Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jotti en Namibië
Jotti en Namibië [boodskap #115463] |
Wo, 14 November 2007 14:40 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons het al gesels oor die onderwerp en as mens ooglopend van vandag se
situasie kyk, dan is dit maklik om 'n wanindruk te kry. Toe die eerste
kaarte van die land geteken was, was daar g'n grenslyne wat enige gebiede
onderskei het nie. Landmeters het die land uitgemeet mbv voetslaan en
perd, donkie en muil en die metings is met kettings gedoen. As jy die ou
Duitse kaarte bekyk, sal jy sien dat die areas in die noorde van die land is
Owambo gemerk, die oostekant Herero en die suidoostekant Nama of Hottentot,
en so aan. Wat dit beteken het, was dat in hierdie areas van hierdie mense
voorgekom het. Onthou dat hierdie kaarte gemaak is vir gebruik deur Duitse
mense wat kon lees. Dis tog net logies dat die landmeter nie die reg gehad
het om enige area aan enigiemand toe te ken nie, aangesien geen registrasie
of beheerowerheid toe al bestaan het nie.
As jy na die volkere kyk, dan verstaan jy ook hoekom hulle verkies het
om in hierdie areas te bly. Die Hereros was hoofsaaklik beesboere en
daarom het die oostekant se sandveld hulle gepas. Die Owambo het nog altyd
gevrek oor planterasies en dinge en daarom was die natter noorde naby Angola
meer hulle keuse. Die Hottentotte was weer skaapmanne en die suide het in
hulle guns geval. Nie eers die Duitsers het 'n gebied aan die swart mense
toegeken nie. Dit het later gekom met die tuislande van die SA regering.
Maar interessant, die eerste blanke mense in ou SWA was nie die Duitsers
nie! Reeds sover terug as 1791 het daar 'n Guilliam Visagie op die plaas
Swartmodder gewoon....waar Keetmanshoop vandag is! Hierdie ou het 'n
vonnis op die lyf geloop in die ou Kaap en het besluit hy's nou gatvol vir
die veediefstalle en toe trek hy Duits-SWA toe. Dit was in 1783 wat hy hom
op Swartmodder gevestig het. Dis ook waar verstomde sogenaamde pioniers en
ontdekkingsreisigers hom dan ook later gekry het. Vrek interessant is dat
daar vermelding gemaak word van die feit dat Visagie se vrou somtyds 'n trek
van 3 maande Kolonie toe onderneem het om te gaan goete koop. Vroumense
het nie veel verander nie, hm?
Dan is daar die storie van waarde. Ons het mos voorheen gesels oor die
koopkrag van goedere in ruilhandel. Daar word vertel dat vir een gesoute
perd, kon jy 30 bees kry. Voeg jy vandag se R3000 per bees by dit, dan
het die perde R90 000 vir 'n perd in koopkrag betaal. As 'n ou dus 'n stuk
grond oorneem by van die stamhoofde om plaas te maak, en hy hoes 30 perde,
dan het die ou vandag se R2,7 miljoen betaal aan koopkrag. Dit bring
vandag se R2,5 tot 4,0 miljoen vir 'n 5000ha plaas maar net in lyn met
mekaar. Niemand het grond verniet gekry nie.
Kosie Pretorius, parlementariër in ons land, het op 'n kol, in reaksie
op los stellings gemaak deur van die Swapo-manne, hulle uitgedaag om vir hom
'n ENKELE bewys te bring van 'n geval waar 'n blanke grond verniet in ou SWA
ontvang het. Hyself het ook die geskiedenis daaroor oopgekrap en kon nie
'n enkele bewys kry nie. Waar wel misverstande ontstaan het, is die feit
dat die SA regering aan soldate wat in die wêreldoorloë gaan baklei het, die
reg gegee het om plaasgrond te koop onder 'n makliker-betaal skema. Maar
betaal, die moes hulle. Hulle het rou stukke grond gekry waarop 'n enkele
boorgat was, geen behuising, geen drade nie. Net 'n handpomp op die
boorgat waarmee hulle vir die diere water moes pomp uit die boorgat uit.
