Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Kalksteengroef " deur CHARL-PIERRE NAUDE
" Die Kalksteengroef " deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #117997] Sat, 28 June 2008 02:09
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir Nelson Mandela se verjaarsdag

DIE KALKSTEENGROEF
Charl-Pierre Naude

“Wat sal ons verlos van ‘n terugkeer na die steenbed?
‘n Droom, selfs ‘n hersenskim, sal die mensdom red.

Op die duur. Maar môre weer, kap ek aan die wit
van ‘n klipharde volkshart; my oë swem verward
daaroor; al’s mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
‘n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
‘n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas”

Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oë wat tuur:
daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.
Vorige onderwerp: Uys Krige - "Die seemeeu"
Volgende onderwerp: " Vraag aan die Boogskutter " deur ERNST VAN HEERDEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 10:27:11 UTC 2024