" Ek is 'n volstruis " deur MATTHEWS PHOSA [boodskap #116889] |
Ma, 21 April 2008 12:54 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
EK IS ‘N VOLSTRUIS
Matthews Phosa
die volstruis
‘n voël na my hart
ek het haaar bestudeer en begryp
nou wil ek haar naboots
die volstruis weet waarom sy border toe gaan
sy doen dit as sy haarself moet verdedig
haar eiers en kleintjies moet beskerm
teen die aankomende gevaar
wie verdedig julle, die swart “border-gangers”?
wie se nes verdedig julle
wie se kleintjies?
ek wens julle was volstruise
en het geweet wat goed is vir julle
ek sal nooit ‘n berg bou
voor die rivier wat in my rigting vloei nie
ek is mos ‘n volstruis
daardie water is nodig
om my droë land te benat
om die vuur van my brand te blus
ek is ‘n volstruis
voël van my hart
|
|
|