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115464 is 'n antwoord op boodskap #115463] |
Wo, 14 November 2007 23:50 |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Nov 14, 3:40 pm, "Suidwester" wrote:
> Maar interessant, die eerste blanke mense in ou SWA was nie die Duitsers
> nie! Reeds sover terug as 1791 het daar 'n Guilliam Visagie op die plaas
> Swartmodder gewoon....waar Keetmanshoop vandag is!
Thanks Suidwester. Dis werklik 'n stukkie goud waarmee jy hier
vorendag gekom het. Ek vrek oor sulke geskiedkundige "juwele" en gaan
definitief verder krap om te sien of ek meer oor hierdie Visagie kan
uitvind.
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115467 is 'n antwoord op boodskap #115464] |
Vr, 16 November 2007 10:01 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jottie" wrote in message
news:1195084255.586242.286920@d55g2000hsg.googlegroups.com.. .
> On Nov 14, 3:40 pm, "Suidwester" wrote:
>> Maar interessant, die eerste blanke mense in ou SWA was nie die
>> Duitsers
>> nie! Reeds sover terug as 1791 het daar 'n Guilliam Visagie op die
>> plaas
>> Swartmodder gewoon....waar Keetmanshoop vandag is!
>
> Thanks Suidwester. Dis werklik 'n stukkie goud waarmee jy hier
> vorendag gekom het. Ek vrek oor sulke geskiedkundige "juwele" en gaan
> definitief verder krap om te sien of ek meer oor hierdie Visagie kan
> uitvind.
Sug! Laat ek jou tog maar die hele storie gee. Sien, ek's eintlik 'n
nice ou!
Sekerlik net soos Namibië weens sy ongerepte aarde steeds die pionier in
mense wakker maak, so was dit ook destyds en het drie Van Reenen broers in
die Kolonie in 1790 besluit om ou SWA te gaan verken want hulle het gehoor
van die wild, die minerale en ander dinge. Op 1 Desember 1791 beland hulle
op '/nu/Goanes' en vind daar vir Guilliam Visagie wat die plek Swartmodder
genoem het. Hy ontvang hulle met groot gasvryheid en hulle bly daar oor
vir 'n maand.
Later, in 1893, met hulle terugkeer het hulle weer daar aangegaan.
Visagie was so opgetrek met sy kuiermense dat hy vir hulle 11 bees en 20
skaap geskenk het. Van hulle oorspronklike 60 trekosse waarmee hulle die
trippie begin het, was net 6 oor en hulle het 6 van hulle gewere geruil vir
osse. Sien jy wat 'n geweer werd was in doerie jare?
In 1866 word die naam van die plaas verander van Swartmodder na
Keetmanshoop deur die Rynse Sendinggenoodskap ter ere van hulle koopman
Johann Keetman. Maar hoe het Visagie in Keetmanshoop beland, vra jy?
Wel, die ou het in die Kolonie aan die Olifantsrivier geboer [so ongeveer
regoor Koekenaap se hoogte op die kaart] en hy's daar getroud met 'n Elsabé
Ras.
Orals het sendingstasies opgeskiet soos die sendinggenootskappe bedrywig
geraak het onder die Hottentotte. [Die Bastervolk het sy onstaan so gehad
in die dat van die blanke boere nie meer lus was vir die ou blok in die bed
nie en in die agterkamer by die bediendes gekuier het en kinders verwek het
en dan is die 'skaamtekinders' en hulle ma's weggestuur en hulle het
hoofsaaklik by die sendingstasies gaan bly]. Volgelinge het by die
stasies saamgedrom en die mense moes gevoed word. Soos vandag ook maar, is
daar die kriminele elemente orals teenwoordig en is strooptogte somtyds op
plase uitgevoer om die honger monde vleis te gee. Die boere het die moer
in geraak hieroor en dit het spanning veroorsaak, veral toe die sendelinge
die boere daarvan beskuldig het dat hulle hul Hottentotwerkers swak en
onredelik behandel het. Hoe herhaal die geskiedenis homself nie?!
Die boere, harde werkers wat hulle plase uit niks uit opgebou het nie,
kon somtyds nie wag vir die owerhede nie en het somtyds reg in eie hande
geneem en het die owerhede, onder aanhitsing van die sendelinge, baie streng
teen die boere opgetree. In 1780 was dit Visagie en sy buurman, J. Joubert
wat 'n grope Hottentotte agternagesit het wat 'n os by Visagie gesteel het.
