Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die brein
Die brein [boodskap #116834] Di, 08 April 2008 16:08 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Werklik die moeite werd om 'n paar minute te spandeer en na hierdie
"clip" te luister.

"Neuroanatomist Jill Bolte Taylor had an opportunity few brain
scientists would wish for: One morning, she realized she was having a
massive stroke. As it happened -- as she felt her brain functions slip
away one by one, speech, movement, understanding -- she studied and
remembered every moment. This is a powerful story of recovery and
awareness -- of how our brains define us and connect us to the world
and to one another. (Recorded February 2008 in Monterey, California.
Duration: 18:44.)"

http://www.ted.com/talks/view/id/229

"So who are we? We are the life force power of the universe, with
manual dexterity and two cognitive minds. And we have the power to
choose, moment by moment, who and how we want to be in the world.
Right here right now, I can step into the consciousness of my right
hemisphere where we are -- I am -- the life force power of the
universe, and the life force power of the 50 trillion beautiful
molecular geniuses that make up my form. At one with all that is. Or I
can choose to step into the consciousness of my left hemisphere. where
I become a single individual, a solid, separate from the flow,
separate from you. I am Dr. Jill Bolte Taylor, intellectual,
neuroanatomist. These are the "we" inside of me.

Which would you choose? Which do you choose? And when? I believe that
the more time we spend choosing to run the deep inner peace circuitry
of our right hemispheres, the more peace we will project into the
world and the more peaceful our planet will be. And I thought that was
an idea worth spreading."
Re: Die brein [boodskap #116835 is 'n antwoord op boodskap #116834] Di, 08 April 2008 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Apr, 18:08, Katryn wrote:
> Werklik die moeite werd om 'n paar minute te spandeer en na hierdie
> "clip" te luister.

Inderdaad die moeite werd! Thanks Katryn.
Ek geniet nogal die TED praatjies. Daar is soveel interessante
onderwerpe en nuwe insigte - ek sou vir ure aaneen daarna kon kyk as
ek maar net die tyd gehad het.
Re: Die brein [boodskap #116836 is 'n antwoord op boodskap #116834] Di, 08 April 2008 23:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf

I believe that
> the more time we spend choosing to run the deep inner peace circuitry

Dis natuurlik wat die wyse mense in die Ooste
al duisende en duisende jare gelede uitgevind
het.

Gloudina
Re: Die brein [boodskap #116837 is 'n antwoord op boodskap #116835] Wo, 09 April 2008 02:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf:

> Inderdaad die moeite werd! Thanks Katryn.
> Ek geniet nogal die TED praatjies. Daar is soveel interessante
> onderwerpe en nuwe insigte - ek sou vir ure aaneen daarna kon kyk as
> ek maar net die tyd gehad het.

Selfde. :)
TED is inderdaad "ideas worth spreading".
Is TED ook baie bekend in SA? Ek sien daar is 'n TEDAfrica. Het
nogal die Vusi snipsels ook waardeer.
Dit is darem wonderlik dat die Internet al die ongelooflike kennis so
vryelik, maklik en gemaklik tot ons beskikking maak.
Re: Die brein [boodskap #116838 is 'n antwoord op boodskap #116834] Wo, 09 April 2008 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Apr 2008 11:08:02 -0500, Katryn wrote:

