Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Artikel deur Johann Rossouw
Artikel deur Johann Rossouw [boodskap #116401] |
Sun, 24 February 2008 14:48 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
By: Is dit tyd om te emigreer?
Feb 22 2008 04:07:20:490PM - (SA)
Johann Rossouw
Hoe jy op hierdie vraag antwoord, hang af van wie jy is: hoeveel jy
verdien, watter beroep jy beoefen, tot watter kultuurgroep jy behoort
en dies meer.
Te oordeel na die aandag wat die vraag oor emigrasie die laaste weke
in sowel die media as in die alledaagse omgang geniet, is dit duidelik
dat dit (weer) intens bespreek word in die geledere van een van die
belangrikste groeperings vir Suid-Afrika se toekoms: Afrikaners in die
beroeps- of sake?wêreld.
Probeer 'n mens die vraag uit die oogpunt van dié groepering
beantwoord, kan die faktore wat oorweeg kan word, in twee groepe
verdeel word: dié wat met die nasionale omgewing te make het, en dié
wat met dié groepering se kleiner kulturele omgewing te make het.
WAT die nasionale omgewing betref: Een van die misleidendste mites wat
die afgelope 15 jaar of wat geskep is, is dat die jaar 1994 neergekom
het op 'n dramatiese omwenteling en 'n nuwe begin vir Suid-Afrika.
Natuurlik wás 1994 in vele opsigte die begin van 'n nuwe era, waar
almal in beginsel gelyke regte geniet, waar gereelde verkiesings gehou
word, waar die hoofstroom-ekonomie jaar ná jaar goed gegroei het, waar
groter vryheid van spraak gevestig is, ensovoorts.
Maar sekere dinge het nie verander nie: Die land bly afhanklik van
buitelandse beleggings; die gaping tussen ryk en arm is nie verklein
nie; een uit twee Suid-Afrikaners leef in wisselende grade van
armoede; en rassespanning bly hoog.
Boonop het dienslewering verswak; die erkenning van minderhede
agteruitgegaan; geweld minstens konstant gebly, indien nie vererger
nie; die vigskrisis vererger; en nuwe vorme van rassediskriminasie
verskyn.
Daar is twee belangrike konstantes. Eerstens is een rasbewuste
nasionalistiese party (die NP) met 'n ander vervang (die ANC).
Tweedens bly Suid-Afrika wesenlik 'n land met 'n koloniale struktuur,
waar politieke en ekonomiese mag bly in die hande van klein
groeperings wat in die naam van die meerderheid optree as
tussengangers met daardie lande en korporasies wat enorme belange by
die land se minerale en die Kaapse seeroete het.
Die afgelope twee eeue word hierdie kolo?niale struktuur in Suid-
Afrika gehandhaaf.
Wie ook al beheer oor die staat het, moet twee dinge kan doen: die
belange van buitelandse beleggers en die groot sakesektor waarborg; en
die minimum binnelandse stabiliteit handhaaf te midde van groot
klasse- en rassespanning.
As die regering van die dag nie meer hierdie twee dinge kan doen nie,
is sy tyd verby: Dít is wat met die NP aan die einde van die 1980's
gebeur het, en die ANC is vinnig op pad soontoe.
Die groeiende stemming téén die ANC onder mnr. Jacob Zuma in die
Britse media is een teken hiervan.
OPEENVOLGENDE regerings die afgelope twee eeue het almal een strategie
met groot welslae toegepas om stabiliteit in 'n onmenslike samelewing
te waarborg, naamlik om Suid-Afrika se gemeenskappe te verdeel en oor
hulle te heers.
Die tydperk waarin dié strategie waarskynlik die beste ondermyn is,
was tydens die hoogtepunt van die anti-apartheidsbeweging in die
1980's.
Buitelands het die ANC sy grootste prestasie behaal, naamlik om Suid-
Afrika se vernaamste beleggers te oortuig die NP kan hul belange nie
meer waarborg nie. Binnelands het die United Democratic Front en die
breër anti-apartheidsbeweging Suid-Afrikaners oor die tradisionele
verdelingslyne heen teen die NP verenig.