Hulle het hulle ingehaal en toe was daar 'n moerse geveg. Een van die
bendelede is doodgeskiet en twee is ernstig verwond. Een van die verwondes
het later 'n klag gele teen Visagie en Joubert en hulle is in Februarie 1783
verhoor. Beide is skuldig bevind, Joubert het lewenslank gekry en Visagie
is vir 6 maande ingeperk op sy plaas tesame met ander vryhede wat ook
teruggetrek is.
Visagie het besluit te moer met die owerhede en SWA toe getrek en by
Swartmodder sy staan gaan maak. Weereens die gevolg vna die konflik
tussen die 'have' en 'have nots' wat oorspoel tot die konflik tussen wit en
swart.
Niks het verander nie! Steeds is dit hoofsaaklik wit mense wat hard
werk en welvaart skep en die swart meerderheid wat rustig sit en wag dat dié
welvaart met hulle gedeel moet word. Dis die 'way of Africa', dan nie?
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115468 is 'n antwoord op boodskap #115467] |
Vr, 16 November 2007 13:18 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
> drie Van Reenen broers in
> die Kolonie in 1790 besluit om ou SWA te gaan verken want hulle het gehoor
> van die wild, die minerale en ander dinge.
> Later, in 1893, met hulle terugkeer het hulle weer daar aangegaan.
Dit was darem 'n vreeslike lang jagtog
daardie, Suidwester.
Penkop van die Derde Republiek
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115469 is 'n antwoord op boodskap #115467] |
Vr, 16 November 2007 13:28 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
> Niks het verander nie! Steeds is dit hoofsaaklik wit mense wat hard
> werk en welvaart skep en die swart meerderheid wat rustig sit en wag dat dié
> welvaart met hulle gedeel moet word. Dis die 'way of Africa', dan nie?
Bo en behalwe die feit dat die baas gewoonlik op die
stoep gesit en tee drink het en die werkers gesit en
bespied het ( behalwe as hy, volgens jou, nou in die
agterkamer besig was om meer kinders te verwek
vir die sendelinge om te bearbei.)
Bo en behalwe die feit dat gedurende die laaste
paar honderd jaar dit die binnelandse rasse was wat
die goud uit die aarde uitgebring het, die skape opgepas
het, die landerye bewerk het, die baas en die miesies
se kinders help grootmaak het, en gesorg het dat daar
genoeg swart en bruin bloed in Afrikaners se are loop
sodat jy, Suidwester, teen jou eie mense uitvaar.
Hoekom dink jy jy is wit, Suidwester. Is dit omdat
jy n naam het wat Duits of Nederlands of Frans klink.
Gloudina
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115470 is 'n antwoord op boodskap #115467] |
Vr, 16 November 2007 13:45 |
new2usa[3]
Boodskappe: 8 Geregistreer: Augustus 2007
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
> Sug! Laat ek jou tog maar die hele storie gee. Sien, ek's eintlik 'n
> nice ou!
Ek waardeer jou bydraes Suidwester. Soos ek voorheen gesê het; ek reken hier
is baie toeskouers wat die bydraes en pollemieke (?) volg in die agtergrond.
Die trantverandering by Torreke maak sy skrywes deesdae heel leesbaar -
dankie
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115472 is 'n antwoord op boodskap #115468] |
Vr, 16 November 2007 15:54 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:37313e2b-ff90-4d4a-ae3d-f52d1d555b8c@f3g2000hsg.googleg roups.com...
> "Suidwester" skryf
>
>> drie Van Reenen broers in
>> die Kolonie in 1790 besluit om ou SWA te gaan verken want hulle het
>> gehoor
>> van die wild, die minerale en ander dinge.
>> Later, in 1893, met hulle terugkeer het hulle weer daar aangegaan.
>
> Dit was darem 'n vreeslike lang jagtog
> daardie, Suidwester.