> Werklik die moeite werd om 'n paar minute te spandeer en na hierdie
> "clip" te luister.
>
> "Neuroanatomist Jill Bolte Taylor had an opportunity few brain
> scientists would wish for: One morning, she realized she was having a
> massive stroke. As it happened -- as she felt her brain functions slip
> away one by one, speech, movement, understanding -- she studied and
> remembered every moment. This is a powerful story of recovery and
> awareness -- of how our brains define us and connect us to the world
> and to one another. (Recorded February 2008 in Monterey, California.
> Duration: 18:44.)"
>
> http://www.ted.com/talks/view/id/229
>
> "So who are we? We are the life force power of the universe, with
> manual dexterity and two cognitive minds. And we have the power to
> choose, moment by moment, who and how we want to be in the world.
> Right here right now, I can step into the consciousness of my right
> hemisphere where we are -- I am -- the life force power of the
> universe, and the life force power of the 50 trillion beautiful
> molecular geniuses that make up my form. At one with all that is. Or I
> can choose to step into the consciousness of my left hemisphere. where
> I become a single individual, a solid, separate from the flow,
> separate from you. I am Dr. Jill Bolte Taylor, intellectual,
> neuroanatomist. These are the "we" inside of me.
>
> Which would you choose? Which do you choose? And when? I believe that
> the more time we spend choosing to run the deep inner peace circuitry
> of our right hemispheres, the more peace we will project into the
> world and the more peaceful our planet will be. And I thought that was
> an idea worth spreading."

A planet cannot be peacefull. It is just a lot of rocks compacted.

En dan daai eeue oue kontradiksie wat in alles gebou is: As ons in
nie die left brain "step" nie dan sal ons nie weet van die "right
brian" nie ens.
Re: Die brein [boodskap #116839 is 'n antwoord op boodskap #116838] Wo, 09 April 2008 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:1vtov3d2uuc6v8jqvkr48nsq40mojvrav0@4ax.com...
> On 8 Apr 2008 11:08:02 -0500, Katryn wrote:
>
>
> En dan daai eeue oue kontradiksie wat in alles gebou is: As ons in
> nie die left brain "step" nie dan sal ons nie weet van die "right
> brian" nie ens.

Ek vermoed jy het "send" gedruk voordat jy die sin weer gelees het, want
"ons in nie die left brain" maak gewoon nie sin nie. Ek het ernstig probeer
verstaan wat jy wil sê, maar kan nie sê ek het geslaag nie.

Die verskillende maniere waarop die linker- en regterbrein funksioneer, is
geen nuwe ontdekking nie. Ek dink dis redelik algemene kennis dat die
regterbrein die meer laterale ("paralelle"), kreatiewe denke voortbring en
die linkerbrein die meer analitiese ("serie") denke. Mense wat baie
kreatief en innoverend dink, (die kunstenaars, uitvinders, ens.) is dikwels
ook die mense wat meer in voeling met hulle emosies is, as die wat
hoofsaaklik die linkerbrein gebruik (die wiskundiges, rekenkundiges, ens.)

Wat ek effens frustrerend vind, is dat sy mens se aptyt wek deur aan die
begin te verwys na skisofrenie en bipolêre disfunksie, maar dan nie aan die
einde die lyn deurtrek en sê wat / of dit iets met die wyse waarop die
linker- en regterbrein funksioneer te doen het nie. Suggereer sy dalk dat
skisofrene heeltemal in die regterbrein vasgevang is en nie toegang tot die
linkerbrein het nie? - en/of dat bipolêre persone moontlik heen-en weer
spring tussen die twee hemisfere van die brein? Of "hoor" ek iets wat sy
gladnie probeer suggereer het nie?
Re: Die brein [boodskap #116840 is 'n antwoord op boodskap #116839] Wo, 09 April 2008 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Apr 2008 13:00:02 +0200, "Torreke" wrote:

Moet wees: "En dan daai eeue oue kontradiksie wat in alles gebou is:
As ons nie in die left brain "step" nie, dan sal ons nie weet van die
"right brian" nie ens."

Om te weet van die right brain moet ons in die left brian se domain
gaan en as ons in die left brain se domain gaan , dan is ons nie meer
in die right brain nie.

Kan een sonder die ander hê nie.

- En dan praat ek nie eers van hoe die wind en die weer ons gaan
verweer as ons nie huise bou nie en huise word gebou wanneer die
individualiteit koning kraai - van die somme uitwerk tot by die sement
meng en goed op tyd klaarkry ens.

