Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Geloof
Geloof [boodskap #114685] Vr, 14 September 2007 14:13 na volgende boodskap
new2usa[3]  is tans af-lyn  new2usa[3]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Augustus 2007
Karma: 0
Junior Lid
Ek is oortuig daarvan dat Dave, Torreke ens. net so fundamentele moslems sou
gewees as hulle in 'n moslemland gebore en ge-indoktrineer was. Daarteenoor
sou Suidwester as 'n arabier die moslem geloof bevraagteken het en hy sou
sonder twyfel sterk deur eergenoemde twee aangeval gewees het.

Dit is 'n neiging van sommige mense om godsdienstig te wees. Hulle WEET.
Dit is baie onbehulpsaam, want sodra iemand GLO en dus WEET, hou hy op met
dink, hetsy moslem christen, hindo ens.

Die feit dat die mense geglo het die aarde is plat, was nie dat hulle stupid
was nie, maar omdat hulle gedink het hulle WEET en GEGLO het; en dan het die
Torrekes en die Daves van daardie tyd die bybel gebruik om dit te
substansieer.

ja swaer
Re: Geloof [boodskap #114691 is 'n antwoord op boodskap #114685] Vr, 14 September 2007 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" skryf in boodskap news:46ea970a$0$24304$4c368faf@roadrunner.com...
> Ek is oortuig daarvan dat Dave, Torreke ens. net so fundamentele moslems
> sou gewees as hulle in 'n moslemland gebore en ge-indoktrineer was.
> Daarteenoor sou Suidwester as 'n arabier die moslem geloof bevraagteken
> het en hy sou sonder twyfel sterk deur eergenoemde twee aangeval gewees
> het.
>
> Dit is 'n neiging van sommige mense om godsdienstig te wees. Hulle WEET.
> Dit is baie onbehulpsaam, want sodra iemand GLO en dus WEET, hou hy op met
> dink, hetsy moslem christen, hindo ens.
>
> Die feit dat die mense geglo het die aarde is plat, was nie dat hulle
> stupid was nie, maar omdat hulle gedink het hulle WEET en GEGLO het; en
> dan het die Torrekes en die Daves van daardie tyd die bybel gebruik om dit
> te substansieer.
>
> ja swaer

----Soos jy sê, ja swaer! Daar's niks so slim soos 'n mens wat dink hy
weet omdat die Bybel so sê nie. Ek stem saam, as 'n mens soos Torreke nie
'n gier het wat hom dryf nie, sal hy soek tot hy een kry. Hy het 'n
fondament nodig om hom te stut. En ek het nogal nie 'n probleem daarmee
nie! Dis die ouens wat koeksisters verkoop vir die kerk met so 'n 'smaail'
op sy gesig met so 'n klam, sagte, wit handjie van al die niks doen nie.
Hehe! Ek dink sy hele argument kom uit verveling uit, want hy't niks om te
doen nie.
Re: Geloof [boodskap #114699 is 'n antwoord op boodskap #114691] Vr, 14 September 2007 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> Hehe! Ek dink sy hele argument kom uit verveling uit, want hy't niks om
> te doen nie.

Ja, ek maak te veel geld!
Het baie mense wat vir my werk en netsoveel geld maak!

Weet nie wat om met my tyd te doen nie!
Re: Geloof [boodskap #114700 is 'n antwoord op boodskap #114685] Vr, 14 September 2007 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" < wrote
> Ek is oortuig daarvan dat Dave, Torreke ens. net so fundamentele moslems
> sou gewees as hulle in 'n moslemland gebore en ge-indoktrineer was.
> Daarteenoor sou Suidwester as 'n arabier die moslem geloof bevraagteken
> het en hy sou sonder twyfel sterk deur eergenoemde twee aangeval gewees
> het.

Jy gee elke keer so 'n byt, dan hardloop jy weg - nes die ander ateiste hier
rond.
Maar julle beantwoord nie 'n enkele argument nie, want julle het nie teen
argumente nie!

Ek is baie, baie meer krities! - ook oor die kerk! - en wat in moderne kerk
gebeur! - as wat jy of Suidwester ooit sal begin om te vermoed!