>
> Penkop van die Derde Republiek
----Jy moet aanvaar dat dit darem 'n tog van so om en by die 4000km is en
met wa en osse sal jy ook nie op die gatsometer gevang word nie! Verder
het die siektes hulle trekosse ook amper uitgeroei. Uit my ouers se vroeë
dae het hulle 150 myl van Windhoek af gebly op die plaas en om by die dorp
uit te kom was drie dae weerskante toe en die ou Fordjie se enjin het twee
keer elke kant toe opgepak. Dan kamp hulle en maak sy main bearings reg
met blousool en ry verder!
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115473 is 'n antwoord op boodskap #115469] |
Vr, 16 November 2007 17:17 |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Nov 16, 2:28 pm, Hessie wrote:
> "Suidwester" skryf
>
>> Niks het verander nie! Steeds is dit hoofsaaklik wit mense wat hard
>> werk en welvaart skep en die swart meerderheid wat rustig sit en wag dat dié
>> welvaart met hulle gedeel moet word. Dis die 'way of Africa', dan nie?
>
> Bo en behalwe die feit dat die baas gewoonlik op die
> stoep gesit en tee drink het en die werkers gesit en
> bespied het ( behalwe as hy, volgens jou, nou in die
> agterkamer besig was om meer kinders te verwek
> vir die sendelinge om te bearbei.)
> Bo en behalwe die feit dat gedurende die laaste
> paar honderd jaar dit die binnelandse rasse was wat
> die goud uit die aarde uitgebring het, die skape opgepas
> het, die landerye bewerk het, die baas en die miesies
> se kinders help grootmaak het, en gesorg het dat daar
> genoeg swart en bruin bloed in Afrikaners se are loop
> sodat jy, Suidwester, teen jou eie mense uitvaar.
> Hoekom dink jy jy is wit, Suidwester. Is dit omdat
> jy n naam het wat Duits of Nederlands of Frans klink.
>
> Gloudina
Ek verkies om die situasie uit 'n nie-kleurige oftewel vanuit 'n pure
besigheids oogpunt te bekyk. Die stelling wat Suidwester gemaak het
oor die "haves and have nots" is van toepassing ongeag van kleur. In
enige besigheid (en 'n boerdery is niks anders nie), is daar iemand
aan die spits wat die risiko dra. Daai ou lyk dalk of hy net heeldag
op die stoep (of agter 'n lessenaar) sit en orders uitdeel maar die
feit is hy hou nooit op met werk nie.
Dit is natuurlik in sterk kontras met die onderkant van die hierargie
(die have nots) wat nie altyd verstaan hoekom hulle dan al die werk
doen en so min daarvoor kry nie.
Die trick is om die regte balans te handhaaf waarby alle partye voel
hulle kry 'n regverdige deel van die koek. En dit is slegs moontlik as
elke ou presies weet waar hy in die big scheme of things inpas en dit
is waar baie ouens die pot missit. Party base glo mos hy is die baas
en jy moet eenvoudig maak soos hy se maak nie saak wat die gevolge is
nie. Jy is 'n nommer en maklik om te vervang. In daardie geval gaan jy
definitief nie die mees gemotiveerde werkers onder die son he nie en
dis wanneer jou skape/potlode/tools begin verdwyn en die baas nooit sy
rug kan draai sonder om te voel hy word verneuk nie. Ek meen darem nou
nie die baas moet finansiele state met die arbeider bespreek nie maar
die prinsiep is daar.
Net so terloops - Daar sit 2 boere op die voorstoep. Die een het so
bleek vel en die ander is donkerbruin gebrand van die son. Watter een
werk die hardste?
Die bleek ene - hy is nie te lui om sy stoel saam met die skaduwee
rondom die huis te skuif nie...
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115474 is 'n antwoord op boodskap #115470] |
Vr, 16 November 2007 17:26 |
Jottie
Boodskappe: 223 Geregistreer: April 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Nov 16, 2:45 pm, "new2usa" wrote:
>> Sug! Laat ek jou tog maar die hele storie gee. Sien, ek's eintlik 'n
>> nice ou!
>
> Ek waardeer jou bydraes Suidwester. Soos ek voorheen gesê het; ek reken hier
> is baie toeskouers wat die bydraes en pollemieke (?) volg in die agtergrond.