Omdat die NP nooit die wesenlike koloniale struktuur van die land
gewysig het nie - buiten om sy eie ondersteunerskorps op ekonomiese
vlak daarby in te lyf - het die strukturele onstabiliteit wat die land
sal bly kenmerk totdat 'n beter samelewing vir almal geskep word, hom
ná sowat 40 jaar van regering begin inhaal.
Sedertdien het die vrye vloei van inligting, asook die
lewenskragtigheid van die burgerlike samelewing, nou verseker dat die
ANC skaars 15 jaar ná sy eie magsoorname hom op dieselfde krisispunt
as die NP bevind.
Vanselfsprekend sal dit met groter onstabiliteit op kort termyn
gepaardgaan, waarvan die verkiesing van 'n nuwe ANC-leierskorps en die
Eskom-krisis saam met misdaad en swak dienslewering nou aspekte is.
Maar daar is hoop: As genoeg Suid-Afrikaners betrokke begin raak en
saamstaan, verenig in die besef dat die eintlike gesprek oor 'n nuwe
visie vir Suid-Afrika nó? eers begin, kan die land in die volgende
twee dekades werklik vernuwe word.
'n Struktuur wat twee eeue oud is, verander nie oornag nie.
Wat belangrik is, is om te onthou dat die ANC in feite gewoon die
swart teenhanger van die NP is, en dat die lomp beleid waaronder die
land nou gebuk gaan, nog 'n produk van ons verlede is.
Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging gaan nog vir die
ANC word wat instromingsbeheer en beskermde nywerhede vir die NP was:
Albei beleidsrigtings berus op 'n rasselogika in 'n ekonomie wat ver
verby ras geïntegreer is, ook internasionaal.
WAAR laat dit beroeps- en sake-Afrikaners? Dié groepering het eintlik
een van twee betreklik eenvoudige maar moeilike keuses.
Die een uitweg is emigrasie. Dít beteken op die oog af gewoonlik twee
dinge: aan die een kant veiligheid en welvaart, aan die ander kant
nimmereindigende verlange na hierdie land en die redelik vinnige
verlies van taal en kultuur, veral onder hul kinders.
Die ander moontlikheid is om hier te bly en Suid-Afrika werklik te
help verander in 'n gemeenskap van gemeenskappe, waar ons elkeen
onsself binne 'n groter "ons" mag wees.
Om dít te doen, is minstens twee dinge nodig. Eerstens moet Afrikaners
van alle oortuigings en inkomstevlakke soek na 'n gesamentlike visie
van selfstandigheid en demokrasie as gemeenskap. Sakelui en burgerlike
instellings moet mekaar ondersteun om hierdie visie te ontwikkel en in
ons gemeenskap te vestig.
Tweedens moet Afrikaners terselfdertyd hul fiksasie op die sentrum
(die regering, grootsake) laat vaar en eerder "van onder af" en
"vanuit die rand" saam met ander gemeenskappe inspring om 'n beter
land te skep, bevry van ras-ondernemers en ideoloë.
Dít sal 'n land wees waar die armstes en swakstes sowel kultureel as
materieel deur die rykes en die sterkes ontmoet word.
In die meer as 350 jaar dat Afrikaners as groep bestaan, het ons ons
heil vir minder as 50 jaar aan die sentrum toevertrou: in die tydperk
tussen 1948 en 1994, waarvan die laste vir ons al hoe groter as die
winste word.
Ons kan met vrug leer uit die ander drie eeue van hoe om saam met ons
mede-Suid-Afrikaners 'n nuwe land te bou.
Dit sal nie maklik wees nie, maar dit is uiteindelik die beste manier
om onsself te mag bly en word.
|
|
|
Re: Artikel deur Johann Rossouw [boodskap #116404 is 'n antwoord op boodskap #116401] |
Sun, 24 February 2008 17:29 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, Hessie, en jy's natuurlik net die regte persoon om Johann Rossouw
se siening hier te plaas! - jy kan bekostig om te praat!!!
Hessie wrote:
> By: Is dit tyd om te emigreer?
> Feb 22 2008 04:07:20:490PM - (SA)
>
> Johann Rossouw
>
> Hoe jy op hierdie vraag antwoord, hang af van wie jy is: hoeveel jy
> verdien, watter beroep jy beoefen, tot watter kultuurgroep jy behoort
> en dies meer.
