Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verskoning vra
Verskoning vra [boodskap #113976] Sat, 05 May 2007 14:11 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Koningin van Engeland is nou op besoek in die
suidelike VSA vir die vierhonderd-jaar viering van
die ontstaan van Jamestown, die eerste Engelse
kolonisering van die Noord-Amerikaanse vasteland.
Daar is mense wat vra dat sy verskoning moet
maak vir die invoer en gebruik van slawe in
Jamestown, maar alhoewel sy baie waarhede kwyt
geraak het, het sy nie formeel apologie aangeteken
nie. Seker te bang dat Engeland dan oor die hele
wêreld sal moet begin verskoning maak. Insluitend
SA.
Mens het as gevolg van die viering allerhande
stukke in die koerante gelees in verband met die
Engelse kolonisasie in dié tyd. Wat my die meeste
geskok het, was die volgende. Aanvanklik is die
slawe uit Afrika, wat in Jamestown ingevoer was,
nogal goed behandel, en kon hulle hul vryheid koop.
Voordat die slawe daar aangeland het, was die
lande bewerk deur "indentured labour" wat van
Engeland ingevoer is. Hierdie Engelse werkers
en die slawe het ondertrou en goed met mekaar
saamgeleef. Dit het die groot landeienaars bang
gemaak dat daar opstand sou kom van hierdie
werkers, en toe het hulle begin om sake so te
bewerk dat die wit werkers beter behandel is en
superieur begin voel het teenoor die swart werkers.
Dit is die begin van die gevoel van rasse-superioriteit
wat daar uiteindelik so intens in die suidelike VSA
posgevat het.

Gloudina
Re: Verskoning vra [boodskap #113981 is 'n antwoord op boodskap #113976] Mon, 07 May 2007 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: July 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
> Daar is mense wat vra dat sy verskoning moet
> maak vir die invoer en gebruik van slawe in
> Jamestown, maar alhoewel sy baie waarhede kwyt
> geraak het, het sy nie formeel apologie aangeteken
> nie. Seker te bang dat Engeland dan oor die hele
> wêreld sal moet begin verskoning maak. Insluitend
> SA.
>
> Gloudina

Ja, ek verstaan dat hulle kort by "Ek is jammer" omdraai net voor 'n
formele apologie, want 'n apologie kan die deur oopmaak vir eise vir
finansiële kompensasie.

Koot
Re: Verskoning vra [boodskap #113982 is 'n antwoord op boodskap #113976] Mon, 07 May 2007 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: March 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 5 May 2007 07:11:09 -0700, Hessie wrote:

ie Koningin van Engeland is nou op besoek in die
> suidelike VSA vir die vierhonderd-jaar viering van
> die ontstaan van Jamestown, die eerste Engelse
> kolonisering van die Noord-Amerikaanse vasteland.
> Daar is mense wat vra dat sy verskoning moet
> maak vir die invoer en gebruik van slawe in
> Jamestown, maar alhoewel sy baie waarhede kwyt
> geraak het, het sy nie formeel apologie aangeteken
> nie. Seker te bang dat Engeland dan oor die hele
> wêreld sal moet begin verskoning maak. Insluitend
> SA.

Wat van die Pous kom vra my om verskoning oor die Katolieke die
Protestante so doodgemaak het. Dis een van die redes hoekom my mense
na SA toe gekom het.

Dis n silly oefening die om verskoning vraery op geskiedkundige
basisse. Dis die mode van ons tyd soos om Nikes te dra.

Daar staan hulle dan in n ry. Die Duitser vra die Israeli om
verskoning die Israeili vra die Palestyn om verskoning die Palestyn
vra die Christen om verskoning die Christen vra die Jood om verskoning
die Jood vra die Moslem om verskoning die Moslem vra die Spanjaard om
verkoning die Spanjaard vra die Hollander om verskoning en so aan en
aan en aan en aan en aan tot die hele wereld gebukkend staan, handjies
gevou om mekaar om verskoning te vra.
Terwyl hulle stilletjies briefies aangee na mekaar toe.... nare klein
griefies waarin hulle alliansies vorm...
Re: Verskoning vra [boodskap #113989 is 'n antwoord op boodskap #113982] Mon, 07 May 2007 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4795
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf
>
> Wat van die Pous kom vra my om verskoning oor die Katolieke die
> Protestante so doodgemaak het. Dis een van die redes hoekom my mense
> na SA toe gekom het.

Moet hy om verskoning vra omdat hy hulle
doodgemaak het, of omdat hulle uit vrees
vir hom na Suid-Afrika gegaan het, wat nie
so 'n goeie destinasie was nie. Hulle het ander
opsies gehad. Daar is baie Hugenote-afstammelinge
in die oostelike dele van Noord-Amerika.

Gloudina
Re: Verskoning vra [boodskap #113991 is 'n antwoord op boodskap #113989] Mon, 07 May 2007 21:16 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: March 2007
Karma: 0
Senior Lid
On 7 May 2007 11:03:50 -0700, Hessie wrote:

> Ferdi skryf

>> Wat van die Pous kom vra my om verskoning oor die Katolieke die
>> Protestante so doodgemaak het. Dis een van die redes hoekom my mense
>> na SA toe gekom het.
>
> Moet hy om verskoning vra omdat hy hulle
> doodgemaak het, of omdat hulle uit vrees
> vir hom na Suid-Afrika gegaan het, wat nie
> so 'n goeie destinasie was nie. Hulle het ander
> opsies gehad. Daar is baie Hugenote-afstammelinge
> in die oostelike dele van Noord-Amerika.
>
> Gloudina

My sarkasme was gerig op die doodmaak. So 100 000 in een week met al
die doodslaners wat n jaar later volle amnestie kry - volgens die
ensiklopedie.

Actually kan ek nie omgee nie. Dis geskiedenis en die geskiedenis van
mense n lang vervelige relaas van wie vir wie wanneer waar in groot
getalle doodgemaak het. Op die einde het almal mekaar die een of ander
tyd uitgemoor en kan ons vandag nie met enige sekerheid se van watter
agtergrond ons kom nie. Ons is verwant aan almal. So dis ons wat
mekaar so doodmaak. En die verleentheid van ons tyd is dat ons toelaat
dat sekere politieke korrekte faksies dit vandag uitbuit vir goedkoop
politieke gewin - asof hulle nie self ewe hard doodgemaak het nie.
Vorige onderwerp: Openbare versoek ? EU Engelse, ens. , Afrikaanse, bemagtigings (Inisiatiew(e)), om te verhoog ?
Volgende onderwerp: The Reuters Photo Scandal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 22:53:50 UTC 2025