Brecht [boodskap #102642] |
Sa, 16 April 2005 12:03 |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Van Arme B.B.
1922
Ek, Bertolt Brecht, kom van die swart woude.
My moeder het my in die stede ingedra
terwyl ek in haar lyf was. En die kilte van die woude
sal in my wees tot my dood toe  en daarna.
In die asfaltstad voel ek my tuis. Reg van die begin af
toegerus met ieder laaste bede:
Met koerante. En tabak. En Brandewyn.
Agterdogtig, lui, en ten slotte: tevrede.
Ek is vriendelik teenoor die mense. Ek sit
'n bolhoed op, na hulle gebruik.
Ek sê: Hierdie diere stink mos.
En ek sê: Dis niks nie, dis hoe ek ruik.
In my leë skommelstoele, in die oggend,
plaas ek myself, en hier en daar 'n vrou,
en ek betrag hulle sorgeloos en spreek hulle aan:
Op my kan julle wragtag nie bou nie.
Teen die aande versamel ek mans om my.
Ons noem mekaar "u" en "meneer".
Hulle laat my voete op my tafel rus
en sê: Alles sal regkom. En ek vra nie: wanneer.
Teen die more, in die grou daeraad, pis en denne,
en hul luise, die voëls, begin jammer.
Op dié oomblik ledig ek my glas in die stad, en smyt
my sigaar weg, en gaan gekwel na my kamer.
Ons, 'n ligsinnige geslag, is gevestig
in huise wat onverwoesbaar lyk
(die wolkekrabbers van Manhattan en die dun antennas
wat die Atlantiese Oseaan aankyk).
Van hierdie stede sal oorbly: dit wat hierdeur trek, die wind!
'n vol spens verheug die eter: hy eet dit kaal.
Ons weet dat ons voorlopig is
en ná ons: dieselfde storie in dieselfde taal.
By die aardbewings, wat ongetwyfeld kom, sal ek hopelik
nie my sigaar laat doodgaan weens bitterheid nie,
ek, Bertolt Brecht, vergooi in die asfaltstad,
maar verwek in die woude, in my moeder, lank gelede.
|
|
|