" Bevrydende vervreemding" deur DEON MAAS (uit Beeld) [boodskap #111539] |
Sa, 11 November 2006 14:09 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kaalvuis: Bevrydende vervreemding
Nov 10 2006 07:38:05:263PM - (SA)
Deon Maas
Laat 'n mens nou maar hoop dat met die voormalige president se
begrafnis vandeesweek ook 'n einde gebring is aan 'n era van
onverbiddelike onreg.
Die gedenkdiens op TV Woensdag was vir die uwe maar 'n taamlike
kultuurskok. Daar sit die vaders en moeders van die volk en bring hulde
aan 'n ontslape leier wat geen teenstand geduld het nie. Jy betrag
hulle.
Party se gesigte is van beroerte-aanvalle vertrek en hier en daar is
'n paar in rolstoele. Die kamera stol lank op elkeen wat op sy dag
'n leiersrol gehad en jy herken hulle die een na die ander.
Hel. Dis nou onse mense, wrede mense wat 'n mens bang gemaak het vir
vryheid. Ja, hier sit hulle nou, verenig vir 'n laaste eerbetoon vir
'n heerser wie "se nee nee was en sy ja ja".
DIT voel effens onwerklik dog bekend. Eintlik herinner dit aan 'n ou
mafia-fliek uit die dae her. Die dominee praat en preek. Flarde
herinneringe syfer deur. Die klem val veral op die ontslapene as
godsman. Ons moet kennis neem: PW Botha is reguit hemel toe. Die
familiebank sit kant en wal vol. 'n Mens probeer jou bes om te sien
waar Cliff Saunders is en of hy opgedaag het.
Rozanne is haar pa se kind, olraait. As sy op 'n stasie raak, swaai
daardie armpie. Sy sing begeesterd en met toe oë "I'll Walk with
God". Nie sleg nie, maar sy sal nou ook nie die Supersterre haal nie.
Sy sê sy het vir haar twee pappies gesing: Die een daar bo en die een
hier onder.
Dis 'n lang diens. Die kamera doen sy job. Fokus lank op die gesigte.
Langs mnr. FW de Klerk en sy gade sit mnr. Thabo Mbeki en sy gade.
Laasgenoemde lyk maar stug. Shame. 'n Mens wonder waar Pik Botha en
Desmond Tutu is.
Later preek nog 'n dominee. Ook 'n Botha. Hy haal aan uit die
volkslied. Nie baie diskreet nie, want dit kan verkeerd vertolk word.
Later praat nog 'n ou - kan nie sy naam onthou nie - maar 'n
Jordaniese teoloog en huisvriend van die Bothas. Hy raak aan die
politiek, aan die beeste en die skape, die bokke en die hoenders en die
Big Bang. Nee, sê hy, Suid-Afrika strike hom nie as 'n ontwikkelende
land nie, eerder een in Europa.
Hy was obviously nie op sy baie besoeke aan Suid-Afrika naby een van
die honderd en hoeveel plakkerskampe nie, nog minder het hy trein of
taxi gery of 'n draai by 'n staatshospitaal gaan maak.
Die hele besigheid Woensdag op TV het my onrustig gestem, iets van die
jaloerse God van my kinderdae, die vrees en die hel en slawedryf was
onteenseglik daar. Ook 'n duidelike onderstroom van die
uitverkorenheid van die Afrikaner, sy politiek, sy kerk, kultuur en
onverbiddelikheid.
Alles is tegelykertyd bekend en vreemd. Dit was met 'n skok dat ek
voor daardie TV besef in hoe 'n mate ek van die Afrikaner en sy
erfenis vervreemd geraak het.
Dit was nogal sad, maar ook heluit bevrydend.
"Dit was met 'n skok dat ek voor daardie TV besef in hoe 'n mate
ek van die Afrikaner en sy erfenis vervreemd geraak het."
|
|
|