Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ...maar hy is misdaadvoos en wil vlug
...maar hy is misdaadvoos en wil vlug [boodskap #116705] Ma, 17 Maart 2008 13:11
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
...maar hy is misdaadvoos en wil vlug
Mar 16 2008 09:20:21:883PM - (SA)

Man 'in toestand' ná hy rower op erf skiet

Annelene Moses, André Damons< en en Herman Scholtzbr/>

“Ek is byna bereid om my huis weg te gee. Ons wil vlug, maar ons weet
nie waarheen nie.”

Só het mnr. Jack Ludick van Constantia Kloof, Roodepoort, “wat steeds
in vrees leef” gister gesê nadat rowers verlede week sy bakkie wou
steel en by sy huis wou inkom.

Hy het een van die vermeende rowers wat op hom geskiet het,
doodgeskiet.

“Ek kan myself dit nie indink dat ek iemand anders se lewe geneem het
nie. Ons is kerkmense en probeer altyd die regte ding doen. Dit gaan
baie sleg en ek weet nie hoe ons 'n oog hierna gaan toemaak nie,” het
Ludick kort ná die voorval gesê.

Die vier mans, waarvan glo net een gewapen was, het probeer om dié
sakeman se Toyota Hilux te steel en het skote op hom gevuur. Een van
die rowers is in die heup gewond en hul makkers het weggekom.

Volgens insp. Karen Jacobs, polisiewoordvoerder, word sake van moord
en poging tot moord teen hom ondersoek, sowel as poging tot moord en
diefstal teen die rowers.

Jacobs het gesê Ludick het kort ná 06:00 sy huisalarm gehoor afgaan en
uit die bed opgestaan om ondersoek in te stel. Toe hy buite kom, het
hy twee mans in sy bakkie gesien sit. Om die draai was nóg 'n man wat
'n vuurwapen op hom gerig het.

Die skurke het die bakkie aangeskakel en die eienaar was op sy balkon
op die eerste verdieping, terwyl hulle met sy bakkie in die oprit
agteruit gery het. Die gesin se ander twee motors se bande was
stukkend gesteek.

“Dit was beslis 'n beplande rooftog. Ons het eers na die tyd besef die
veiligheidsligte is vroeër die week stukkend geslaan en daar is met
die alarm gepeuter.

“As hulle maar net die bakkie wou vat en wegry, maar die alarm het
eers afgegaan toe hulle by die huis wou inkom.

“Die een wat die vuurwapen gehad het, het reg voor my balkon kom staan
en op my begin skiet. Ek het teruggeskiet en hom gewond,” het hy
gister gesê.

Volgens mnr. Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, is die
gewonde man op die toneel behandel en onder polisiebewaking na die
hospitaal geneem.

Ludick het aan Beeld gesê hy het reeds sy huis in die mark gesit en
sodra dit verkoop is, gaan hulle na die Wes-Kaap verhuis.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2289319,00. html
Vorige onderwerp: Re: In Zuid-Afrika worden elke dag blanken vermoord, door zwarten. Waarom doet het Westen niets?
Volgende onderwerp: Onteiening dalk nie tot landbou beperk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 06:07:54 MGT 2024