Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Van Melle - Oom Diederik leer om te huil
Van Melle - Oom Diederik leer om te huil [boodskap #112190] |
Do, 18 Januarie 2007 04:42 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
OOM DIEDERIK LEER OM TE HUIL
Die koors was daardie jaar baie kwaai en selfs in die wyk van
Buffelshoek, waar gewoonlik geen malaria is nie, het baie mense siek
gelê aan die koors.
Dit was in die nasomer aan die end van Maart. Oom Diederik Blas sit
alleen in die sitkamer van sy taamlike ruim, maar armoedige huis en sit
daar en dink aan al die siekes in sy omgewing. Noord en suid van horn
woon sy kinders, al langs die spruit, op hul klein stukkies grond in
hul klein wonings, kleinboere wat hard moet werk om hul grondjies to
behou.
In elke huis is siekte. In hul klein lae kamers lê die siekes, groot
mense en kinders in die hitte van die nasomer en bewe van koue of woel
in koorshitte, smagtend na koelte. Die armoede is ook groot en in
menige huis het hulle gebrek aan. die dinge wat 'n siek mens nodig het.
Sy vrou kom uit die kombuis en praat met hom. Dit is alweer oor die
siekte. Sy staan daar in die deur, oud en grys, krom en maer,
verwaarloos deur sorge en ontbering.
"Flip het ook weer ingeval," sê sy. "Hulle pas hul ook nie op nie."
Sy het dieselfde 'n uur gelede ook a1 gesê, en by begryp dat sy na
geselskap verlang, maar na 'n paar minute verval by weer in gepeins.
Dit druk haar dat by so weinig spraaksaam is; dit maak haar so triestig
as by daar so stil sit sonder om 'n woord to se. Met 'n sug gaan sy
weer weg. 'n Dogtertjie van 'n jaar of twaalf kom binne en vra of Ouma
nie kans sien om bietjie oor te kom nie, want boet Jan het weer so
harde koors. "Ma weet nie wat om te doen nie," sê die kind, "en Pa is
nie by die huis nie." Hy roep na haar. "Gaan tog maar weer bietjie
soheentoe, sê hy.
Toe sy vrou weg is" dink hy: "Ek is verwonder dat die koors my nog
nie aangetas het nie. Maar een van die dae sal by my seker ook kry."
Iemand klop en by staan op. Dis 'n opgeskote seun, die seun van een van
sy kinders wat 'n paar uur verder woon.
"Hoe gaan dit by julle?" vra hy.
"By ons is nog baie siekte, Oupa. Pa het my gestuur om te verneem hoe
dit hier by Oupa-hulle gaan.
"Ja, kind" hier is dit maar net so. Jou oom Flip het weer ingeval. By
Hendrina lê ook twee van haar kinders siek. Stefaans se vrou lê ook
al 'n paar weke. "Hier is amper nie 'n huis waar Been siekte is nie. Ek
verwonder my dat die siekte my ook nog nie aangetas het nie.
"Oupa is gelukkig." sê die seun.
"Ja, maar by sal my seker nog kry."
Die seun sê niks, weet nie watter antwoord by daarop moet gee nie.
Toe by weg is" loop oom Diederik uit na sy mielielande. Hoog en groen
staan die mielieplante in die hitte van die warm voormiddag, weelderig,
met groot koppe.
"Dit kan 'n goeie oes word", dink hy. "Maar 'n mens weet nie of jy
nog sal sien dat hierdie mielies gedors word nie." Na 'n tyd sien by sy
vrou weer terugkom. Dit val hom by dat by die laaste tyd so min met
haar gesels; so met sy eie gedagtes besig is dat by die geselskap
verwaarloos. "Dis darem nie goed genoeg," dink hy. Hy gaan haar
tegemoet en vra haar uitvoerig uit en dit beur haar op dat by weer so
spraaksaam is. "Dis alte swaar as 'n mens net twee in die huis is en
een sê amper geen woord nie," dink sy.
