Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die ossewa - Jan F.E. Celliers
Die ossewa - Jan F.E. Celliers [boodskap #112698] Sat, 03 February 2007 06:28
Dave Jones  is tans af-lyn  Dave Jones
Boodskappe: 11
Geregistreer: January 2007
Karma: 0
Junior Lid
Die ossewa
Jan F.E. Celliers

Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hun skowwe -
hul dra dit getroos en tevree.

En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna -
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.

Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe -
en ver is die tog van die dag.

Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
die knars in die knakkende knokke,
maar hul beur, en die vrag bring hul daar.

So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad...
Hul bene, na swoeë en swerwe,
lê ver op die velde verlaat.
Vorige onderwerp: Die weg van eer - Jan F.E. Celliers
Volgende onderwerp: Die Joggie Jansen storie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 04 22:50:21 UTC 2025