Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » De Klerk oor ANC leierstryd
De Klerk oor ANC leierstryd [boodskap #114894] |
Wo, 26 September 2007 11:59 |
Ferdi
Boodskappe: 561 Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE FW DE KLERK STIGTING
Handhawing van Suid-Afrika se Nasionale Akkoord
EMBRAGO: 11:30 WOENSDAG 26 September 2007
TOESPRAAK DEUR F W DE KLERK BY AARDKLOP, 26 SEPTEMBER 2007
ÂN EINDE OF ÂN BEGIN: LEIERSKAP OP WEG NA ÂN NUWE PRESIDENT
Binne net minder as drie maande is dit tyd vir die ANC se ÂNational
Consultative Conference in Polokwane. Dit gaan een van die
belangrikste politieke gebeurtenisse in die 13 jaar lange geskiedenis
van die nuwe Suid-Afrika wees. Diegene wat in Polokwane bymekaar sal
kom, gaan nie alleen besluit wie Suid-Afrika vir die volgende 5 of 10
jaar gaan lei nie, maar ook watter politieke en ekonomiese
beleidsrigtings gevolg gaan word.
Dit is reeds duidelik dat daar drie belangrike denkrigtings is. Daar
is diegene wat wil hê dat president Thabo Mbeki vir die volgende vyf
jaar as ANC-.president herkies moet word. Dit sal verseker dat hy sal
kan voortgaan om 'n beduidende invloed op regeringsbeleid uit te oefen
nadat hy in 2009 as president uitgetree het. Ingevolge hierdie
scenario, sal daar twee magsentrums nà 2009 wees  een in 'n verswakte
presidensie en die ander by die ANC se hoofkwartier in Luthuli-huis.
Indien hierdie scenario realiseer kan ons verwag dat daar 'n hoë mate
van kontinuïteit van die huidige beleidsrigtings sal wees.
Die tweede faksie wat in Polokwane om mag sal meeding, is die ANC
alliansie se linkervleuel  hoofsaaklik COSATU, die Suid-Afrikaanse
Kommunistiese Party en die ANC Jeugliga. Zwelinzima Vavi, COSATU se
sekretaris-generaal het reeds 'n paar maande gelede verklaar dat die
stryd om die hart en siel van die ANC begin het.
Hierdie linkervleuel is diep ongelukkig oor die ortodokse
makro-ekonomiese benadering wat deur president Mbeki en Trevor Manuel
gevolg word. Hulle is ook besorg oor die sentralisering van
besluitneming onder die Mbeki-leierskap en bepleit 'n sterker rol vir
COSATU, die SAKP en ander groeperinge in die formulering van beleid.
Hulle is skerp krities teenoor die ANC kaders wat multimiljoenêrs
geword het en voel in die algemeen dat die huidige leiers die ANC se
sosialistiese geskiedenis verraai. COSATU is ook krities teenoor
president Mbeki se VIGS-beleid, sowel as sy rol in Zimbabwe.
Dit alles het pas by COSATU se Nasionale Kongres gelei tot die
onderskrywing van 'n leierskapspan, onder leiding van Jacob Zuma, vir
die verkiesings by die Polokwane-konferensie. Sou die COSATU/
Zuma-faksie wen (wat ek nie meen sal gebeur nie), kan ons 'n sprong na
links in die ekonomie en sosiale beleid, en 'n ernstige krisis in
ekonomiese vertroue, te wagte wees.
Die derde groep sluit in diegene wat nie aan die linkervleuel behoort
nie, maar wat nie entoesiasties is oor 'n verdere termyn van vyf jaar
vir president Mbeki as president van die ANC nie. Hierdie groep
bepleit vernuwing en soek na leiers wat dit kan help verseker, sonder
om die appelkar omver te gooi en sonder om die ANC te laat skeur.
Die stryd tussen hierdie faksies word toenemend in die openbaar gevoer
en word alhoemeer venynig. Op 24 Augusts het die Mbeki-beheerde
nuusbrief ÂANC Today die linkervleuel beskuldig van sameswering met
die regterkant van die politieke spektrum, wat uit die DA en die
meeste blankes bestaan. As gevolg hiervan, sê ÂANC TodayÂ, het hulle
Âteenstanders van die leiers van die nasionale demokratiese revolusie
gewordÂ.
In die uitgawe van 14 September het die hare behoorlik gewaai. Die
skrywers van ÂANC Today het Lenin, Marx en Joe Slovo aangehaal en
COSATU getipeer as Âanarcho-syndicalists (anargistiese sindikaliste).
Dit is omtrent so erg as wat dit kan word in hierdie ideologiese
twiste!