Een bedompig-warm middag, terwyl by in die huis by sy oudste seun sit
voel by koue hom bekruip. Sy seun sien dit.
"Pa voel tog nie siek nie?" vra hy.
"Ek voel of ek koud wil word" sê hy. ,Ek wil maar weer loop."
"Wag" ek sal gou inspan," sê sy seun.
""Nee" toe maar, dis nie ver nie; miskien is dit goed as ek 'n
entjie step."
Maar toe by by sy huis kom, was by so duiselig dat by op sy bene
wankel. Dadelik gaan by lê en terwyl by rillend inmekaar krimp van die
koue-koors se by elke maal by homself: "Hier het by my nou ook; ek het
dit verwag." Sy vrou dokter hom so goed as sy kan, maar die koors neem
toe. Van koue wat hom so laat bewe dat sy kooi skud, kom by dan
langsaam in 'n hitte wat hom na koelte laat smag. Dan lê by uitgeput
tot die kouekoors weer vat.
So gaan dae verby met tye dat by helder van gedagte is en tye dat by
nie weet wat by praat nie, dat by dinge om hom heen sien wat nie
bestaan nie; tot daar 'n ding kom wat sy denke een rigting laat loop.
Dis 'n droom.
Dis 'n droom wat elke maal terugkom. Dit gaan aan as by wakker lê en
terwyl by slaap, ook as by by tye by sy bewussyn is" dan nog gaan by
met die droom aan. So gaan die dae aanmekaar.
Hy droom dat by met kar en perde ry; 'n lang pad. Hy sit alleen op die
kar met sy oë, angstig met die pad af, want 'n vrees is in hom dat by
by 'n hek sal kom. Daar is geen rede om bevrees to wees vir 'n hek nie,
want by kan clan mos maar afklim en die hek oopmaak, maar tog maak die
gedagte dat by moontlik voor 'n hek sal kom hom so bevrees dat by vir
niks anders aandag het nie as net daarvoor. Maar die pad is oop en geen
hek hou sy voortgang op nie tot by meteens sien dat daar draad oor die
veld en oor die pad gespan is en by die pale van 'n hek sien. 'n Skok
can deur hom. Sê nou die hek is toe? Maar toe hy naderkom, sien by dat
die hek oop lê. Dis maar 'n draad hek en lê daar neergegooi aan die
kant. Met 'n sug van verligting ry by deur.
Hy lê daar op sy bed in die donker bedompig-warm kamer met sy broek en
hemp en sokkies aan, heet van die koors, en woel onrustig. Soms maak by
sy oë, oop en dan kan 'n mens sien dat by deurmekaar is. Hy gooi
homself heen en weer; hy mompel. Sy vrou sit by sy bed; sit elke maal
nat lappe op sy voorkop.
"Daar is 'n hek" sê by verskrik.
Toe sê hy: "Gelukkig, hy lê oop."
Dan lê hy weer 'n rukkie rustiger.
So ry hy verder. Elke maal is daar weer 'n hek, maar die hekke is
altyd oop en sonder dat hy selfs nodig het om of to klim, ry by deur.
Tog laat elke nuwe hek hom weer skrik.
Naderhand kom by voor 'n hek wat toe is. 'n Man staan daar by die hek,
'n gewone man, 'n gewone plaasboer soos 'n mens baie ontmoet. Hy hou
stil e, wag of die ma, die hek sal oopmaak.
"Waar ry oom heen?" vra die ma,.
Daarop het hy nie dadelik 'n antwoord nie. Toe sê by: "Waar almal
heen ry."
Die man maak die hek oop. "Ry maar," sê hy.
So hou dit aan. Elke maal is daar 'n hek en staan daar 'n man wat hom
vra waarheen by ry, en altyd gee by dieselfde antwoord. Maar sy vrees
word altyd sterker. Miskien sal hy voor 'n hek kom waar 'n man staan
wat nie wil oopmaak nie. Maar dit gaan goed; altyd weer maak die man
die hek vir hom oop. Toe, by 'n nuwe hek vra die man hom 'n nuwe vraag.
