Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...!
FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...! [boodskap #7270] Wo, 25 September 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hollywood films: Amerikaanse kitch !

Ek het gister "Independance day" gaan kyk en is met 'n slap riem gevang.
Ek is nou al so gatvol vir die tipe flieks.
So nou skryf ek my eie resensie -
(vertrou my, ek word deur niemand betaal nie).

Die Storie: Groot vliegende pierings val die aarde aan.
Deur heldhaftige pogings van Amerikaners word die aanval afgeweer.

Wat my so 'n pyn gee is dat Amerika se "wonderlikheid"
al weer ten toon gestel word,
en die stereotipes wat daarmee gepaard gaan.
Dit is geen wonder dat bv. die Franse wetgewing wil maak om hul
kultuur te beskerm van al die gemors wat uit Hollywood uitkom nie.
Die fliek begin met die Amerikaanse vlag op die maan,
en eindig waar Amerika alweer die wereld red.
Verder gaan dit basies oor die Amerikaanse president,
die White House, die presidentsvliegtuig, die president en sy manne ens.
Die president is selfs 'n oud vegvliegenier,
wat dan onverskrokke saam met sy "manne" saamgaan.
Hy is so 'n wonderlike ou en neem sulke gewigtige besluite
(besluite wat natuurlik die hele mensdom sal raak)
so lief vir sy vrou en hul ou dogtertjie en...
.. en die son skyn uit sy gat uit.

Die oplossing vir die groot krisis, asook die tegnologie
kom natuurlik uit Amerika uit, en al die ander lande
word natuurlik deur Amerika ingelig wat om te doen.
Die president lewer dan 'n hartroerende toespraak
en dan breek die oomlik aan vir die MANNE...
Daar is die stereotipiese:
Vrouens, - slegs daar vir hartstogtelike afskeide
en om die mans by te staan,
'n moffie met 'n piepstem,
die verstrooide wetenskaplike met woeste hare ens.
en aan die einde kry ons flitse van verskillende werelddele wat
so dankbaar is dat hul verlos is, ook die stereotipiese,
paternalistiese prentjie van swart inboorlinge wat juigend in die gras
hardloop met spiese. Selfs die monster is stereotiep.

Die titel van die prent: Omdat die aanval op die 4 Julie afgeweer word,
sal dit van nou af nie net die Amerikaanse vieringsdag wees nie,
maar die hele wereld sal van nou af DIE Amerikaanse dag kan vier
as "independance day".
Om alles te kroon word daar gedurig na Coca-Cola verwys,
(Ek wonder hoeveel het Coke hulle daarvoor betaal)

10 uit 10 vir die "special effects", NUL uit tien vir die stroperige,
soetsappige, patriotiese gemors tussenin.
(Ek sal julle die details spaar).

Die fliek laat my ook dink aan "Hunt for Red October",
wat basies gaan oor 'n russiese duikbootkaptein
se pogings om na die wonderlike Amerika (sy droomland) te ontsnap.
Daar word in detail vertel hoe hy droom
van sy nuwe tuiste daar in Amerika, weg van die aaklige kommuniste,
en die eindtoneel waar hy uiteindelik
(soetsappig, melodramaties) in Amerikaanse waters inseil.

Moet dit nie mis nie - gaan kasty jouself.
Re: FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...! [boodskap #7295 is 'n antwoord op boodskap #7270] Sa, 28 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:
<<>Hollywood films: Amerikaanse kitch !
>Ek het gister "Independance day" gaan kyk en is met 'n slap riem gevang.>>>

Alternatiewe siening: Ek en my kids was mal daaroor. Great spesiale
effekte.
Lekker karakters en 'n een lyner of wat om te onthou.
Lekker popcorn.
Baie soos Stargate
Vorige onderwerp: Re: FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...!
Volgende onderwerp: Re: televisie kijken in Nederland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:11:02 MGT 2024