Mbeki - munisipaliteite [boodskap #108065] |
Mon, 09 January 2006 14:24 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Volgens Mbeki is "hulle" reeds sedert 2000 besig om die effektiwiteit
van die munisipaliteite dop te hou.
Maar hy meld nie wat waargeneem is nie. Hy meld ook nie waarom die
korrupte ANC-regering wag totdat mense bande brand en paaie versper
voordat hulle reageer op hulle eie onbevoegde en korrupte amptenary
nie.
Dit lyk my verandering sal maar weer bewerkstellig word deur Swartes
wat bereid is om tot geweld oor te gaan?
(Wie kan onthou dat burgermeesters nie besoldig was voordat die
ANC-bewind in plek gekom het nie.)
|
|
|
Re: Mbeki - munisipaliteite [boodskap #108068 is 'n antwoord op boodskap #108065] |
Mon, 09 January 2006 20:55 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jonas skryf
>> (Wie kan onthou dat burgermeesters nie besoldig was voordat die
> ANC-bewind in plek gekom het nie.)
Ongelukkig is dit nou die gewoonte hier in Kanada ook
om burgemeesters en stadsraadslede hoë salarisse
te betaal. Hulle verdien dit seker tot 'n mate, want
hulle moet lang ure sit en beraadslaag. Maar dit lei
tot die totstandkoming van 'n groep mense wat
agter die besoldiging aan is, liewer as vir die liefde
vir die werk. Dieselfde gebeur met die lede van die
Skoolrade, wat ook goed besoldig word, selfs al
het hulle ook 'n dagwerk.
Gloudina
|
|
|