Vertalers vir Google in Afrikaans? [boodskap #105033] |
Sun, 14 August 2005 14:17 |
Samuel Murray-Smit
Boodskappe: 2 Geregistreer: August 2005
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hallo almal!
'n Paar van ons wat Google in Afrikaans vertaal, het 'n Yahoogroup
gestig sodat ons kan gesels oor die taalgebruik en beter vertalings.
As julle van iemand weet wat Google in Afrikaans vertaal of vertaal
het, moedig hulle asseblief aan om hulle by ons aan te sluit.
Stuur net 'n leë e-pos na googaf-s...@yahoogroups.com en wag 'n
dag of twee.
Groete
Samuel Murray
|
|
|
Re: Vertalers vir Google in Afrikaans? [boodskap #105036 is 'n antwoord op boodskap #105033] |
Sun, 14 August 2005 16:14 |
Pieter Rautenbach
Boodskappe: 31 Geregistreer: February 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Hallo Samuel
Mag ek vra waarom julle 'n groep op Yahoo! gestig het? Hoekom nie 'n
Google groep nie, veral aangesien hierdie projek met Google te doen
het?
Ek het al 'n klompie vertalings vir Google in Afrikaans gedoen en sal
graag (verder) wil help.
Groete
Pieter
|
|
|