Dis 'n ou man soos hyself. "Wie is Neef?" vra die ma,.
"Ek is Diederik Blas," se hy.
"Diederik Blas wat in die Eerste Vryheidsoorlog in die slag by
Bronkhorstspruit onder kommandant Frans Joubert by was?"
"Ja, ek was daar."
Die ou man maak die hek vir hom oop. "Ry maar."
By elke hek wat by moet deur, staan daar nou net so 'n ou Boer. Hulle
lyk almal soos die ou mense wat al bejaard was toe by nog maar 'n
opgeskote seun was, manne met lang baarde, klapbroeke en ouderwetse
geweers.
"Wie is Neef?" vra hulle.
"Ek is Diederik Blas, oom," se by dan nederig.
Hy is self oud maar hulle is van vanmelewe se mensee, vergeleke by
hulle voel by jonk.
"Is jy Diederik Boas wat met die inval van Jameson heeltemal van
Middelburg met 'n klompie burgers gekom het om to help veg?"
"Ja, oom."
"Dan maak hulle die hek oop.
By 'n ander hek vra hulle hom of dit by was wat in die Driejarige
Oorlog in die slag by Bakenslaagte gewond is, toe die vrede al so te
sê gesluit was. 'n Ander vra hom weer iets dergeliks; en altyd laat
hulle hom dan gewillig deur, want oom Diederik was 'n goeie burger wat
altyd klaar gestaan het om sy lewe vir sy land to waag. Hy begin
langsamerhand meer moed kry, want hy sien dat hulle hom oral ken en dat
niemand hom die deurgang versper nie.
Maar by 'n nuwe hek staan daar twee manne e, dit laat hom weer met angs
nader kom. Dis mense soos die ander, maar vernamer; hulle lyk soos
offisiere, manne met gesag en by besef dat dit hier moeiliker sal gaan.
Bang wag hy vir hul vrae.
"Wie is Neef?" vra die een.
"Ek is Diederik Blas, Oom." Hy voeg daarby: "Ek was in die slag by
Bronkhorstspruit en ek was by die geveg met Jameson. Ek het ook in die
Driejarige Oorlog al die tyd buite gebly."
Maar tog aarsel hulle,en 'n tyd staan hulle met mekaar en gesels sonder
dat by kan hoor wat hulle sê. Lank bekyk hulle hom twyfelend.
Toe vra een van hulle: "Was dit jy wat in die rebellie gesê het dat
julle ook vir die Sappe moes bid?"
Ja, dit het hy gesê. Die ding het by al byna vergeet, maar nou
herinner by hom dit weer.
"Ja, Oom," sê hy, "dit het ek toe gesê." Hulle maak vir hom oop.
"Jy kan maar aanry," se hulle.
Lank ry by nou ongesteurd verder. Daar is gee, hekke nie, Geen manne
wat hom vrae stel nie; wyd en oop lê die wêreld sonder erens 'n
enkele kamp of waar die grond met draad toegemaak is, oop sonder iets
wat jou keer, soos vanmelewe en oor die lang vlaktes klim en daal sy
pad onbelemmerd na die verte. Maar terwyl by hom nog daaroor sit e,
verheug kom hy plotseling om 'n draai weer voor 'n hek. Weer staan daar
twee manne, van uiterlik soos die twee voriges.
"Is jy Diederik Blas?" vra een van hulle.
"Ja, Oom."
"Ons laat nie sommer elkeen deur nie," sê hulle. Groot angs staan in
hom op. Hier stuur hulle my terug," dink hy.
"Ons wil jou bietjie uitvra," sê die ander een.
"Ja, Oom," se hy.
"Wat het jy gedoen met jou skape?" vra die man.
"Hoe meen Oom?"
