Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Publiseer briewe van Louws, asseblief.
Publiseer briewe van Louws, asseblief. [boodskap #102171] |
Do, 31 Maart 2005 17:22 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beeld-forum: Publiseer briewe van Louws, asb.!
Ferdi Greyling
Die gepende woorde van mense wat met helder geeste geseën is en daarom
beroemd word, behoort ná hul dood aan die gemeenskap waarin hulle beroemd
was.
Hul lewe en denke (in mekaar verweef) is 'n soort argief van hul gemeenskap
en uit hul denkpatrone en geesteswandelinge is baie te leer.
Dit is ook die geval met N.P. Van Wyk Louw.
Hy het die opwelling van Afrikaner-nasionalisme ná die Anglo-Boereoorlog
beleef en deurdink.
Ook later die konsolidasie van politieke mag in Afrikaner-hande - en
sekerlik ook die tragiese foute en oorsigte wat met daardie mag begaan is.
Dit is jammer dat sy familie klaarblyklik nie wil hê briefwisseling tussen
hom en sy broer, W.E.G. Louw, moet nou gepubliseer word nie. Van die briewe
bevat glo intieme gedagtewisselings waarin elemente van die tydsgees van die
jare 30 weerklink.
So spreek Van Wyk Louw luidens berigte sowel simpatie en begrip vir die
Nazi's in Duitsland uit as rassistiese opmerkings wat swart mense plaaslik
raak.
Dis seker maklik om terug te kyk en met die politieke insig van vandag te
reken sulke gedagtes is skandelik vir iemand van sy statuur. Nugterheid
vereis egter dat 'n mens Louw se gedagtes van daardie tyd in daardie tyd
plaas. Dit was voor kennis van doodskampe; voordat Pole ingeval is. Dit was
'n tyd waarin daar wye bewondering vir die Duitsers se romantiese
nasionalisme onder Hitler was.
Louw was deel van sy tyd en in kontak met die idees in sy wêreld.
Dit beteken hy het dalk geflankeer met Nazisme, maar hy het (ten minste nie
in die openbaar nie) nie 'n Nazi geword nie. Dis belangrik om te sien hoe sy
gedagtes daaroor ontwikkel het. Dieselfde geld seker sy gedagtes rakende
swart mense in Suid-Afrika.
Gelukkig gaan Louw se briewe nie die weg van die Brit Richard Francis Burton
se geskrifte gaan nie.
In Louw se geval is die briewe veilig en lyk dit of die stryd meer gaan oor
wanneer dit gepubliseer kan word eerder as of dit vernietig moet word. Maar
om dit nooit te publiseer nie en as geheime in kluise te laat lê, sal
dieselfde as vernietiging wees; bloot langsame vernietiging.
Burton was een van die reuse-geeste van sy tyd. Hy was waarskynlik die
eerste Westerse antropoloog - nog voordat daar so 'n wetenskap was. Hy was
een van die eerste Westerlinge wat in lewensgevaar Mekka en die Afrika-stad
Harar besoek het en hy het wyd in Arabië gereis.
Dié man (wat glo 29 tale kon praat) het ook 'n kragtige skryfstyl gehad en
hy was 'n pligsgetroue aantekenaar van gesprekke, waarnemings en gedagtes.
Hy het twee stelle dagboeke gehou. Een wat meer alledaagse aantekeninge was,
maar ook 'n meer persoonlike een waarin sy helder verstand en vreeslose
waarneming waarskynlik die botoon gevoer het.
Hy het besef dit sal te eerlik en reguit wees vir die Victoriaanse
samelewing en het dit nooit openbaar gemaak nie - maar bewaar.
Toe hy in 1890 in Triëst, in Italië, dood is, het sy vrou, Isabel, dit
verbrand.
Sy wou sy reputasie bewaar en in haar gemiddelde Victoriaanse verstand was
sy duisende bladsye aantekeninge oor mense, plekke en samelewings waar geen
of min Westerling nog voor hom was, gevaarlik. Sy was bekommerd dit sal nie
by die fatsoenlikheid van die tydsgees om haar inpas nie.
Vandag onthou die wêreld dat Burton 'n unieke mens was, maar ongelukkig was
sy vrou van swakker verstand en het niemand sy geskrifte gered nie.
Louw se briewe is gelukkig veilig en die argument, volgens alle aanduidings,
gaan net oor wanneer om te publiseer.
'n Goeie reël hiervoor is waarskynlik dat sulke geskrifte bekend gemaak moet
word wanneer die mense ter sprake (die twee Louws) nie meer lewe nie. Dit is
die geval.
Louw was 'n groot digter. Selfs al sou die briewe ernstige teenstellings met
sy elegante geskrifte verteenwoordig, dink 'n mens aan die Britse digter
W.H. Auden wat oor W.B. Yeats geskryf het: Time that is intolerant of the
brave and innocent, and indifferent in a week to a beautiful physique,
worships language and forgives everyone by whom it lives; pardons cowardice,
conceit, lays honours at their feet.
