Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » GEDIG: oor daai brommer !
GEDIG: oor daai brommer ! [boodskap #7010] Vr, 16 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nog 'n gedig van Charl-pierre Naude uit sy bundel
"DIE NOMADIESE OOMBLIK"

DIE BROMMER
===================

Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde

en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band

met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onhuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die Juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.

-----

Groete.
Re: GEDIG: oor daai brommer ! [boodskap #7048 is 'n antwoord op boodskap #7010] Ma, 19 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kuy...  is tans af-lyn  kuy...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:
>
> DIE BROMMER
> Die muskiete vier fees hier in Ontario. Ek is opsoek na die woorde van
die gediggie oor die muskietejag. Ons het dit in die laerskool geleer en
ek onthou net die eerste ree"l: " Muskiet, ek sal jou kry, van jou sal
net 'n bloedkol bly..." ens.

dankie, Griet.
Re: GEDIG: oor daai brommer ! [boodskap #7071 is 'n antwoord op boodskap #7010] Di, 20 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , kuy...@stn.net says...
>
> gal...@ibm.net wrote:
>>
>> DIE BROMMER

Wat 'n digter! En wat 'n gedig!
Ek sal baie graag nog van sy gedigte
op die nuusgroep wil lees.
Om die brommer toe te spreek as toeareg,
as elektriese prins, en gemeenskap aan te
dui met die Opperheer - dis absoluut geniaal.

Ek is ook dankbaar dat die gedig my herinner
het aan daardie kleurbelaaide woedende brommers
wat 'n mens in Suid-Afrika aantref. Daardie geluid
is in my herinnering gemeng met die skree van son-
besies en die gekoer van 'n namakwa-duif op 'n
baie warm middag.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: 'n Gedig oor die Noordkaap deur George Weideman
Volgende onderwerp: Gedig van verlange ontrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 06:20:21 MGT 2024