"Ek meen jou swart skape; wat het jy gedoen met jou naturelle? Hulle
is mos jou swart skape. Het jy hulle in die Evangelie laat wei?"
Oom Diederik laat sy kop sak. Nee by het hulle nie in die Evangelie
laat wei nie. Hy het hulle nie to lank laat werk; en by het hulle
genoeg kos gegee; hy het hulle nie sleg behandel nie, maar moeite om
hulle te bekeer het by nie gedoen nie. Net met een of twee het hy
moeite gedoen; daaraan dink hy nou.
"Nee," sê hy. "Met boekevat was party soms by, dis al. En dan soms,
byvoorbeeld met Windvoël, hom het ek iets probeer leer van die
Christendom. Ja, met hom het ek regtig my bes gedoen. Maar by was baie
dom. Hy was my agterryer in die Driejarige Oorlog en meer as een aand
het ek lank met hom gesels om hom dinge te laat verstaan, maar hy het
to min verstand gehad om veel daarvan to begryp. En dan Vaatjie, 'n
jong wat saam met my grootgeword het, met hom het ek later ook dikwels
oor die geloof gepraat. Hy was ook 'n getroue skepsel. Hom kon ek iets
leer, want sy verstand was vir 'n naturel altans, wonderlik goed."
"Ja," sê hulle. "Ons weet daarvan."
Tog aarsel hulle nog. Toe, langsaam, asof hulle nog half twyfel, maak
hulle die hek oop.
Neerslagtig ry oom Diederik verder. Die ding word al moeiliker; hy sal
dit nie maak nie. Netnou sal hom vrae gestel word wat by ontkennend
moet beantwoord. En dan? Dan sal hulle hom nie laat deurgaan nie.
Toe sien hy iets wat hom tegelyk van hoop en wanhoop laat bewe. Hy sien
'n hoe bult voor hom en bo-op die bult 'n kerk. Dis 'n mooi groot kerk
en sy vensters blink in die son. Rondom die kerk staan dit vol waens en
tente. Sal hy daar kan kom? Hoeveel hekke sal hy nog moet deurgaan voor
by daar sal wees?
'n Nuwe hek is alweer voor en 'n man staan daar. Dis 'n buitengewone
man" indrukwekkend om to sien, lank en frisgebou, met 'n groot grys
baard en oë, wat dwarsdeur jou heen kyk.Hy hou sy kop soos 'n groot
generaal, soos 'n mens wat vir niks vrees nie; Boos iemand wat mag het
om jou met een woord to verdelg.
Vol vrees hou by 'n ent van die hek of stil.
"Waar ry jy heen?"
"Na daardie kerk, Meneer," antwoord oom Diederik vol angs.
"Wie is jy?"
"Diederik Blas."
"Waarom huil jy nie, Diederik Blas?" vra die groot man. "Ons laat
enkel mense deur wat huil."
Hierdie woorde verbaas hom.
"Waarom moet ek huil, Meneer?" vra hy. "Moet ek huil oor my kinders
wat dood is; of oor my eerste vrou wat ek verloor het; o£ oor al die
teenspoede en ongelukke of teleurstellings in my lewe? Dis mos nie
manlik om daaroor to bly huil nie?"
"Nee" 'n mens kan nie altyd daaroor bly treur nie." antwoord die man.
"Moet ek oor my sondes huil?"
'n Mens kan ook nie aanhou om daaroor te huil nie." Daar is 'n lang
stilte.
"Wat moet ek doen, Meneer?" vra oom Diederik bedroef.
"Omdraai."
"Waarheen?"
"Terug waarvandaan jy gekom het."
"Om wat to doen?"
"Om te leer huil."
Waaroor moet ek dan huil as dit nie oor my sondes is nie?"
Maar die man gee hom geen antwoord We en gans bedruk en teneergeslae
keer oom Diederik die perde om en ry terug met die pad waarmee by gekom
het.