> Die trantverandering by Torreke maak sy skrywes deesdae heel leesbaar -
> dankie
Ek stem saam. Hierdie ouens is nie stupid nie en hulle het baie
interessante stories om te deel. Die feit dat almal nie oor alles
saamstem nie is ook 'n goeie ding. Laat elke ou sy opinie gee en
verduidelik hoekom hy so voel. Miskien bring dit iemand tot ander
insigte soos baie bydraes my al laat nadink het.
Dis net wanneer een ou ten alle koste 'n ander probeer oortuig dat
dinge soms skeefloop en die hare waai (en dis ook partykeer
entertaining om so op die kantlyn te sit en lees)
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115476 is 'n antwoord op boodskap #115469] |
Sa, 17 November 2007 06:43 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:2524b396-3c55-402a-a246-54f382cfc444@d50g2000hsf.google groups.com...
"Suidwester" skryf
> Niks het verander nie! Steeds is dit hoofsaaklik wit mense wat hard
> werk en welvaart skep en die swart meerderheid wat rustig sit en wag dat
> dié
> welvaart met hulle gedeel moet word. Dis die 'way of Africa', dan nie?
Bo en behalwe die feit dat die baas gewoonlik op die
stoep gesit en tee drink het en die werkers gesit en
bespied het ( behalwe as hy, volgens jou, nou in die
agterkamer besig was om meer kinders te verwek
vir die sendelinge om te bearbei.)
-----So jy reken as iemand sy inisiatief en geld gebruik om 'n projek aan
die gang te kry en daarvoor huur hy 'n klomp werkers om die arbeid vir hom
te verrig, dan is dit eintlik die arbeiders wat die ding gedoen het en nie
die ontwikkelaar nie?
Bo en behalwe die feit dat gedurende die laaste
paar honderd jaar dit die binnelandse rasse was wat
die goud uit die aarde uitgebring het, die skape opgepas
het, die landerye bewerk het, die baas en die miesies
se kinders help grootmaak het,
-----Alles wat jy beskryf is betaalde arbeid. Het jy al gedink dat hierdie
'baas' se geld nie uit die lug val nie en dat hy moet werk om geld te maak
sodat hy die arbeiders kan betaal.
en gesorg het dat daar
genoeg swart en bruin bloed in Afrikaners se are loop
sodat jy, Suidwester, teen jou eie mense uitvaar.
Hoekom dink jy jy is wit, Suidwester. Is dit omdat
jy n naam het wat Duits of Nederlands of Frans klink.
Gloudina
------Ag nee wat, ek weet dat die SA bloed nie so lekker suiwer meer is nie
en omtrent almal het so 'n geurtjie bygemeng....wetend of onwetend. Dit
maak nie saak nie. Feit van die saak is dat daar groepe mense is wat
verskillend is, maak nie saak hoeveel die mense hulle deesdae in dieselfde
blik probeer indruk en vertel dat alle mense dieselfde is nie. Geen twee
mense is dieselfde nie. Die algemene swart man se aanslag op die lewe
verskil drasties van die van die wit man en geen pratery gaan die realiteit
verander nie. Die belangrikste is om te besef dat niemand enige mens dwing
om te wees wat hy nie wil wees nie. As 'n ou besluit hy's nou gatvol
gewerk vir 'n baas en hy vat die risiko om vir homself te werk, dan is dit
sy eie besluit en die rede vir sy sukses kom hom toe. Die ou wat maar
eerder veilig speel en hang in sy salras-werk, moet nie sit en tjank as die
ou wat vir homself werk ryker word en lekkerder lewe nie. Die swart mense
het eeue gehad om hulleself uit die moeilikheid uit te werk, maar hulle
verkies om eerder te hang en te wag vir beter dae. Daai beter dae kom
nooit nie. Soos wat die veranderinge in Suider-Afrika mos bewys het, of
hoe? Daai massas op die grond sit steeds net waar hulle was: Sonder werk
in plakkershutte.
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115477 is 'n antwoord op boodskap #115473] |
Sa, 17 November 2007 09:08 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jottie" wrote in message
news:aa3b882d-76a8-41c3-bc82-e3ff58f54504@p69g2000hsa.google groups.com...
