Bedrog: Standaard vir Afrika, No1. [boodskap #103787] |
Di, 14 Junie 2005 08:14 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis vir my ongelooflik om te lees van adj. pres. Zuma en sy storie. Tot
Nelson Mandela ondersteun hom nou. 'n Mens wonder of dié hogere mense dan
nie werklik 'n begrip het van die boodskap wat hulle vir die wêreld uitstuur
nie? Kan hulle nie werklik 'n ondeskeid tref tussen reg en verkeerd nie.
Is Nelson Mandela dan maar net dit waarvan hy in die ou dae beskuldig was:
'n Terroriste leier wat onskuldige mense in sy opdrag laat vermoor het? Is
hierdie ikoon van Afrikadom uiteindelik maar tog ook net nog 'n misdadiger?
Zuma se oortreding het absoluut niks met die politiek te doene nie.
Selfverryking ten koste van jou land as jy in 'n vertrouensposisie sit, is
'n misdaad, plein en simpel. Volgens die wette van die land is hy skuldig
bevind aan 'n misdaad en behoort hy daarvolgens gestraf te word.
......dis nou te sê as die res van die mense dink sy dade was 'n misdaad!
Met die aksies van Mandela en die mense wat hom ondersteun, word 'n
duidelike bevestiging die wêreld ingestuur. Diefstal en selfverryking is
nie 'n misdaad nie. Of is dit slegs 'n misdaad as dit die ANC pas?
|
|
|