hier op
die nuusgroep met sy "(ondersteun) Beter (en/of nuwe), Inter-G, hetero-
(Praniese) (Nirwana en/of) Salem (hoof en/of sub-) (staat)"

> As jy my as naief wil beskou daaroor, gaan voort.
> Ek glo dit werklik.
> Ek is bly jy het gehou van my redenasie toe ek gesê het dat
> iets wat meer-dimensioneel is nie in ons drie-dimensionele wêreld
> bewys kan word nie. God is aller-dimensioneel.

Ek het 'n kat wat ek doodseker is ook aller-dimensioneel is. En hy
kommunikeer nie net met my op astrale vlakke nie maar ek kry selfs
voorgevoele van sy verwyte as ek nie betyds sy kos uitsit of 'n
venster oopmaak sodat hy kan inkom nie. En meeste van die tyd is daai
voorgevoelens spot-on en ignoreer hy my totaal en al tot hy weer
honger is. ;-)

> Ek dink as een mier vir 'n ander mier vra of hy glo dat mense bestaan
> sal die antwoord miskien 'n ontkennende lagbui wees. Met die 'n groot
> nr. 8 skoen van 'n mens reg langs die miernes.

Wonderwerke gebeur selfs vir miere. Daai nr. 8 kon bo-op die miernes
gewees het!
Re: Gaza [boodskap #118622 is 'n antwoord op boodskap #118621] Wo, 21 Januarie 2009 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
>> Ek dink as een mier vir 'n ander mier vra of hy glo dat mense bestaan
>> sal die antwoord miskien 'n ontkennende lagbui wees. Met die 'n groot
>> nr. 8 skoen van 'n mens reg langs die miernes.
>
> Wonderwerke gebeur selfs vir miere. Daai nr. 8 kon bo-op die miernes
> gewees het!

Jottie, hierdie gesprek lei na niks. Die rede waarom Torreke ook nie
in so 'n forum betrek wil word nie.

Ek het gesê dat die grondslag vir my geloof berus op geloof.
Jy kan daarop antwoord dat ek dit wil omseil dat daar geen bewyse
bestaan nie, en ek sal jou skaakmat plaas deur Jesus se woorde
met betrekking tot geloof aan te haal. En jou weer daarop wys dat
geloof nie nodig sou wees as bewyse moontlik was nie.

En dit is hoe ver ons gaan kom. Vroeër jare het ek my myself maklik in
'n elle lange redenasie laat betrek. Ek het groot geword en geleer
om raak te sien wanneer mense oop is vir oortuiging of nie.

Ek sal in elk geval steeds jou en Torreke se gesprek volg,
en net miskien agterkom dat jy tog oop is vir oortuiging.
Tot op hierdie oomblik dui dit op die teendeel.
Re: Gaza [boodskap #118623 is 'n antwoord op boodskap #118622] Wo, 21 Januarie 2009 21:35 Na vorige boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Jan, 20:59, Dave wrote:
> Jottie, hierdie gesprek lei na niks. Die rede waarom Torreke ook nie
> in so 'n forum betrek wil word nie.
>
> Ek het gesê dat die grondslag vir my geloof berus op geloof.
> Jy kan daarop antwoord dat ek dit wil omseil dat daar geen bewyse
> bestaan nie, en ek sal jou skaakmat plaas deur Jesus se woorde
> met betrekking tot geloof aan te haal. En jou weer daarop wys dat
> geloof nie nodig sou wees as bewyse moontlik was nie.
>
> En dit is hoe ver ons gaan kom. Vroeër jare het ek my myself maklik in
> 'n elle lange redenasie laat betrek. Ek het groot geword en geleer
> om raak te sien wanneer mense oop is vir oortuiging of nie.
>
> Ek sal in elk geval steeds jou en Torreke se gesprek volg,
> en net miskien agterkom dat jy tog oop is vir oortuiging.
> Tot op hierdie oomblik dui dit op die teendeel.

Tog help hierdie tipe gesprekke my om ander se sienings beter te
verstaan en te respekteer.
Ek sal luister so lank as wat iemand iets sinvol te sê het. As dit my
nie oortuig nie dan sal ek sê hoekom dit my nie oortuig nie. Daar is
natuurlik uitsonderings soos die pot stront wat Jimbob af en toe
kwytraak. Daarna luister ek glad nie want hy kan homself nie eers
oortuig nie.
Dankie in elkgeval vir die terugvoering.
Vorige onderwerp: Is die Witboekers Teosofiste ?
Volgende onderwerp: Die skaal kantel in my guns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 02:16:57 MGT 2024