On Nov 16, 2:28 pm, Hessie wrote:
> "Suidwester" skryf
Ek verkies om die situasie uit 'n nie-kleurige oftewel vanuit 'n pure
besigheids oogpunt te bekyk. Die stelling wat Suidwester gemaak het
oor die "haves and have nots" is van toepassing ongeag van kleur. In
enige besigheid (en 'n boerdery is niks anders nie), is daar iemand
aan die spits wat die risiko dra. Daai ou lyk dalk of hy net heeldag
op die stoep (of agter 'n lessenaar) sit en orders uitdeel maar die
feit is hy hou nooit op met werk nie.
----Presies. Hy dra al die risiko en as hy verkeerd besluit, is alles weg.
Hy kry ook eers geld as al die ander werkers eers betaal is.
Dit is natuurlik in sterk kontras met die onderkant van die hierargie
(die have nots) wat nie altyd verstaan hoekom hulle dan al die werk
doen en so min daarvoor kry nie.
-----Neem in ag dat niemand hulle dwing om daar te werk nie. Dis tog 'n
willekeurige aksie om werk te soek en as die werkgewer 'n vergoeding
aanbied, is dit die werker se reg om te sê nee dankie, as hy voel die geld
is te min. Die enigste plek waar onmin behoort te ontstaan, is as die
werklading waarvoor die ou aangestel is, verhoog en hy kry nie meer geld
nie.
Die trick is om die regte balans te handhaaf waarby alle partye voel
hulle kry 'n regverdige deel van die koek. En dit is slegs moontlik as
elke ou presies weet waar hy in die big scheme of things inpas en dit
is waar baie ouens die pot missit. Party base glo mos hy is die baas
en jy moet eenvoudig maak soos hy se maak nie saak wat die gevolge is
nie. Jy is 'n nommer en maklik om te vervang. In daardie geval gaan jy
definitief nie die mees gemotiveerde werkers onder die son he nie en
dis wanneer jou skape/potlode/tools begin verdwyn en die baas nooit sy
rug kan draai sonder om te voel hy word verneuk nie. Ek meen darem nou
nie die baas moet finansiele state met die arbeider bespreek nie maar
die prinsiep is daar.
----Hier stem ek nie saam nie. 'n Mens van karakter en inbors steel NOOIT
nie. As jy ontvrede is oor jou vergoeding, waai, maar dit gee jou geen reg
om te steel nie.
Net so terloops - Daar sit 2 boere op die voorstoep. Die een het so
bleek vel en die ander is donkerbruin gebrand van die son. Watter een
werk die hardste?
Die bleek ene - hy is nie te lui om sy stoel saam met die skaduwee
rondom die huis te skuif nie...
-----Hmm. Ek het 'n werklike een om jou te vertel. Ou Koos doer vanuit
die mieliegordel in die Transvaal het vir my vertel dat as 'n boer werk, dan
kan hy nie suksesvol wees nie. Hy reken dis waarvoor jy arbeiders het en
hulle betaal om te werk. As jy bestuur moet jy jou tyd gebruik om te dink
en te beplan en om die regte besluite te neem. Hy was 'n multi-miljoenêr
op daai stadium, so die ou weet dalk iets?
EN: Een ding kan ek jou vertel uit eie ondervinding. Meeste
salaristrekkers is geneig om besigheid te sien soos hulle eie werke en
verstaan nie eintlik wat gebeur as jy skielik 360 grade visie van alles in
die besigheid het nie. Gewoonlik skep sakemanne 'n besigheid met 'n klomp
werknemers en dit is 'n monster wat gedurig gevoed moet word. Dit beteken
dat hy aanmekaar moet soek na geleenthede om die hele spulletjie aan die
beweeg te hou. Salaristrekkers het gewoonlik nie 'n clue hiervan nie.
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115482 is 'n antwoord op boodskap #115472] |
So, 18 November 2007 14:43 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On "Suidwester" skryf
>>> drie Van Reenen broers in
>>> die Kolonie in 1790 besluit om ou SWA te gaan verken want hulle het
>>> gehoor
>>> van die wild, die minerale en ander dinge.
>>> Later, in 1893, met hulle terugkeer
>> Dit was darem 'n vreeslike lang jagtog
>> daardie, Suidwester.
