Gedig van verlange [boodskap #7061] |
Mon, 19 August 1996 00:00 |
Castet
Boodskappe: 10 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek is dalk net nog 'n korrel in die sand van menigte strande bondbesaai
ek is miskien wat hulle noem een van die gelukkiges
maar ek wonder of ek ooit die biltong tussen my tande gaan probeer uithaal
die beeste in die kraal saam met oupa gaan tel
ek bere maar my herinneringe in die swaar ou laaitjies van my hart en
emigreer of nie emigreer, ek is nou geïntegreer, soos 'n fyn
biesiemandtjie is my liefde vir my land ingeweef, en dit is nie sommer
iets wat ek uitrafel nie;
enige een wat graag wil chat is welkom, glo my, in 'n see van frans honger
'n mens vir Afrikaans op jou eie eiland
Anna oniem
|
|
|
Re: Gedig van verlange [boodskap #7091 is 'n antwoord op boodskap #7061] |
Thu, 22 August 1996 00:00 |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die gedig van verlange is nog steeds mooi,
wie dit nou geskryf het weet ek nie en dit maak seker nie
saak nie. Castet het ook nogal 'n paar waar dinge gesê
oor die nuusgroep...
Groete.
|
|
|