En terwyl dit alles aan die gang is, kom ander aanspraakmakers na vore
 insluitend Tokyo Sexwale, Cyril Ramaphosa, Mosiuoa Lekota en Kgalema
Mothlante  alhoewel sommige van hulle volhou dat hulle nie deel van
die resies wil wees nie.
Vraag is dus, wat gaan gebeur? Of miskien moet ons liewer vra wat is
die beste waarop Suid-Afrika kan hoop?
Dit is 'n oop vraag of president Mbeki suksesvol sal wees in sy poging
om vir 'n volgende volle termyn van vyf jaar as president van die ANC
herkies te word. Die idee van Âtwee sentrums van mag het sterk
teenkanting by die ANC se Beleidskonferensie in Julie ontlok.
Sedertdien is daar geen teken dat dié moontlikheid groter
ondersteuning lok nie.
Die beste uitkoms sal dalk wees dat hy aanbly as president van die ANC
totdat hy in 2009 as president van die land uittree. As twee sentrums
van mag na 2009 ongewens is, dan is twee sentrums van mag tot 2009
seker ewe ongewens. Uit persoonlike ervaring in 1989 toe ek die leier
van die Nasionale Party en PW Botha steeds president was, kan ek
getuig dat die twee sentrums van mag enorme probleme in die praktyk
veroorsaak. In elk geval sal so 'n kompromie gesien word as Ân
eerbare oplossing vir die President en sal die magstryd verskuif na
die posisie van Adjunk-President van die ANC.
Ek glo dat COSATU ernstige struikelblokke in die gesig staar in sy
pogings om die Âhart en siel van die ANCÂ te verower - veral met Jacob
Zuma as sy kandidaat vir die presidentskap. Zuma se hangende hofsaak
en die ander omstredenhede waarin hy onlangs betrokke was, sal
sekerlik sy tol eis. Uiteindelik is COSATU se grootste probleem seker
dat sy meer gematigde teenstanders waarskynlik groter trefkrag geniet
binne die ANC en die staat, as die COSATU, SAKP en ANC Jeugliga
kombinasie.
Gevolglik is die mees waarskynlike uitkoms dat 'n gematigde na die
Desember-konferensie na vore sal tree as die nuwe
president-in-wording. Die aangewese nuwe leier, wat sy of haar titel
ookal mag wees, sal waarskynlik probeer om die beweging weer te
herenig. Aan die een kant sal pogings aangewend word om president
Mbeki en sy ondersteuners tevrede te stel. Aan die ander kant sal
daar gepoog word om hernieude verbintenisse tot eenheid te verkry van
al die partye wat by die drieledige alliansie betrokke is. Sommige
toegewings sal aan die linkervleuel gemaak word  moontlik in die vorm
van 'n groter toewyding aan die transformasie van Suid-Afrika na Ân
Ontwikkelingstaat.
Ons kan ook verwag dat alle partye 'n oorwinning verklaar  insluitend
COSATU en die SAKP Â alhoewel die uitkoms ver verwyder sal wees van
hul huidige doelwit, nl om beheer van die ANC oor te neem. Die
alternatief om van die ANC weg te breek en 'n linkse sosialistiese
party tot stand te bring, is onwaarskynlik op die kort termyn. Tog
glo ek dat dit uiteindelik wel gaan gebeur, en miskien vroeër as wat
tans verwag word.
Dit alles laat ons met die vraag wat gaan die gevolge wees as dinge
min of meer só uitwerk?
President Mbeki sal na die verkiesing in 2009 met 'n ware gevoel van
vervulling kan aftree. Hy sou 'n betekenisvolle leierskapsrol vir
bykans 15 jaar gespeel het  vir die eerste vyf jaar as die baie
aktiewe adjunk van president Mandela  en vir die volgende tien jaar
as president in eie reg.
Dit was kritieke jare vir ons jong demokrasie - en in die geheel
gesien het ons goed daaruit na vore getree. Ons het die langste
tydperk van voortdurende ekonomiese groei in ons geskiedenis beleef.
Suid-Afrika is 'n hoogsgerespekteerde lid van die internasionale
gemeenskap. President Mbeki het 'n leidende en konstruktiewe rol in
Afrika gespeel  deur te werk vir vrede op die kontinent en in sy
ontwikkeling en ondersteuning van die NEPAD-inisiatief. Die regering
het ook daarin geslaag om bykans twee miljoen huise te bou en om
verbeterde toegang tot basiese dienste aan miljoene Suid-Afrikaners te
bied. Die sleutelvraag sal wees of president Mbeki se opvolger sal
voortgaan met sy en Trevor Manuel se verantwoordelike makro-ekonomiese
beleidsrigtings. Of sal hulle eenkant toe geskuif word deur die
oordrewe toepassing van die Ontwikkelingstaat en groter
regeringsinmenging in die ekonomie?