>
>> Penkop van die Derde Republiek
>
> ----Jy moet aanvaar dat dit darem 'n tog van so om en by die 4000km is
Volgens my berekening, moes hulle by hulle terugkeer
ten minste 120 jaar oud gewees het. Hulle was tog
seker
omtrent ten minste twintig jaar toe hulle tog begin
het, en as hulle tog omtrent 103 jaar geduur het,
was hulle baie oud, so oud amper soos Metusalem
en daardie snare.
Penkop van Tsumeb
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115483 is 'n antwoord op boodskap #115482] |
Ma, 19 November 2007 07:35 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy's reg! Jammer vir die fout. 1893 moes 1793 gewees het! Die
ouderdom..............................
"Hessie" wrote in message
news:1994de35-d5ee-4416-99be-d533d2bd6945@l22g2000hsc.google groups.com...
> On "Suidwester" skryf
>
>>>> drie Van Reenen broers in
>>>> die Kolonie in 1790 besluit om ou SWA te gaan verken want hulle het
>>>> gehoor
>>>> van die wild, die minerale en ander dinge.
>>>> Later, in 1893, met hulle terugkeer
>
>>> Dit was darem 'n vreeslike lang jagtog
>>> daardie, Suidwester.
>>> Penkop van die Derde Republiek
>> ----Jy moet aanvaar dat dit darem 'n tog van so om en by die 4000km is
>
> Volgens my berekening, moes hulle by hulle terugkeer
> ten minste 120 jaar oud gewees het. Hulle was tog
> seker
> omtrent ten minste twintig jaar toe hulle tog begin
> het, en as hulle tog omtrent 103 jaar geduur het,
> was hulle baie oud, so oud amper soos Metusalem
> en daardie snare.
>
> Penkop van Tsumeb
>
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115484 is 'n antwoord op boodskap #115483] |
Ma, 19 November 2007 08:31 |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" < wrote
> Jy's reg! Jammer vir die fout. 1893 moes 1793 gewees het! Die
> ouderdom..............................
Moet g'n niks jou ouderdom blameer nie. Ta' Hessie is 2x jou ouderdom en
sy't reg opgetel.
Dis omdat jy stasiemeester doer in die sand aan die einde van die treinspoor
sit waar geen trein ooit opdaag nie... :-)
En ek en jy stry nie meer oor ligspoed en enjins en ontwerpe en wat nog
alles nie... :-)
Nou raak jou brein so bietjie dofffff... :-)
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115485 is 'n antwoord op boodskap #115484] |
Ma, 19 November 2007 10:08 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Torreke" skryf in boodskap news:0NadnRn12ZZC1NzanZ2dnUVZ8uidnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>> Jy's reg! Jammer vir die fout. 1893 moes 1793 gewees het! Die
>> ouderdom..............................
>
> Moet g'n niks jou ouderdom blameer nie. Ta' Hessie is 2x jou ouderdom en
> sy't reg opgetel.
>
> Dis omdat jy stasiemeester doer in die sand aan die einde van die
> treinspoor sit waar geen trein ooit opdaag nie... :-)
> En ek en jy stry nie meer oor ligspoed en enjins en ontwerpe en wat nog
> alles nie... :-)
> Nou raak jou brein so bietjie dofffff... :-)
---Genadiglik weet ons darem jy's mos dof gebore en sien nie die lig lekker
raak nie! Hehe. Jy moet nie spot oor die treine nie. Doer op
Hentiesbaai het 'n argitek nogal 'n huis gebou wat soos 'n treinstasie lyk
en die ouens daar het gespot dat hy wag net vir die spore om op te daag.
Doer in Luderitz het die Duitsers so by die draai van die vorige eeu,
presies 13 maande nodig gehad om 'n werkende treinspoor deur die duinegordel
te kry. Vandag se regering se manne sukkel nou al 14 jaar om 'n bestaande
spoortlyn deur daai duinegordel te herbou en permanent in bedryf te hou
sonder dat hy toewaai.....'and still counting'. Die ingenieurs en ander
gekwalifiseerde en ervare manne die het mos ander weivelde gaan soek en die
wat bygekom het, het hoofsaaklik gekoopte grade en weet boggerall.
