Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bly in Suid-Afrika, vra Zuma op geselligheid met Solidariteit
Bly in Suid-Afrika, vra Zuma op geselligheid met Solidariteit [boodskap #116554] Sa, 08 Maart 2008 20:34 na volgende boodskap
MoN[3]  is tans af-lyn  MoN[3]
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Junior Lid
PRETORIA. - Moenie die land verlaat nie, bly hier sodat ons jul probleme kan
deurtrap en oplos.
Dít was Donderdagaand die boodskap van mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, op 'n
geselligheid van die vakbond Solidariteit in Centurion waar veral kwessies
soos die uitwerking van misdaad en regstellende aksie aangeroer is.
"Beleid is nie soos die Tien Gebooie nie. Dit kan verander as dit
diskrimineer," het Zuma oor regstellende aksie gesê.

http://www.dieburger.com/Stories/News/17.0.202009722.aspx
Re: Bly in Suid-Afrika, vra Zuma op geselligheid met Solidariteit [boodskap #116555 is 'n antwoord op boodskap #116554] Sa, 08 Maart 2008 21:37 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Sat, 8 Mar 2008 21:34:14 +0100, "MoN" wrote:
> PRETORIA. - Moenie die land verlaat nie, bly hier sodat ons jul probleme kan
> deurtrap en oplos.
> Dít was Donderdagaand die boodskap van mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, op 'n
> geselligheid van die vakbond Solidariteit in Centurion waar veral kwessies
> soos die uitwerking van misdaad en regstellende aksie aangeroer is.
> "Beleid is nie soos die Tien Gebooie nie. Dit kan verander as dit
> diskrimineer," het Zuma oor regstellende aksie gesê.
>

My dogter probeer ons oorreed om saam te emigreer na Australië.
Ons wil nie. Ons is kompleet onafhanklik hier en bly op een van die
mooiste plekke in die wêreld. Ons wil nie emigreer en dan by die
venster uitkyk, en net rye en rye ander huise sien, en terug dink
aan waar ons hier gewoon het nie. Ons wil nie dollars koop met rande
nie.

Vandag het my vrou ek ek weer daaroor gesels. Oor die feit dat, as SA
'n Zimbabwe word, ons biljoeners gaan wees. Ons eiendomme gaan
biljoene rande werd wees. En ons gaan miljoene rande in ons beursies
dra.

Brood gaan honderde duisende rande kos. Petrol sal op die swart mark
te kry wees vir duisende rande. Ons sal kerse moet gebruik en dié sal
duur wees.

Ek wil nie emmigreer nie maar ek wil ook nie 'n ZimFrikaanse biljoener
wees nie.

Vir eers sal ons maar net in Aus gaan kuier.

Groetnis uit die sub-tropiese Durban (23-31°C)

Dave Gates
Vorige onderwerp: Waar is die basuinblasers nou
Volgende onderwerp: Die Kovsie Video
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 21:49:46 MGT 2024