In die Slamse Buurt deur I.D. du Plessis [boodskap #114272] |
Mon, 06 August 2007 14:39 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
IN DIE SLAMSE BUURT
I.D. du Plessis
Die maan sit in die mik gevang
Van 'n afgeleefde appelboom
Wat met vermaerde vingers
Krampagtig aan die hemel klou.
Die rooi en swart kofijas buk
Om uit die resonante snaar
'n Trillende akkoord te pluk.
Die lig flits op 'n geel kitaar;
En soos 'n duiwetrop wat swenk,
Swyg al die sangers,
Met vae leed bevange.
Nog net een oue kreun
'n Halfvergete melodie
Van hartseer en verlange.
|
|
|