Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dave, ek dink dis nou genoeg
Dave, ek dink dis nou genoeg [boodskap #116721] Di, 18 Maart 2008 12:31 na volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is seker ons almal weet teen die tyd wat jy probeer sê deur
artikels wat elders op die web beskikbaar is hier the reproduseer.
Waarom probeer jy een persoon oortuig deur die forum te hijack met al
die plasings? As dit bloot jou intensie is om ander bewus te maak van
wat in SA aangaan, dan hoef jy net een bydrae te plaas met die
verskeie links na die oorsponklike artikels toe. Dan is jy ten minste
ook aan die veilige kant wat kopiereg betref.
Jy behoort tog beter as meeste mense te besef dat dit nie die manier
is om 'n gespreksforum te bedryf nie. As jy 'n spesifieke artikel wil
bespreek, plaas dit, of selfs beter, plaas 'n opsomming daarvan tesame
met jou kritiek. Jy (en vele ander) het dit al so baie in die verlede
gedoen en dit het nog altyd 'n goeie debat aan die gang gesit. Maar
kyk nou hoeveel mense gee enige terugvoering op enige van jou vele
artikels wat sonder enige kommentaar van jou af net so geplaas word.
Ek het self ook geen probleem met die plasing van 'n Englese artikel
nie mits die doel daarvan is om 'n gesprek aan die gang te sit wat dan
natuurlik meeste van die tyd in Afrikaans sal plaasvind. Ek het ook
geen probleem met 'n paar mense wat dit verkies om dan hul opinies in
Engels of selfs Nederlands te lug nie. Dit is die uitsondering en
(amper) niemand hier is so dof om dit nie te verstaan nie.
En nee ek is nie die moderator of eienaar van hierdie forum nie maar
soos vele ander geniet ek dit om so af en toe hier in te loer. As 'n
gesprek interessant genoeg is, die deelnemers nie op mekaar skree nie,
en ek het 'n opinie daaroor, dan sal ek dit selfs oorweeg om 'n bydrae
te maak. Ek vind dit net oorbodig om alles wat ek alreeds op News24 en
ander websites gelees het weereens hier te sien sonder dat daar eers
enige kommentaar gelewer is deur die oorsproklike poster.
As ek dan ook die enigste een is wat voel jou plasings is bietjie
oorbodig, dan sal ek myself seker maar daarby moet berus. Of beter,
dalk myself daarby aanpas en dieselfde begin doen.
Re: Dave, ek dink dis nou genoeg [boodskap #116722 is 'n antwoord op boodskap #116721] Di, 18 Maart 2008 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Mar, 13:38, Dave wrote:
> 'McBride's witnesses will lie'
>
> Asked if all 13 are liars, Sagatheven said yes, "they are all liars
> they are trying to protect themselves from victimisation".

Dankie! Dit was nou baie volwasse van jou.
As jy tyd het, lees asseblief weer wat ek gepos het. Dit was nie 'n
persoonlike aanval nie!
Re: Dave, ek dink dis nou genoeg [boodskap #116732 is 'n antwoord op boodskap #116721] Wo, 19 Maart 2008 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

> Ek is seker ons almal weet teen die tyd wat jy probeer sê deur
> artikels wat elders op die web beskikbaar is hier the reproduseer.
> Waarom probeer jy een persoon oortuig deur die forum te hijack met al
> die plasings?

Jottie, ek wil dankiesê dat jy nog altyd wys
dat daar ander soort mense op die nuusgroep
lees as Dave, wat vir almal keelvol maak. Ek
is nie die eerste een met wie hy 'n vete gehad
het deur die jare nie.
Ek neem aan as jy praat van " een persoon
oortuig" dan dink jy Dave probeer om my te
oortuig. Die ironie is natuurlik dat ek nie een
van sy poste in Engels lees nie. Ek lees
gereeld Afrikaanse koerante op die internet.
Ek wens jy wil meer gereeld poste
op die nuusgroep maak. Ek sou enigiets
wat jy sê baie ernstig opneem.