Maar dit lyk asof dit moontlik nie eers die geval met Louw gaan wees nie.
Sy bekende opstelle versamel onder die titel Lojale verset kom uit die
dertigs, soos die omstrede briewe.
Publiseer dit asseblief. Dié wat hom hoog ag, wil albei lees. Om na die
weerklank van idees tussen openbare en minder openbare forums te luister,
kan groter begrip bring in wat Louw self in Desember 1938 in Lojale verset
soos volg beskryf het: "Die literatuur en die geestelike lewe as geheel is
stryd, woeling en die opskuim van onberekenbare dinge."
************************************************************ **********
|
|
|
Re: Publiseer briewe van Louws, asseblief. [boodskap #102172 is 'n antwoord op boodskap #102171] |
Do, 31 Maart 2005 17:56 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Beeld-forum: Publiseer briewe van Louws, asb.!
> Ferdi Greyling
> Sy bekende opstelle versamel onder die titel Lojale verset kom uit die
> dertigs, soos die omstrede briewe.
>
> Publiseer dit asseblief. Dié wat hom hoog ag, wil albei lees.
Is die briewe wat betrokke was, net dié briewe wat
NP en WEG vir mekaar in die dertigerjare geskryf
het, of dek dit hulle hele lewe?
Sover ek kan onthou uit die Steyn-biografie, was daar
taamlike opgewonde briefwisseling tussen die twee tydens
die periode toe NP 'n verhouding met Sheila Cussons
aangeknoop het en hy Truida ongeveer verlaat het. Ek
dink WEG het vir 'n ruk geweier om enige briewe
aan sy broer te skryf. As ek lid van die Louw-familie
was, sou ek ook twee-keer wou dink oor sulke
briewe publiek maak.
Gloudina
|
|
|
Re: Publiseer briewe van Louws, asseblief. [boodskap #102180 is 'n antwoord op boodskap #102171] |
Do, 31 Maart 2005 19:51 |
Swart Simon
Boodskappe: 101 Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Cv6dnSXvL5l0rNHfRVn-3g@rogers.com...
> Beeld-forum: Publiseer briewe van Louws, asb.!
> Ferdi Greyling
>
>
> Die gepende woorde van mense wat met helder geeste geseën is en daarom
> beroemd word, behoort ná hul dood aan die gemeenskap waarin hulle beroemd
> was. [....]
> Publiseer dit asseblief. Dié wat hom hoog ag, wil albei lees. Om na die
> weerklank van idees tussen openbare en minder openbare forums te luister,
> kan groter begrip bring in wat Louw self in Desember 1938 in Lojale verset
> soos volg beskryf het: "Die literatuur en die geestelike lewe as geheel is
> stryd, woeling en die opskuim van onberekenbare
dinge."
Met respek, ek dink nie dat Ferdi mooi verstaan waaroor
dit eintlik gaan nie. Die 'beroemdheid' van die Louws
speel hoegenaamd geen rol nie.
Soos ek dit verstaan het die saak het twee bene.
Eerstens is daar die kwessie van privaatheid. 'n Mens
kan nie sommer sonder permissie 'n ander man se private
korrespondensie gaan staan en publiseer nie. Ook nie
die inhoud of strekking daarvan nie, al publiseer jy
dit dan nie woord vir woord nie. Of die man beroemd of
berug was het niks met die saak uit te waai nie. In
die geval van die Louws, egter, verstaan ek dat die
korrespondensie deur hulle erfgename aan 'n biblioteek
geskenk is met die doel dat dit vir navorsing gebruik
word. Enigiemand wat navorsing oor die onderwerp wil
doen kan blykbaar na die biblioteek gaan en die
korrespondensie lees. Die korrespondensie is dus nie
meer privaat nie. Die erfgename het, vir redes van
hulle eie, daarvoor gesorg.
Tweedens is daar die kwessie van outeursreg. 'n
Uitgewer kan nie sommer sonder permissie die
korrespondensie holus bolus gaan reproduseer nie (selfs
al is dit nie meer privaat nie), want dan het hy 'n
outeursreg-probleem. In die geval van korrespondensie
soos hierdie sal die outeursreg eers verval 50 jaar na
die dood van die skrywer (wanneer is die Louws dood?).
Maar daar is uitsonderings. So, byvoorbeeld, mag 'n
mens binne redelike perke aanhalings van gedeeltes van
iemand anders se werk maak, vir doeleindes van
kommentaar, ens. Ek dink dit is waaroor die hele saak
gaan draai - of die aanhalings wat gemaak is hierdie
perke oorskry.
As dit Ferdi gelukkig sal maak - my geld is op die
uitgewers. Ek dink hulle gaan die saak wen.
Swart Simon
|
|
|
Re: Publiseer briewe van Louws, asseblief. [boodskap #102190 is 'n antwoord op boodskap #102180] |
Do, 31 Maart 2005 22:21 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Iemand moet tog vir my probeer verduidelik waaroor die bohaai nou eintlik
gaan.