Miskien bedoel die vrou die derde wêreld kan maar bloei en werk sodat
die eerste wêreld kan sit en yoga doen met vistas van die wye oseaan
wat voor hulle oopvou. Tog so goed vir die meditasie as mens 'n lekker
sitkamer hoog bokant die see het.

Ek reken soms iemand moet aan mense soos die vrou gaan vertel om
bietjie daai boodskap aande op die strate van Kolkatta of Orange Farm
te gaan oordra.
Re: Die brein [boodskap #116842 is 'n antwoord op boodskap #116839] Wo, 09 April 2008 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf:

> Wat ek effens frustrerend vind, is dat sy mens se aptyt wek deur aan die
> begin te verwys na skisofrenie en bipolêre disfunksie, maar dan nie aan die
> einde die lyn deurtrek en sê wat / of dit iets met die wyse waarop die
> linker- en regterbrein funksioneer te doen het nie. Suggereer sy dalk dat
> skisofrene heeltemal in die regterbrein vasgevang is en nie toegang tot die
> linkerbrein het nie? - en/of dat bipolêre persone moontlik heen-en weer
> spring tussen die twee hemisfere van die brein? Of "hoor" ek iets wat sy
> gladnie probeer suggereer het nie?

..:) Rutger Kopland se gedig:
"Hoe zal ik dit uitleggen, dit waarom
wat wij vinden niet is
wat wij zoeken? "

:)
Re: Die brein [boodskap #116843 is 'n antwoord op boodskap #116840] Wo, 09 April 2008 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Miskien bedoel die vrou die derde wêreld kan maar bloei en werk sodat
> die eerste wêreld kan sit en yoga doen met vistas van die wye oseaan
> wat voor hulle oopvou. Tog so goed vir die meditasie as mens 'n lekker
> sitkamer hoog bokant die see het.
>
> Ek reken soms iemand moet aan mense soos die vrou gaan vertel om
> bietjie daai boodskap aande op die strate van Kolkatta of Orange Farm
> te gaan oordra.

Ek reken jy mis die punt van daardie bespreking, en haar "boodskap".
Maar jy maak wel 'n geldige punt, en al wat ek kan dink as verweer, is
dat dit tog wel 'n bekende feit is (oftewel dit wat ek in die
literatuur kon agterkom), dat die brein soortvan "hard-wired" is om
voorkeur te gee aan mense wat soos onsself lyk en praat, of waarmee
ons kan assosieer as sulks.
M.a.w, die pyn van diegene met wie ons kan assosieer, is baie meer
werklik en "disturbing" as die van ander mense/diere wat ander tale
praat, verskillende gelowe het, in verskillende omgewings woon, ens.,
ens.
Dit is dus baie moeilik vir die gemiddelde Amerikaner om werklik te
kan assosieer met die smart van "Afrika".

Maar ek glo werklik nie dat haar "boodskap" is dat die res van die
wereld maar kan bloei nie, Inteendeel, ek reken die idee is eerder om
"idees" en konsepte te versprei - soos 'n virus - meme.
Net dalk maak dit 'n verskil...net dalk...
Go TED!!
:)
Re: Die brein [boodskap #116845 is 'n antwoord op boodskap #116840] Wo, 09 April 2008 21:58 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf

> Ek reken soms iemand moet aan mense soos die vrou gaan vertel om
> bietjie daai boodskap aande op die strate van Kolkatta of Orange Farm
> te gaan oordra.

Toemaar, in Calcutta is en word die boodskap
duidelik gehoor. Toe Mother Theresa sterf, toe
bied die Hindu-regering vir haar Katolieke
kerk 'n staatsbegrafnis aan.

Gloudina
Vorige onderwerp: Apartheid-otte (nuwe weergawe van varke)
Volgende onderwerp: Berouw (tawbah)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:56:17 MGT 2024