Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Tersiene " deur ELISABETH EYBERS
" Tersiene " deur ELISABETH EYBERS [boodskap #116741] Mon, 24 March 2008 22:22
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tersiene

Elisabeth Eybers

Reeds oor die drumpel het my seun, wat hyg,

skool toe, van haastigheid, weer vasgesteek:

'Bestel dit tog vandag van die apteek-'

Sy stem, nou skor dan skraal, het yl gestyg:

'die roulynolie vir my krieketkolf!'

'Onthou!' roep hy, maar hoe kan ek vergeet

Eggo-deurtrek, al grom die honger wolf

van onvoltooide take, sing die kreet

om roulynolie vir my krieketkolf.

Roerloos sit ek voor my geslote boek:

as soveel ongesogte harmonie

gesluit word in 'n simpele versoek,

wat baat beoefening van prosodie?

Geen lettergrepe wat om voorrang stoei

in weersydse verset en kompromie

het ooit in gouer, gladder stroom gevloei

as roulynolie, klinkerryk; geen knal

was nog so klaar as krieketkolf. Hoe sal

my vers ooit weer volwasse word? Daar golf

geen skoner jambes in my moedertaal

as roulynolie vir my krieketkolf!
Vorige onderwerp: Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Bloubaard verwelkom sy vrou " deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 19:46:08 UTC 2024