Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die verskil tussen Johannesburg en New Delhi
Die verskil tussen Johannesburg en New Delhi [boodskap #118527] So, 11 Januarie 2009 23:35
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir ses jaar was Stephanie Nolan, met hoofkwartier in
Johannesburg, die korrespondent vir die Globe and Mail
hier in Kanada. Nou is sy verplaas na Indië, met haar
hoofkwartier in New Delhi. Ek lees vanoggend haar rapport
oor haar nuwe werkplek. In die artikel maak sy vergelykings
tussen hoe dinge in Johannesburg en ook in Afrika is in
vergelyking met haar nuwe lewe in Indië. Sy voel baie
veiliger in New Delhi as in Johannesburg. Maar sy sê sy
is geskok oor die feit dat vroue in Indië in so 'n mindere
posisie in die maatskappy is, dat hulle in baie gevalle nie
voel dat hulle haar vrae kan beantwoord nie, maar moet
verwys na die man in die huis. Sy sê ook dat as sy alleen
op die straat loop, sy gedurig deur mans bekyk en selfs
betas word, iets wat sy skokkend vind, en wat nooit in
Afrika gebeur het nie. In Afrika verklaar sy het vroue 'n
baie hoër rang as in Indië. Dit het my nogal effens geskok.
Veral in 'n kontinent wat al vroue presidente gehad het.

Gloudina
Vorige onderwerp: Hoe lank gaan die man dit nog oorlewe?
Volgende onderwerp: Verwys na my vorige skrywes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:13:41 MGT 2024