Eerstens sit ons met twee gesiene skrywers, broers, wat vir mekaar briewe
skryf, en die briewe hou.( watter normale broers en susters doen dit?)
Dan kry ons die nasate wat voel die broers is so belangrik, dat hulle die
briewe aan 'n universiteitsbib skenk vir almal om dit te lees wat wil, en
selfs in klasse of ondermekaar te bespreek as hulle sou wou.
Derdens kry ons 'n gesiene prof wat dink hy skryf 'n akademiese boekstuk,
sodat meer mense wat sou belangstel die briewe van die broers wil lees (
klnk vir my amper soos afloerdery).
Tot hier toe gaan alles lekker stil en rustig, en nie een dink ons is hier
met iets vreesliks besig nie.
Toe gaan die nasate, en hulle raak skielik onrustig oor wat in die briewe
sou staan, wat al klaar vir hoe lank vir openbare insae lê, hardloop hof
toe, en nou skielik weet almal dat die twee gesiene broers ook maar net
mense met pense was, en nie gode nie..
Sover ek weet sou die boek slegs 'n akademiese baslaanwerk wees - nou sorg
die familie dat dit opslae maak, en almal wat nuuskierig genoeg is, gaan dit
hopelik koop. Miskien kry die familie, per ooreenkoms, 'n persentasie van
die verkope....
Op die keper beskou eintlik 'n storm in 'n teekoppie oor twee broers wat in
die teken van die tyd toentertyds se kwellinge en vrese bespreek het in die
taal wat destyds mode was.
Lekker gratis advertensie en hopelik meer verkope is die gevolg, en nou weet
almal dat WEG vir NP uitgekryt het as 'n hoereerder en huweliksverneuker, en
dat NP van kaffers gepraat het.
( wie op aarde hou 'n brief waarin jou broer jou so slegsê?)
--
Groetnis
Annette
"Swart Simon" skryf in boodskap news:S5ydnQAiluo4ztHfRVn-2A@is.co.za...
> "@rogers.com" wrote in message
> news:Cv6dnSXvL5l0rNHfRVn-3g@rogers.com...
>> Beeld-forum: Publiseer briewe van Louws, asb.!
>> Ferdi Greyling
>>
>>
>> Die gepende woorde van mense wat met helder geeste
> geseën is en daarom
>> beroemd word, behoort ná hul dood aan die gemeenskap
> waarin hulle beroemd
>> was.
> [....]
>> Publiseer dit asseblief. Dié wat hom hoog ag, wil
> albei lees. Om na die
>> weerklank van idees tussen openbare en minder
> openbare forums te luister,
>> kan groter begrip bring in wat Louw self in Desember
> 1938 in Lojale verset
>> soos volg beskryf het: "Die literatuur en die
> geestelike lewe as geheel is
>> stryd, woeling en die opskuim van onberekenbare
> dinge."
>
>
> Met respek, ek dink nie dat Ferdi mooi verstaan waaroor
> dit eintlik gaan nie. Die 'beroemdheid' van die Louws
> speel hoegenaamd geen rol nie.
>
> Soos ek dit verstaan het die saak het twee bene.
>
> Eerstens is daar die kwessie van privaatheid. 'n Mens
> kan nie sommer sonder permissie 'n ander man se private
> korrespondensie gaan staan en publiseer nie. Ook nie
> die inhoud of strekking daarvan nie, al publiseer jy
> dit dan nie woord vir woord nie. Of die man beroemd of
> berug was het niks met die saak uit te waai nie. In
> die geval van die Louws, egter, verstaan ek dat die
> korrespondensie deur hulle erfgename aan 'n biblioteek
> geskenk is met die doel dat dit vir navorsing gebruik
> word. Enigiemand wat navorsing oor die onderwerp wil
> doen kan blykbaar na die biblioteek gaan en die
> korrespondensie lees. Die korrespondensie is dus nie
> meer privaat nie. Die erfgename het, vir redes van
> hulle eie, daarvoor gesorg.
>
> Tweedens is daar die kwessie van outeursreg. 'n
> Uitgewer kan nie sommer sonder permissie die
> korrespondensie holus bolus gaan reproduseer nie (selfs
> al is dit nie meer privaat nie), want dan het hy 'n
> outeursreg-probleem. In die geval van korrespondensie
> soos hierdie sal die outeursreg eers verval 50 jaar na
> die dood van die skrywer (wanneer is die Louws dood?).
> Maar daar is uitsonderings. So, byvoorbeeld, mag 'n
> mens binne redelike perke aanhalings van gedeeltes van
> iemand anders se werk maak, vir doeleindes van
> kommentaar, ens. Ek dink dit is waaroor die hele saak
> gaan draai - of die aanhalings wat gemaak is hierdie
> perke oorskry.
>
> As dit Ferdi gelukkig sal maak - my geld is op die
> uitgewers. Ek dink hulle gaan die saak wen.
>
> Swart Simon
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Vr Nov 22 17:38:04 MGT 2024
|