My kritiese gees bevraagteken baie standpunte.

Dis moontlik dat ek 'n Moslem sou gewees het as ek in 'n Moslem-land gebore
en opgevoed is - baie moontlik!

Die feit dat ek nie daar gebore is nie, maar die voorreg gehad het om in 'n
Christelik-Gereformeerde huis gebore en groot te word, skryf ek toe aan die
onherroeplike uitverkiesing deur God - onverdiende genade!

>
> Dit is 'n neiging van sommige mense om godsdienstig te wees. Hulle WEET.
> Dit is baie onbehulpsaam, want sodra iemand GLO en dus WEET, hou hy op met
> dink, hetsy moslem christen, hindo ens.
>
> Die feit dat die mense geglo het die aarde is plat, was nie dat hulle
> stupid was nie, maar omdat hulle gedink het hulle WEET en GEGLO het; en
> dan het die Torrekes en die Daves van daardie tyd die bybel gebruik om dit
> te substansieer.

Soos die ander ateiste op hierdie ng lees jy nie wat ek skryf nie, maar
reageer op wat jy dink my standpunt is. As jy die moeite gedoen het om te
lees wat ek skryf, sou jy wel gesien het dat ek dit wat ek in die Bybel lees
die hele tyd toets aan die werklikheid wat ek rondom my sien en wat ek van
die natuurwetenskappe weet.
Re: Geloof [boodskap #114701 is 'n antwoord op boodskap #114685] Vr, 14 September 2007 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Fri, 14 Sep 2007 10:13:40 -0400, "new2usa" wrote:

> Ek is oortuig daarvan dat Dave, Torreke ens. net so fundamentele moslems sou
> gewees as hulle in 'n moslemland gebore en ge-indoktrineer was.

Nee, ek sou die feit dat mohammed 'n pedofiel is, bevraagteken het.
Dus geweier het om hom slaafs na te volg soos die moslems doen.
Mohammed en die res van die moslems het nogal 'n naspoorbare
geskiedenis, weet jy? En dit behoort redelik duidelik te wees
dat ek dinge analiseer.
Re: Geloof [boodskap #114705 is 'n antwoord op boodskap #114685] Vr, 14 September 2007 23:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"new2usa" skryf

> Dit is 'n neiging van sommige mense om godsdienstig te wees. Hulle WEET.

Oppas dat jy in jou opposisie nie net so doktriner
word as die sogenaamde godsdienstiges nie. Dit
is daarom dat ateiste my nog meer irriteer as
die sogenaamde godsdienstiges.
Die probleem, myns insiens, kom wanneer die
gods-dienstiges, soos hulle hulself noem, begin
pontifikeer oor alles en nog wat, terwyl hulle niks
praat van dit waarna hulle naam verwys nie - die
diens van God. In die geval van die soort Christene,
hoor mens allerhande soorte teorie van hoe die
big bang en die bybel mekaar konfirmeer, maar
mens hoor droewig min van die voetewas van die
naaste.

Gloudina
Re: Geloof [boodskap #114713 is 'n antwoord op boodskap #114700] Sa, 15 September 2007 06:08 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:U6mdnfGlyeR1NXfbnZ2dnUVZ8vidnZ2d@saix.net...
> Ek is baie, baie meer krities! - ook oor die kerk! - en wat in moderne
> kerk gebeur! - as wat jy of Suidwester ooit sal begin om te vermoed!
>
> My kritiese gees bevraagteken baie standpunte.
>
> Dis moontlik dat ek 'n Moslem sou gewees het as ek in 'n Moslem-land
> gebore en opgevoed is - baie moontlik!
>
> Die feit dat ek nie daar gebore is nie, maar die voorreg gehad het om in
> 'n Christelik-Gereformeerde huis gebore en groot te word, skryf ek toe aan
> die onherroeplike uitverkiesing deur God - onverdiende genade!
----Hie-hie-haaaaa-haaaaaaaa!!!!!
Vorige onderwerp: wie gaan hemel toe en wie hel toe?
Volgende onderwerp: Re: Di NG Kerk op Potch brand af
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:00:25 MGT 2024