Na my mening is die fundamentele vraag egter of die nuwe president en
regering deur ideologie gelei sal word of deur die dwingende
werklikheid van ons omstandighede.
Op watter terrein ookal die Mbeki-presidentskap goed gevaar het, was
dit omdat dit 'n pragmatiese benadering en werkbare beleid aanvaar
het. Dit is veral waar ten opsigte van sy makro-ekonomiese
benadering. En wanneer dit swak gevaar het, was dit omdat ideologie
die botoon gevoer het.
Dit is neerdrukkend dat die huidige diskoers tussen die Mbeki-faksie
en die linkervleuel steeds oorheers word deur swaarwigtige verwysings
na Lenin, Marx en Engels. Die belaglike twispunt is wie dan nou
werklik die Âvanguard party (voorpunt party) is en wie moet die rol
speel van die ware vlagdraer van die nasioanle demokratiese revolusie!
Die ideologiëe aan die orde is negentiende eeuse sosialisme en die
beswaarlik verdoeselde rasisme van die nasionale demokratiese
revolusie. Die een is op soek na die mitiese nirvana van die klaslose
gemeenskap. Die ander streef na die ewe denkbeeldige doel van Ân
nie-rassige samelewing wat gedefinieer word as 'n staat waarin daar
demografiese verteenwoordiging op alle vlakke van eienaarskap,
bestuursbeheer en werkverskaffing in die private en openbare sektor
sal wees.
Wat Suid-Afrika in stede hiervan nodig het is leierskap wat sigself
sal laat lei deur die werklikhede wat ons omring en nie deur die
dwaling van ideologie nie. Daardie werklikhede sluit in:
die werklikheid van onaanvaarbare armoede en ongelykheid in ons
samelewing wat onlosmaaklik verbind is aan werkloosheid en die
mislukking van die regering om effektiewe noodsaaklike dienste aan
miljoene Suid-Afrikaners te verskaf;
Die werklikheid van werkloosheid wat onlosmaaklik verbind is aan
onvoldoende standaarde in onderwys en opleiding en rigiede
arbeidsbeleid;
Die werklikheid van VIGS wat die regering darem nou begin aanspreek
deur die uitrol van doeltreffende anti-retrovirale programme;
Die werklikheid van misdaad wat gelei het tot moord op byna 'n kwart
miljoen mense sedert 1994.
Die werklikheid van ons vaardigheidstekorte  en die feit dat tussen
800 000 en 'n miljoen geskoolde Suid-Afrikaners sedert 1994 geëmigreer
het.
Ons benodig doeltreffende beleid om die wanbalanse van die verlede aan
te spreek maar ook in hierdie verband moet die nuwe president en nuwe
leiers hulle laat lei deur realisme eerder as ideologie:
As meriete nie die hoofoorweging by aanstellings en bevorderings is
nie, sal enige organisasie of instelling gou die meeste van sy
verdienstelike personeel verloor.
As organisasies en instellings mense met kritiese vaardighede en
ervaring verloor, sal hulle in groeiende mate misluk.
As prys, gehalte en leweringstye nie die hoofkriteria vir tenders is
nie, sal verskaffers produkte en dienste verskaf wat duur, swak van
gehalte en laat is.
As eiendomsreg verwater word, sal daar weinig belegging wees.
As mense voel dat hulle onregverdig behandel word weens ras, sal hulle
vervreem word.
As sportspanne gekies word op enige manier anders as op meriete, sal
hulle onder potensiaal presteer.
As die nasionale akkoord verwoord in ons grondwet van 1996 sistematies
geërodeer word, sal die basis van ons nasionale eenheid en versoening
vernietig word.
In plaas daarvan om deur ideologie gelei te word, moet ons volgende
president gelei word deur die ontluikende internasionale konsensus oor
die weg tot sukses. Hierdie konsensus behoort nie aan Washington of
die Weste nie. Dit werk ooral waar dit toegepas word  of dit nou in
Suid-Korea of Chili, Estonia of Mauritius is. Dit benodig:
Goeie regering;
Sterk en doeltreffende demokratiese instellings;
Onafhanklike en toeganklike howe;
Doeltreffende polisiëring;
Lae vlakke van korrupsie;
Doeltreffende dienslewering;
Vrye instellings  insluitend vrye pers;
Goeie opvoedkundige stelsels;
Sterk en dinamiese burgerlike gemeenskapsorganisasies;
Hoë vlakke van persoonlike vryheid;
Gesonde makro-ekonomiese beleid, en
Mededingende markte en openheid vir internasionale handel.
Solank 'n nuwe president hierdie doelwitte ernstig nastreef, maak dit
nie werklik saak wie hy of sy is nie.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Wo Nov 27 03:07:48 MGT 2024
|