Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Re: FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...!
Re: FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...! [boodskap #7269] Wo, 25 September 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net says...
>
> Hollywood films: Amerikaanse kitch !

Galjoen, ek is so bly jy is terug!
Ek het gedink jy het ge-"self destruct" na daardie laaste
pos van jou oor die honde. Terloops, ons het nooit jou oor-
spronklike pos daaroor hier gekry nie; net later in ander
se poste gelees toe hulle daarop reageer. Julle daar down
under moet nou ophou om julle stelsels op diesel te laat loop.
Nou blaas jy weer stoom af oor "Die Amerikaners." Maar
is die term "Amerikaner" nie iets wat grotendeels geskep is
deur mense buite die VSA nie? En gee ons hulle mitiese status
as gevolg daarvan? My Amerika is vol van die nageslagte van
die oorspronklike stamme wat hier gebly het - daardie stamme
wat deur die wit mense uit Europa uitgeroei is, net soos hulle
ook die buffels op die prairies amper uitgeroei het. My Amerika
is vol van die nasate van die Chinese wat die spoorweg tussen
die twee Oseane gebou het. My Amerika is vol Mexikane wat
nou in die sogenaamde Amerika bly, maar in 'n area wat tot net
'n bietjie meer as 'n eeu gelede nog deel van Mexico was, daar
in Los Angeles en San Fransisco. My Amerika bevat die Cajuns,
Akadiese Kanadese wat in die suide van die kontinent gaan bly
het toe Engeland hulle in die noorde uitgeskop het. Hulle het daar
gaan bly toe daardie deel van die kontinent nog sogenaamd aan
Frankryk "behoort" het.
Wanneer jy na 'n sogenaamde Amerikaanse fliek kyk,
moet ook nie so seker wees dit dat hulle is wat dit geproduseer
het nie. Universal Studios was eers in die hande van Japannese,
en is nou die besit van 'n Kanadese firma. Uitlanders maak dus
films op Amerikaanse bodem vir die groot Amerikaanse mark.
Ek dink wat jy haat van die Amerikaners is die arrogansie
van die wit Amerikaner, wie se voorouers meestal van Europa
gekom het. Dis daarom dat ek so bly is dat in Suid-Afrika stadig-
aan die mense met die wit velle besig is om ons witvelliges te
"redeem." Ek het gister gehuil toe ek op ons Kanadese nuus sien
hoe kore met wit gesigte "Nkosi Sikelele" sing by die onthulling
van die monument ter ere van die skrywer. En hoe meestal wit
orkeslede die begeleiding op klassieke musiekinstrumente begelei.
Ek dink wit Suid-Afrikaners moet NOOIT vergeet watter bevrug-
tende rol hul nou in die wêreld speel nie. Skielik het die wêreld
weer respek vir mense met wit velle.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: FLY AWAY HOME - 'n film oor Kanadese en wildeganse
Volgende onderwerp: FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:39:16 MGT 2024