Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Kundige Minnaar deur Sheila Cussons
Die Kundige Minnaar deur Sheila Cussons [boodskap #114910] Wo, 26 September 2007 23:50
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE KUNDIGE MINNAAR
Sheila Cussons
(Verwikkelde lyn, 1983)

Sy lende is in sy kop, jy sien dit aan die oë.
Hy kyk na alles wakker met 'n klaar blink blik
asof hy effens verstom is, hom droogweg-
gesofistikeerd
verwonder aan die gehalte van sy lyf, soos 'n
baie bedrewe
bestuurder oor 'n duur motor wat da'n nog
verras.
Hy's een van die nuwe genieë, die seksbevryders,
al die mankolieke ou mites verwilderend in hul
pee in,
Priapus se blitspatrollie.
Dis dink met die lyf nou, en elke toer uithaal
waartoe
'n verbeelding en goeie sintuie in staat is, and
the sky
the limit met die geneul van die hart uit jou pad.
Arme Oupa, lomp met Ouma se nagjurk, te
onkundig en
te eerbiedig om meer te vermag as 'n haastige
hoenderhaan.
Vinnig is ons handige heer ook wel, maar
kopsgewys,
beurtelings snel en talmend, die aankom, die
kom dan,
steeds opwindend uitgestel, 'n vakman gewy
aan die wek
van vermoëns in lyfmasjiene; die venue net
reg ook, met
rock op die agtergrond - rockabye baby till we
hit the top:
bont van betekenis is elke begrip.
En hoe eenders, hoe anders kan glimlagge
wees: straal nou
net syne - sulke tande! - nog eens
self-felisiterend. Dan,
tót by sy pienk kleintongetjie, beloon hy haar
met 'n gaap.
Vorige onderwerp: 'n Pass op 'n pap hart deur DANIE MARAIS
Volgende onderwerp: " Waai hoog nou " deur S.J. du Toit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:02:04 MGT 2024