>
> Te oordeel na die aandag wat die vraag oor emigrasie die laaste weke
> in sowel die media as in die alledaagse omgang geniet, is dit duidelik
> dat dit (weer) intens bespreek word in die geledere van een van die
> belangrikste groeperings vir Suid-Afrika se toekoms: Afrikaners in die
> beroeps- of sake?wêreld.
>
> Probeer 'n mens die vraag uit die oogpunt van dié groepering
> beantwoord, kan die faktore wat oorweeg kan word, in twee groepe
> verdeel word: dié wat met die nasionale omgewing te make het, en dié
> wat met dié groepering se kleiner kulturele omgewing te make het.
>
> WAT die nasionale omgewing betref: Een van die misleidendste mites wat
> die afgelope 15 jaar of wat geskep is, is dat die jaar 1994 neergekom
> het op 'n dramatiese omwenteling en 'n nuwe begin vir Suid-Afrika.
>
> Natuurlik wás 1994 in vele opsigte die begin van 'n nuwe era, waar
> almal in beginsel gelyke regte geniet, waar gereelde verkiesings gehou
> word, waar die hoofstroom-ekonomie jaar ná jaar goed gegroei het, waar
> groter vryheid van spraak gevestig is, ensovoorts.
>
> Maar sekere dinge het nie verander nie: Die land bly afhanklik van
> buitelandse beleggings; die gaping tussen ryk en arm is nie verklein
> nie; een uit twee Suid-Afrikaners leef in wisselende grade van
> armoede; en rassespanning bly hoog.
>
> Boonop het dienslewering verswak; die erkenning van minderhede
> agteruitgegaan; geweld minstens konstant gebly, indien nie vererger
> nie; die vigskrisis vererger; en nuwe vorme van rassediskriminasie
> verskyn.
>
> Daar is twee belangrike konstantes. Eerstens is een rasbewuste
> nasionalistiese party (die NP) met 'n ander vervang (die ANC).
>
> Tweedens bly Suid-Afrika wesenlik 'n land met 'n koloniale struktuur,
> waar politieke en ekonomiese mag bly in die hande van klein
> groeperings wat in die naam van die meerderheid optree as
> tussengangers met daardie lande en korporasies wat enorme belange by
> die land se minerale en die Kaapse seeroete het.
>
> Die afgelope twee eeue word hierdie kolo?niale struktuur in Suid-
> Afrika gehandhaaf.
>
> Wie ook al beheer oor die staat het, moet twee dinge kan doen: die
> belange van buitelandse beleggers en die groot sakesektor waarborg; en
> die minimum binnelandse stabiliteit handhaaf te midde van groot
> klasse- en rassespanning.
>
> As die regering van die dag nie meer hierdie twee dinge kan doen nie,
> is sy tyd verby: Dít is wat met die NP aan die einde van die 1980's
> gebeur het, en die ANC is vinnig op pad soontoe.
>
> Die groeiende stemming téén die ANC onder mnr. Jacob Zuma in die
> Britse media is een teken hiervan.
>
> OPEENVOLGENDE regerings die afgelope twee eeue het almal een strategie
> met groot welslae toegepas om stabiliteit in 'n onmenslike samelewing
> te waarborg, naamlik om Suid-Afrika se gemeenskappe te verdeel en oor
> hulle te heers.
>
> Die tydperk waarin dié strategie waarskynlik die beste ondermyn is,
> was tydens die hoogtepunt van die anti-apartheidsbeweging in die
> 1980's.
>
> Buitelands het die ANC sy grootste prestasie behaal, naamlik om Suid-
> Afrika se vernaamste beleggers te oortuig die NP kan hul belange nie
> meer waarborg nie. Binnelands het die United Democratic Front en die
> breër anti-apartheidsbeweging Suid-Afrikaners oor die tradisionele
> verdelingslyne heen teen die NP verenig.
>
> Omdat die NP nooit die wesenlike koloniale struktuur van die land
> gewysig het nie - buiten om sy eie ondersteunerskorps op ekonomiese
> vlak daarby in te lyf - het die strukturele onstabiliteit wat die land
> sal bly kenmerk totdat 'n beter samelewing vir almal geskep word, hom
> ná sowat 40 jaar van regering begin inhaal.