Stadigaan word oom Diederik weer gesond; langsaam met tye van nuwe
verswakking. Vir ure kan by sit sonder om to roer, sy gedagtes stil
soos 'n gat water" Dikwels ook dink by aan die droom. 'n Wonderlike
droom was dit. Hy beskou dit as 'n voorbode.
"Hierdie droom wil vir my iets leer"" dink hy, "maar wat weet ek
nie."
Die predikant kom eindelik daar. Hy moes lankal daar gewees het, meen
oom Diederik, maar nou kom hy dan tog eindelik en oom Diederik besluit
om hom omtrent die droom uit to vra.
Die predikant is 'n man van so by die vyftig, vol krag en werklus nog.
Hy is op huisbesoek en ry nou ook by oom Diederik aan. Dat by nie al
eerder, spesiaal vir hom, gekom. het nie, sou oom Diederik hom vroeër
seker kwalik geneem het, maar nou traak dit hom min. Daar is nog 'n
ouderling by ook. Ook dit kan oom Diederik weinig skeel. Hy is wel
helder van gedagte, maar hy is so kragteloos, so deur en deur swak, en
tegelyk so sorgeloos dat by sommer dae aanmekaar sit sonder om hom oor
iets to bekommer. Hy dink ook weinig. Hy is soos 'n spieël waarin die
dinge om hom heen weerkaats. Hy neem die beelde op dis al. Daar sit die
predikant, daar sit die ouderling in hul swart pakke. Hy hoor wat hulle
sê" Hy sê self ook iets. Ja by het koors gehad. Amper was by nie meer
daar om die dominee to ontvang nie.
"Ja," sug die predikant, "die Here weet sy tyd."
Die ouderling sug ook: "Almal moet maar die pad loop" sê hy.
"Daardie hek moet jy deur," sê oom Diederik. Daar is 'n lang stilte.
Oom Diederik se vrou sit ook daar, maar sy luister net - praat geen
woord nie. Oom Diederik sit daar, regop, maer, geel-bleek; sy grys
baard blou-wit, sy blou of flets en sonder spraak. Hy sit daar
roerloos, soos 'n beeld, sy stil hande oormekaar. Die predikant sit
hom. en beskou.
"Die ou is klaar met die wêreld" dink hy.
Oom Diederik weet wat die predikant dink, maar dit maak geen indruk op
hom nie.
"Dink Dominee 'n Christen moet 'n neerslagtige sort mens wees?" vra
by onverwags. "Moet jy dan almelewe bedruk en droefgeestig wees?
Treurende so te sê?"
"Nee" oom Diek, ek glo nie. Wat is daar benydens waardiger as 'n
blymoedige Christen? Natuurlik daar is altyd dinge om jou oor to
bekommer en dinge wat jou leed aandoen; maar tog, 'n Christen het tog
alle rede tot blydskap.
"So het ek ook gedink," sê oom Diederik.
"Net jou sondes oom Diek, daaroor sal jy altyd bedroef voel."
"'n Mens kan darem ook nie aanhou om altyd daaroor to treur nie," sê
oom Diederik.
Die predikant kyk verwonder, 'n weinig pynlik getroffe selfs. Ook die
ouderling vind dit 'n snaakse antwoord.
"Nee" oom Diek," sê die predikant, "as ons besef hoe groot sondaars
ons almal is, kan dit nie anders nie of dit moet ons neerslagtig maak."
Oom Diederik gee nie antwoord nie. Hy voel nie lus om hieroor to stry
nie, al weet by nou beter. "Dominee kan 'n stukkie vir my lees as
Dominee wil," sê by na 'n tyd.
Sy vrou kry die Bybel en die predikant dink wat by sal soek. Die woorde
van oom Diederik het hom egter laat sleg voel en hy sit daaroor en dink
terwyl by soek. Hy weet waarlik nie wat by moet lees nie.
"Het oom Diek voorkeur vir die een of ander gedeelte?" vra hy.