Gloudina
Re: Dave, ek dink dis nou genoeg [boodskap #116733 is 'n antwoord op boodskap #116732] Wo, 19 Maart 2008 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Mar, 18:34, Hessie wrote:
> Jottie skryf
>
>> Ek is seker ons almal weet teen die tyd wat jy probeer sê deur
>> artikels wat elders op die web beskikbaar is hier the reproduseer.
>> Waarom probeer jy een persoon oortuig deur die forum te hijack met al
>> die plasings?
>
> Jottie, ek wil dankiesê dat jy nog altyd wys
> dat daar ander soort mense op die nuusgroep
> lees as Dave, wat vir almal keelvol maak. Ek
> is nie die eerste een met wie hy 'n vete gehad
> het deur die jare nie.
> Ek neem aan as jy praat van " een persoon
> oortuig" dan dink jy Dave probeer om my te
> oortuig. Die ironie is natuurlik dat ek nie een
> van sy poste in Engels lees nie. Ek lees
> gereeld Afrikaanse koerante op die internet.
> Ek wens jy wil meer gereeld poste
> op die nuusgroep maak. Ek sou enigiets
> wat jy sê baie ernstig opneem.
>
> Gloudina

Dave is ook nie die eerste een op die groep met wie jy 'n vete gehad
het deur die jare nie. Ek hoef jou nie te herinner nie.
Gloudina, ek oordeel niemand op hierdie groep nie. Ek vind dit net
uiters kinderagtig wanneer 2 mense se argument met mekaar tot so
uiterste gaan dat alle ander daardeur geraak word.
En wanneer mens van opinie verskil, kan mens dit mos nogsteeds soos
beskaafde mense aanvaar. Agree to disagree... en gaan aan met die
lewe. Dink net hoeveel onderwerpe daar is waarmee jy en Dave of jy en
Ferdi of jy en Torreke of jy en Suidwester wel sal kan saamstem en
lekker kan gesels. Hel, ek sou nooit kon dink daai laaste twee sou
ooit studentestories met mekaar kon deel nie!! Ek het nogal daai draad
geniet. Dit wys net waartoe mens in staat is as jy doelbewus die goeie
in 'n ander probeer raaksien en verby die verskille kyk. Dit vat dalk
tyd voor mens daai goeie raaksien, maar dit kos niks.
Re: Dave, ek dink dis nou genoeg [boodskap #116734 is 'n antwoord op boodskap #116733] Wo, 19 Maart 2008 21:00 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jottie skryf

> Dave is ook nie die eerste een op die groep met wie jy 'n vete gehad
> het deur die jare nie. Ek hoef jou nie te herinner nie.

Ek neem wat jy skryf ernstig op. Ek weet wat
jy bedoel.
Ek hoop egter dat jy ook sal kan sien wat
ek as my funksie op hierdie nuusgroep sien.
Ek is ouer as meeste van julle. Ek was in
SA in die vroeë dae van apartheid en het
gesien watter bedorwende invloed sekere
soort denke in die Afrikaner aangewakker
het. Ek was gelukkig buite SA toe daardie
denke vrugte gedra het en daar oorloë op
die grense uitgebreek het en in die strate
van Soweto. Ek was ongelukkig ook onder
skoot hier in die buiteland, gekritiseer deur
elke Jan Rap en sy maat oor "wat in SA
aangaan." Ek voel dit dus as my roeping
om, in Afrikaans, hierdie bedorwenheid
aan die kaak te stel.
Ek dink jy maak 'n fout as jy dink
dat ek 'n vete met Suidwester het. Daar
was 'n tyd toe hy vetes met almal gehad
het. Maar deesdae is hy baie gebalanseerd,
en is wat hy skryf baie interessant. Die
prent wat hy van Namibië teken, kan my
laat sien hoekom Brad en Angelina dit
gekies het vir hulle laaste kind se
geboorteplek.
In alle geval, ek hoop om meer
aktiewe deelnames van jou op die nuusgroep
te sien. Op die oomblik word dit lamgelê deur
die vloed van Engels, wat ek seker is niemand
in SA lees nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Suidwester
Volgende onderwerp: Praktiese toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 12:21:34 MGT 2024