>
> Sedertdien het die vrye vloei van inligting, asook die
> lewenskragtigheid van die burgerlike samelewing, nou verseker dat die
> ANC skaars 15 jaar ná sy eie magsoorname hom op dieselfde krisispunt
> as die NP bevind.
>
> Vanselfsprekend sal dit met groter onstabiliteit op kort termyn
> gepaardgaan, waarvan die verkiesing van 'n nuwe ANC-leierskorps en die
> Eskom-krisis saam met misdaad en swak dienslewering nou aspekte is.
>
> Maar daar is hoop: As genoeg Suid-Afrikaners betrokke begin raak en
> saamstaan, verenig in die besef dat die eintlike gesprek oor 'n nuwe
> visie vir Suid-Afrika nê? eers begin, kan die land in die volgende
> twee dekades werklik vernuwe word.
>
> 'n Struktuur wat twee eeue oud is, verander nie oornag nie.
>
> Wat belangrik is, is om te onthou dat die ANC in feite gewoon die
> swart teenhanger van die NP is, en dat die lomp beleid waaronder die
> land nou gebuk gaan, nog 'n produk van ons verlede is.
>
> Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging gaan nog vir die
> ANC word wat instromingsbeheer en beskermde nywerhede vir die NP was:
> Albei beleidsrigtings berus op 'n rasselogika in 'n ekonomie wat ver
> verby ras geïntegreer is, ook internasionaal.
>
> WAAR laat dit beroeps- en sake-Afrikaners? Dié groepering het eintlik
> een van twee betreklik eenvoudige maar moeilike keuses.
>
> Die een uitweg is emigrasie. Dít beteken op die oog af gewoonlik twee
> dinge: aan die een kant veiligheid en welvaart, aan die ander kant
> nimmereindigende verlange na hierdie land en die redelik vinnige
> verlies van taal en kultuur, veral onder hul kinders.
>
> Die ander moontlikheid is om hier te bly en Suid-Afrika werklik te
> help verander in 'n gemeenskap van gemeenskappe, waar ons elkeen
> onsself binne 'n groter "ons" mag wees.
>
> Om dít te doen, is minstens twee dinge nodig. Eerstens moet Afrikaners
> van alle oortuigings en inkomstevlakke soek na 'n gesamentlike visie
> van selfstandigheid en demokrasie as gemeenskap. Sakelui en burgerlike
> instellings moet mekaar ondersteun om hierdie visie te ontwikkel en in
> ons gemeenskap te vestig.
>
> Tweedens moet Afrikaners terselfdertyd hul fiksasie op die sentrum
> (die regering, grootsake) laat vaar en eerder "van onder af" en
> "vanuit die rand" saam met ander gemeenskappe inspring om 'n beter
> land te skep, bevry van ras-ondernemers en ideolo�.
>
> Dít sal 'n land wees waar die armstes en swakstes sowel kultureel as
> materieel deur die rykes en die sterkes ontmoet word.
>
> In die meer as 350 jaar dat Afrikaners as groep bestaan, het ons ons
> heil vir minder as 50 jaar aan die sentrum toevertrou: in die tydperk
> tussen 1948 en 1994, waarvan die laste vir ons al hoe groter as die
> winste word.
>
> Ons kan met vrug leer uit die ander drie eeue van hoe om saam met ons
> mede-Suid-Afrikaners 'n nuwe land te bou.
>
> Dit sal nie maklik wees nie, maar dit is uiteindelik die beste manier
> om onsself te mag bly en word.
|
|
|
Re: Artikel deur Johann Rossouw [boodskap #116405 is 'n antwoord op boodskap #116401] |
Sun, 24 February 2008 18:08 |
Torreke[1]
Boodskappe: 423 Geregistreer: February 2008
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tim du Plessis en Rapport probeer ook beduie, soos Johann Rossouw, dat
die ANC se rasse-ideologie 'n vroee dood gaan sterf.
Jammer, maar ek sien geen teken daarvan nie. Eskom het nou
Solidariteit gevra om hulle aan kundiges ongeag ras of kleur te help
om die gemors te help opruim, maar ek dink dt beteken gladnie die
einde van AA soos Solidariteit dink nie.
Daar's geen teken dat die massas hulle rug op die ANC gaan draai of
hande vat om die nuwe onreg wat deur AA geskep word uit te smyt nie.
