Sjebeen [boodskap #117610] |
Tue, 10 June 2008 11:55 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nog altyd gedink die woord "sjebeen/shebeen" se
oorsprong moet uit een van die Afrika-tale wees.
Dus was ek grootliks verbaas toe ek nou die dag
uitvind dat die woord 'n Ierse oorsprong het,
heelwaarskynlik uit die dae toe daar 'n instroming
vanoor die hele wêreld na die Witwatersrand was
om in die goudmyne te werk. Die woord kom uit
die oorspronklike Gaelic " sibin" wat beteken
"bad ale."
|
|
|