Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Amerikaanse verkiesing
Amerikaanse verkiesing [boodskap #118341] Wo, 27 Augustus 2008 23:17
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nog net bietjie meer as twee maande, en dan sal ons weet
wie die volgende Amerikaanse president is. Alhoewel dit
lyk asof die Demokrate goed sal doen en meer lede in die
twee huise kry, lyk dit nogtans nie so seker dat Barack
Obama 'n sure thing is teen John McCain nie.
Gisteraand by die Demokrate se konvensie in Denver
het CNN 'n onderhoud met 'n swart vrou wat so kwaad is
dat Hilary nie die kandidaat is nie, dat sy sê sy weet nie
of sy in November vir Obama gaan stem nie. Dit lyk dus nie
of alle swart Amerikaners vir Obama ondersteun nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Kanada se droogte gebreek
Volgende onderwerp: George Weideman oorlede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:55:20 MGT 2024