Daar's geen teken dat die ANC uit sy foute geleer het en dramaties 'n
koersverandering sal aankondig nie.
Nee, die verkiesing van JZ en goedkeuring wat hy aan die Swart
Joernaliste Forum se uitjaag van wit joernaliste gegee het, dui gewoon
in 'n ander rigting.
Hessie wrote:
> By: Is dit tyd om te emigreer?
> Feb 22 2008 04:07:20:490PM - (SA)
>
> Johann Rossouw
>
> Hoe jy op hierdie vraag antwoord, hang af van wie jy is: hoeveel jy
> verdien, watter beroep jy beoefen, tot watter kultuurgroep jy behoort
> en dies meer.
>
> Te oordeel na die aandag wat die vraag oor emigrasie die laaste weke
> in sowel die media as in die alledaagse omgang geniet, is dit duidelik
> dat dit (weer) intens bespreek word in die geledere van een van die
> belangrikste groeperings vir Suid-Afrika se toekoms: Afrikaners in die
> beroeps- of sake?wêreld.
>
> Probeer 'n mens die vraag uit die oogpunt van dié groepering
> beantwoord, kan die faktore wat oorweeg kan word, in twee groepe
> verdeel word: dié wat met die nasionale omgewing te make het, en dié
> wat met dié groepering se kleiner kulturele omgewing te make het.
>
> WAT die nasionale omgewing betref: Een van die misleidendste mites wat
> die afgelope 15 jaar of wat geskep is, is dat die jaar 1994 neergekom
> het op 'n dramatiese omwenteling en 'n nuwe begin vir Suid-Afrika.
>
> Natuurlik wás 1994 in vele opsigte die begin van 'n nuwe era, waar
> almal in beginsel gelyke regte geniet, waar gereelde verkiesings gehou
> word, waar die hoofstroom-ekonomie jaar ná jaar goed gegroei het, waar
> groter vryheid van spraak gevestig is, ensovoorts.
>
> Maar sekere dinge het nie verander nie: Die land bly afhanklik van
> buitelandse beleggings; die gaping tussen ryk en arm is nie verklein
> nie; een uit twee Suid-Afrikaners leef in wisselende grade van
> armoede; en rassespanning bly hoog.
>
> Boonop het dienslewering verswak; die erkenning van minderhede
> agteruitgegaan; geweld minstens konstant gebly, indien nie vererger
> nie; die vigskrisis vererger; en nuwe vorme van rassediskriminasie
> verskyn.
>
> Daar is twee belangrike konstantes. Eerstens is een rasbewuste
> nasionalistiese party (die NP) met 'n ander vervang (die ANC).
>
> Tweedens bly Suid-Afrika wesenlik 'n land met 'n koloniale struktuur,
> waar politieke en ekonomiese mag bly in die hande van klein
> groeperings wat in die naam van die meerderheid optree as
> tussengangers met daardie lande en korporasies wat enorme belange by
> die land se minerale en die Kaapse seeroete het.
>
> Die afgelope twee eeue word hierdie kolo?niale struktuur in Suid-
> Afrika gehandhaaf.
>
> Wie ook al beheer oor die staat het, moet twee dinge kan doen: die
> belange van buitelandse beleggers en die groot sakesektor waarborg; en
> die minimum binnelandse stabiliteit handhaaf te midde van groot
> klasse- en rassespanning.
>
> As die regering van die dag nie meer hierdie twee dinge kan doen nie,
> is sy tyd verby: Dít is wat met die NP aan die einde van die 1980's
> gebeur het, en die ANC is vinnig op pad soontoe.
>
> Die groeiende stemming téén die ANC onder mnr. Jacob Zuma in die
> Britse media is een teken hiervan.
>
> OPEENVOLGENDE regerings die afgelope twee eeue het almal een strategie
> met groot welslae toegepas om stabiliteit in 'n onmenslike samelewing
> te waarborg, naamlik om Suid-Afrika se gemeenskappe te verdeel en oor
> hulle te heers.
>
> Die tydperk waarin dié strategie waarskynlik die beste ondermyn is,
> was tydens die hoogtepunt van die anti-apartheidsbeweging in die
> 1980's.
