Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig oor die Noordkaap deur George Weideman
'n Gedig oor die Noordkaap deur George Weideman [boodskap #6846] Ma, 22 Julie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
George Weideman se ``Pella le 'n kruistog ver'' ('n voorlopige
rekonstruksie van 'n denkbeeldige gesprek tussen Pella se eerste
Rooms-Katolieke sendeling en sy reisgids, anno 1875) is vir
my 'n sterk poging om nie net die landskap en hitte van daar-
die deel van die Noordkaap te beskryf nie, maar ook 'n insig
te gee in die rassemengsel van mense uit Europa en lokale
inwoners wat uniek was aan daardie deel van die wereld in
die 19de eeu.

EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI

u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dis nog nie naastenby die somer nie
en nou al le die vuurklip en smeul
hier moet u maar die sagte groen van Lyons
uit die gedagtes weer
hier is die enigste groen perdalks die soom
van die verbeeldingstroom
varswater sal u, as balling hier,
uit die vate van die geheue moet tap
of wag tot eendag as daar na die reen
syferwater uit 'n oog opwel

hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
geoffer aan die son van Afrika geoffer
aan die smeuling van die amper-woestyn
(kan die brandstapel feller wees
as Pella in Desember? sou die Hindoes
dit warmer aan die sole he?) geoffer
aan die slu klein slangogies
listig soos die xnabbo self
geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
ja - te veel rooiwyn; nee - te veel soetwyn
maar die maak jou jou vergeet vergeet!
geoffer aan die dors land
wat sobyso net brakwater ken
(hier sal jy dalk moet wolfsmelk drink!)
ook jy sal die brak smaak se nabitter proe
jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
hier staan alles bloot, oblatus:
winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
as die veld julienagte oopgesper en wyd le en wit
en alles blootgewaai word
deur suidewind en oostewind
en wit vuursteen en bruin graniet
uiteindelik blus;
hier sal jy ook moet vure slaan
en blare en barste balsem gee
ysblomme van die oe smelt.....

Afrika is wyd en groot
fonteine min - ons sal u leer gorra maak
kleimisvloer smeer witgatwortel maal
daardie plante daar? word ``halfmense''
genoem hier langs die rivier is baie
hoe goed kan u skiet? hiers nog tiers
in die berge en boesmans hel! die boesmans
en moenie Pella se skepsels vergeet nie...

o u weet wat skepsels is? nou ja die soort
onthou maar: vir 'n geweer
is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
en natuurlik die basilisk

nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
hierdie is maar ons voorland, die Voor-Boesmanland
ons moet die hinterland nog in
voor die son so menshoog staan
moet ons
die Here weet
vir Vagevuurskloof nog deur

Ek het grootgeword minder as tweehonderd kilometers
van Pella af, maar het nooit daar uitgekom nie. Vir my
was die name Pella, Onseepkans, Vioolsdrif gehul in 'n
misterie wat ek gelees het op die taai gesigte en in die
veraf kyk in die oe van die mense wat daarvandaan ge-
kom het. En die hitte in daardie streke is legendaries.
Een somer het daar by ons in die middel van die nag 'n
warm wind begin waai uit die weste, daar uit Pella se rig-
ting. Ons het aanvanklik buite geslaap, maar moes in die
huis ingaan omdat dit so warm was twaalfuur in die nag.
Die volgende dag hoor ons dat dit by Onseepkans daardie
dag 120 F was (dis nou omtrent 49 C.)

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: LOUIS LEIPOLDT (1880 - 1947)
Volgende onderwerp: GEDIG: oor daai brommer !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 11:46:27 MGT 2024