TAAL + KERK: Vulgere Skisofrene ???? [boodskap #7085] |
Thu, 22 August 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het 'n gedig van 'n Griekwa se weergawe van 'n psalm gepos,
toe is daar die volgende kommentaar gegee:
From: de...@world-net.sct.fr (Demo Installer)
> Om in Parys te sit en deur die SA nuusgroep blaai om nie by skryfwerk uit
> te kom nie en dan op Griekwas, Psalm 21, bybellees en Prieska af te kom,
> is om te weet wat vulgjre skisofrenie is.
From: cas...@aol.com (Castet)
> Die mag en medium van die rekenaar het net n vullisblik vir emosies
> geword.
> Ek groet dus en stuur groete aan die een wat my afmaak as n vulgere
> skisofreen.
Ek verstaan nie!! - Help my:
----------------------------
1) Wat het die gedig met skisofrenie te doen ? (My beeldspraak is nie
so goed nie! - verduidelik asb. Wat het Mnr "Demo Installer" bedoel ?
Wie skryf uit Parys uit (behalwe Breytenbach ?)
2) Wie het Castet beledig ? Wat het Castet gesê om 'n belediging te
verdien? Mis ek 'n brief ? Of was daar 'n private brief tussen Castet
en jou Koos?
Moet jou asseblief nie laat beledig nie, Castet, stuur eerder 'n bydrae!
KOOS: Jy haal 'n pragtige gedig aan van CASTET, vertel asb meer.
3) Lyk my daar is gapings in die nuusgroep op die Internet in Australie?
Is dit oor die lyne kruis hier oor die Outback ?
(Hier werk die telefone nog met paraffien en blikkies, soos in Adoons-
hulle se dae). Ons gaan binnekort na diesel-telefone oorskakel...)
Groete
|
|
|
|
Re: TAAL + KERK: Vulgere Skisofrene ???? [boodskap #7104 is 'n antwoord op boodskap #7085] |
Sat, 24 August 1996 00:00 |
pigf...
Boodskappe: 33 Geregistreer: July 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
writes:
> Wie skryf uit Parys uit (behalwe Breytenbach ?)
ek wonner ok. ek het nie geweet hulle is al internet
gekonnek in die vrystaat nie.
terloops, hoekom is die kruiwa ontwikkel?
solat die vrystaters kon leer regop loop!!!
skies, dis net 'n ou grappie. eintlik dink ek die mense
van die vrystaat is die beste en naaiste in die hele
land.
pigfarmr
|
|
|