"Nee" Dominee kan maar enigiets lees."
"Dan sal ek sommer hier lees waar dit oopgeval het."
Hy voel 'n bietjie skaam dat by We 'n toepaslike gedeelte in sy
gedagtes kan kry nie en met weinig besieling begin by lees. Hy lees 'n
gedeelte van Mattheus 19. Oom Diederik neem elke woord op al lyk dit of
by skaars hoor.
Hoe verder die predikant lees hoe meer meen by dat by nou iets lees wat
weinig troos of bemoediging in hierdie oomblik kan gee; dat dit jammer
is dat by nie iets meer toepasliks gesoek het nie. Tot by kom by die
een-enveertigste vers: "En als Hij nabij kwam en de stad zag, weende
Hij over haar."
Toe by daar kom, sê oom Diederik: "Dankie, Dominee, dis genoeg. Ek
weet nou wat ek wou geweet het."
Verwonderd wag hulle of by meer sal sê, maar by bly swyg.
"Wat is dit, oom Diek?" vra die predikant. "Wat was dit wat oom Diek
wou geweet het?"
Maar oom Diederik het geen lus om van die droom to vertel nie en by
sê: "Die Bybel is darem wonderlik, Dominee. Dit gee jou antwoord op al
jou vrae."
"Ja, oom Diek?" vra die predikant.
Maar oom Diederik sê niks meer nie. Roerloos sit hy daar soos 'n beeld
van was. Hy sit daar so stil asof alles in hom onbeweeglik is, asof al
sy gedagtes slaap, soos 'n grou water in skemering; soos 'n sandplaat
by nag. Hulle sit hom en bekyk. 'n Ou man, 'n mens by die poort van die
dood; een wat die hek weldra sat deurgaan.
'n Buitengewone stemming is in die kamer. Sonder beweging sit die vier
mense daar en niemand praat 'n woord nie. Die drie sit soos drie wat
kyk hoe een van hulle vir goed weggaan, soos drie mense 'n wa nakyk wat
wegry. Daar gaan hy heen en neem alles saam wat by het, sy geloof, sy
berou, sy werke: goeie en kwaaie. Watter soort vrag is daar op sy wa?
So sit hulle daar en dink.
Die son sak en goudagtig skyn sy strale deur die een venster. Die stil
mense maak dit alles nog plegtiger. Eindelik staan die predikant op en
oom Diederik sit weer alleen met sy gedagtes. Hy sien dat sy kar
ingespan staan, opgepak en klaar om te ry. Alles wat hy nodig het is
op, net die trane, die regte trane, ontbreek. Hy sien vooruit reeds al
die hekke wat by sal moet deurgaan en by weet nou dat dit nie moeilik
sal wees nie, dat hulle hom oral sal deurlaat; net die laaste hek sal
by nie kan deurgaan nie; daar gaan alleen die mense deur wat huil;
trane huil wat nooit ophou vloei nie; waar jy is, hier op aarde of van
die aarde weg, aanhou vloei solank die mensdom in nood en sonde leef.
Mag by dan nie daardie trane hê nie?
Groot droefheid vervul hom, 'n bitter droefheid oat by oud geword het,
sewentig jaar geleef het sonder daardie trane te huil, regtig daardie
trane te huil en by bid om daardie droefheid wat sal aanhou; aanhou
solank die son op 'n onveranderde aarde skyn.
|
|
|
Re: Van Melle - Oom Diederik leer om te huil [boodskap #112216 is 'n antwoord op boodskap #112190] |
Do, 18 Januarie 2007 15:18 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jonas skryf
> OOM DIEDERIK LEER OM TE HUIL
Dankie, Jonas. Hierdie storie laat my dink aan
die Mahayana-Buddhis wat die Bodhisattva-eed
neem om nie op te hou werk en bid totdat alle
lewende wesens verlig is nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Ma Nov 25 02:26:40 MGT 2024
|