>
> Buitelands het die ANC sy grootste prestasie behaal, naamlik om Suid-
> Afrika se vernaamste beleggers te oortuig die NP kan hul belange nie
> meer waarborg nie. Binnelands het die United Democratic Front en die
> breër anti-apartheidsbeweging Suid-Afrikaners oor die tradisionele
> verdelingslyne heen teen die NP verenig.
>
> Omdat die NP nooit die wesenlike koloniale struktuur van die land
> gewysig het nie - buiten om sy eie ondersteunerskorps op ekonomiese
> vlak daarby in te lyf - het die strukturele onstabiliteit wat die land
> sal bly kenmerk totdat 'n beter samelewing vir almal geskep word, hom
> ná sowat 40 jaar van regering begin inhaal.
>
> Sedertdien het die vrye vloei van inligting, asook die
> lewenskragtigheid van die burgerlike samelewing, nou verseker dat die
> ANC skaars 15 jaar ná sy eie magsoorname hom op dieselfde krisispunt
> as die NP bevind.
>
> Vanselfsprekend sal dit met groter onstabiliteit op kort termyn
> gepaardgaan, waarvan die verkiesing van 'n nuwe ANC-leierskorps en die
> Eskom-krisis saam met misdaad en swak dienslewering nou aspekte is.
>
> Maar daar is hoop: As genoeg Suid-Afrikaners betrokke begin raak en
> saamstaan, verenig in die besef dat die eintlike gesprek oor 'n nuwe
> visie vir Suid-Afrika nê? eers begin, kan die land in die volgende
> twee dekades werklik vernuwe word.
>
> 'n Struktuur wat twee eeue oud is, verander nie oornag nie.
>
> Wat belangrik is, is om te onthou dat die ANC in feite gewoon die
> swart teenhanger van die NP is, en dat die lomp beleid waaronder die
> land nou gebuk gaan, nog 'n produk van ons verlede is.
>
> Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging gaan nog vir die
> ANC word wat instromingsbeheer en beskermde nywerhede vir die NP was:
> Albei beleidsrigtings berus op 'n rasselogika in 'n ekonomie wat ver
> verby ras geïntegreer is, ook internasionaal.
>
> WAAR laat dit beroeps- en sake-Afrikaners? Dié groepering het eintlik
> een van twee betreklik eenvoudige maar moeilike keuses.
>
> Die een uitweg is emigrasie. Dít beteken op die oog af gewoonlik twee
> dinge: aan die een kant veiligheid en welvaart, aan die ander kant
> nimmereindigende verlange na hierdie land en die redelik vinnige
> verlies van taal en kultuur, veral onder hul kinders.
>
> Die ander moontlikheid is om hier te bly en Suid-Afrika werklik te
> help verander in 'n gemeenskap van gemeenskappe, waar ons elkeen
> onsself binne 'n groter "ons" mag wees.
>
> Om dít te doen, is minstens twee dinge nodig. Eerstens moet Afrikaners
> van alle oortuigings en inkomstevlakke soek na 'n gesamentlike visie
> van selfstandigheid en demokrasie as gemeenskap. Sakelui en burgerlike
> instellings moet mekaar ondersteun om hierdie visie te ontwikkel en in
> ons gemeenskap te vestig.
>
> Tweedens moet Afrikaners terselfdertyd hul fiksasie op die sentrum
> (die regering, grootsake) laat vaar en eerder "van onder af" en
> "vanuit die rand" saam met ander gemeenskappe inspring om 'n beter
> land te skep, bevry van ras-ondernemers en ideoloë.
>
> Dít sal 'n land wees waar die armstes en swakstes sowel kultureel as
> materieel deur die rykes en die sterkes ontmoet word.
>
> In die meer as 350 jaar dat Afrikaners as groep bestaan, het ons ons
> heil vir minder as 50 jaar aan die sentrum toevertrou: in die tydperk
> tussen 1948 en 1994, waarvan die laste vir ons al hoe groter as die
> winste word.
>
> Ons kan met vrug leer uit die ander drie eeue van hoe om saam met ons
> mede-Suid-Afrikaners 'n nuwe land te bou.
>
> Dit sal nie maklik wees nie, maar dit is uiteindelik die beste manier
> om onsself te mag bly en word.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Dec 30 17:04:44 UTC 2024
|