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115486 is 'n antwoord op boodskap #115485] |
Ma, 19 November 2007 13:13 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
> presies 13 maande nodig gehad om 'n werkende treinspoor deur die duinegordel
> te kry. Vandag se regering se manne sukkel nou al 14 jaar om 'n bestaande
> spoortlyn deur daai duinegordel te herbou en permanent in bedryf te hou
> sonder dat hy toewaai
Oral oor die wêreld het mense probleme hoe om spoorweë
funksioneel te hou. Hier in Kanada, veral in die dunbevolkte
noorde, is dit die beaver ( nogal ons nasionale dier) wat die
moeilikheid maak. Hulle bou mos beaver dams oral waar
hulle in mere en riviere en moerasse bly. ( Hulle kou die
takke van die bome af en dan sit hulle dit opmekaar en
bou 'n primitiewe dam.) Nouja, hierdie beaver dams dam
dan somtyds water op sodat dit oor die spoorlyne loop
en hier en daar veroorsaak dat dit inkalwe. Dus is daar
spesiale spanne werkers wat gereeld die spoorlyne
patrolleer om seker te maak dat die spoorlyn oop en
veilig is.
Gloudina
|
|
|
Re: Jotti en Namibië [boodskap #115487 is 'n antwoord op boodskap #115486] |
Ma, 19 November 2007 14:38 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:6c3d4ada-32ae-493f-979c-02e282b9512c@41g2000hsh.googleg roups.com...
"Suidwester" skryf
> presies 13 maande nodig gehad om 'n werkende treinspoor deur die
> duinegordel
> te kry. Vandag se regering se manne sukkel nou al 14 jaar om 'n
> bestaande
> spoortlyn deur daai duinegordel te herbou en permanent in bedryf te hou
> sonder dat hy toewaai
Oral oor die wêreld het mense probleme hoe om spoorweë
funksioneel te hou. Hier in Kanada, veral in die dunbevolkte
noorde, is dit die beaver ( nogal ons nasionale dier) wat die
moeilikheid maak. Hulle bou mos beaver dams oral waar
hulle in mere en riviere en moerasse bly. ( Hulle kou die
takke van die bome af en dan sit hulle dit opmekaar en
bou 'n primitiewe dam.) Nouja, hierdie beaver dams dam
dan somtyds water op sodat dit oor die spoorlyne loop
en hier en daar veroorsaak dat dit inkalwe. Dus is daar
spesiale spanne werkers wat gereeld die spoorlyne
patrolleer om seker te maak dat die spoorlyn oop en
veilig is.
Gloudina
----Die probleem hier in Namibië is, dat die ouens wat die spoorweg bedryf,
so effe aan die slaap is....of dalk nie weet hulle is aan die slaap nie?
Eers het hulle tariewe vir dierevervoer moerheid verhoog, toe koop die boere
hul eie lorries en ry self die diere RSA toe. Dit het die idee van
padvervoer oopgemaak want die lorries het leeg teruggekom en toe die
spoorwegmanne hulle oë uitvee, toe sit die privaatsektor met 80% van die
vervoersektor op pad en hulle treine loop leeg.
Suid-Afrika het met sy ontrekking vir Nam so ongeveer 50 diesel
lokomotiewe gelos. Soos die spoorweë hulle self weens niks doen stadig in
sy moer in boer, so begin hulle toe om van dié eenhede [GEC Amerkaanse
eenhede wat so R3M elk kos] na SA en ander buurlande smous om die begroting
vir die nuwe amptenary en hulle grter salarisse te laat klop.
Uiteindelik, toe sluit die regering 'n kontrak met Sjina om nuwe
lokomotiewe van hulle af te koop vir die nuwe! verbeterde! spoorweg. Nou's
niemand seker of die treine hulle eindbestemming gaan bereik nie, want soos
meeste Sjinese produkte wat plaaslik land, is die goete ook van goedkoop,
swak kwaliteit en konk die lokomotiewe sommer met lus.
Wee'jy, waar treinry een van die groot lekker dinge was om te doen in
ons pragtige land, is dit nou defintief iets waarop jy nie jou lewe kan waag
nie. Ook nie jou goedere nie, want niemand kan sê wanneer dit ooit by jou
gaan uitkom nie. Wonder of dit nie tyd is dat daar strafmaatreëls behoort
te kom vir mense wat 'n land se ekonomie sommer so goedsmoeds vernietig nie?
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Do Nov 28 08:14:08 MGT 2024
|