Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Wikipedia
Wikipedia [boodskap #112183] Wo, 17 Januarie 2007 16:13 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Torreke:
As dit die standaard van Wikipedia verteenwoordig, dan moet mens ALLES
wat Wikipedia aanbied, met baie meer as 'n knippie sout neem. Die
artikel is so vol historiese mistastings en wanvoorstellings dat dit
die opinie wat daarin uitgespreek word, ernstig in die gedrang bring.

Katryn:
Hokaai, Torreke. Moet nou nie die baba met die drinkwater uitgooi
nie. :)
Wiki kan eintlik gesien word as ons Moses wat ons uit Egipte lei na
die beloofde land - die land van kennis en "open source" - maar dit
gesê is daar 'n baie belangrike aspek wat mens in gedagte moet hou ,
en dit is PERSOONLIKE VERANTWOORDELIKHEID. Dit is jou en my en almal
wat Wiki gebruik, se verantwoordelikheid om as jy iets lees wat
gepubliseer word in Wikipedia, en nie daarmee saamstem nie, reg te
stel.
Jy sal byvoorbeeld sien in daardie artikel wat ek aangehaal het, was
daar 'n "disclaimer":
"This entry is from Wikipedia, the leading user-contributed
encyclopedia. It may not have been reviewed by professional editors"
BAIE belangrik daardie deel. :)

Soos met ENIGE iets, moet mens krities daarna kyk en nie alles vir
soetkoek opeet nie. Hoe meer mense deelneem aan Wikipedia, hoe meer
"akkuraat" sal die inligting wees. Dit is dus JOU verantwoordelikheid
in hierdie geval meneer, om hulle te kontak en die regstellings te
maak. Hulle sal jou voorstelle na 'n paneel stuur, en die saak sal
reggestel word. Natuurlik moet jy baie seker wees van jou saak, en
bereid wees om baie tyd te spandeer om die spesifieke saak na te vors
met goeie inligtingsbronne.
Ek het geloof in Wiki dat dit sal geskied. :))

Baie van ons het grootgeword met die Encyclopaedia Britannica in ons
huise. En almal weet dat selfs daardie "bybel" het baie foute en
wanvoorstellings. Die verskil met Wikipedia is dat die kanse dat
daardie wanbegrippe reggestel word, is groter.
Nature is een van dié leading journals in die wetenskap wereld. So
paar jaar gelede het hulle juis na die saak gaan kyk, en die resultaat
was nogal baie interessant. Beide Britannica en Wiki het foute gehad,
maar die statistiese verskil tussen die 2 verwysingsbronne is te klein
om die een as beter as die ander te beskou.
Re: Wikipedia [boodskap #112279 is 'n antwoord op boodskap #112183] Ma, 22 Januarie 2007 07:36 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die verduideliking! Ek sal wanneer ek tyd het, vir hulle die
korreksies stuur!

"Katryn" skryf:
> Torreke:
> As dit die standaard van Wikipedia verteenwoordig, dan moet mens ALLES
> watWikipedia aanbied, met baie meer as 'n knippie sout neem. Die
> artikel is so vol historiese mistastings en wanvoorstellings dat dit
> die opinie wat daarin uitgespreek word, ernstig in die gedrang bring.
>
> Katryn:
> Hokaai, Torreke. Moet nou nie die baba met die drinkwater uitgooi
> nie. :)
> Wiki kan eintlik gesien word as ons Moses wat ons uit Egipte lei na
> die beloofde land - die land van kennis en "open source" - maar dit
> gesê is daar 'n baie belangrike aspek wat mens in gedagte moet hou ,
> en dit is PERSOONLIKE VERANTWOORDELIKHEID. Dit is jou en my en almal
> wat Wiki gebruik, se verantwoordelikheid om as jy iets lees wat
> gepubliseer word in Wikipedia, en nie daarmee saamstem nie, reg te
> stel.
> Jy sal byvoorbeeld sien in daardie artikel wat ek aangehaal het, was
> daar 'n "disclaimer":
> "This entry is from Wikipedia, the leading user-contributed
> encyclopedia. It may not have been reviewed by professional editors"
> BAIE belangrik daardie deel. :)
>
> Soos met ENIGE iets, moet mens krities daarna kyk en nie alles vir
> soetkoek opeet nie. Hoe meer mense deelneem aan Wikipedia, hoe meer
> "akkuraat" sal die inligting wees. Dit is dus JOU verantwoordelikheid
> in hierdie geval meneer, om hulle te kontak en die regstellings te
> maak. Hulle sal jou voorstelle na 'n paneel stuur, en die saak sal
> reggestel word. Natuurlik moet jy baie seker wees van jou saak, en
> bereid wees om baie tyd te spandeer om die spesifieke saak na te vors
> met goeie inligtingsbronne.
> Ek het geloof in Wiki dat dit sal geskied. :))
>
> Baie van ons het grootgeword met die Encyclopaedia Britannica in ons
> huise. En almal weet dat selfs daardie "bybel" het baie foute en
> wanvoorstellings. Die verskil met Wikipedia is dat die kanse dat
> daardie wanbegrippe reggestel word, is groter.
> Nature is een van dié leading journals in die wetenskap wereld. So
> paar jaar gelede het hulle juis na die saak gaan kyk, en die resultaat
> was nogal baie interessant. Beide Britannica en Wiki het foute gehad,
> maar die statistiese verskil tussen die 2 verwysingsbronne is te klein
> om die een as beter as die ander te beskou.
>
Vorige onderwerp: Skakels / Links
Volgende onderwerp: Afrikaanse Spelling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 13:57:30 MGT 2024