Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog skaars petrol
Nog skaars petrol [boodskap #107711] Fri, 09 December 2005 07:56
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: July 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar het 'n nuwe faktor na vore gekom wat die hele brandstof-storie
deurmekaarkrap. Dis die feit dat SA en Namibiƫ in die nuwe jaar
oorgeskakel moet wees na ongelode petrol en sulfaatvrye diesel. Dit
beteken die ou voorraad moet uitverkoop raak en dan hervul word met die nuwe
goete en dan is daarby ook nog die storie van die verlaagde prys. Om die
spul georganiseerd te kry, sal kophou kos. Hier by ons aan die Nam-kus
word gepraat van 'n moontlike tekort aan ongelood en diesel vir die volgende
week, maar dit behoort nie 'n tekort wees as die mense nou net nie stres en
almal hulle karre se tenks gaan volmaak nie....selfs al het hulle nie
brandstof nodig nie.
Vorige onderwerp: Engelse tijdschrift 'Wallpaper': 'afrikaans een lelijke taal'
Volgende onderwerp: Shuster?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 03:05:13 UTC 2025