Jamina [boodskap #101870] |
Sa, 12 Maart 2005 11:08 |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As daar nou 'n ding is waarhaan ek 'n kleintjie dood het, is dit as 'n swart
man of vrou vir my loop en Mies of Miesies. Ek het sommer al vroeg 'n
afkeur aan die woord gekry. Ek was seker so tien toe Ma ou Jamina daar by
ons huis aangebring het, en ons die buitekamer vir haar reggemaak het. Sy
was ons eerste inbly bediende gewees.
So twee weke later, toe ek nou goed oor my skaamgeid vir Jamina was, kon ek
vir haar sê wat my pla. Ek corner haar daar by haar kamer, "Jamina, ek wil
nie hê jy moet meer vir my Kleinmies sê nie. Noem my Elize. En die oudste
een noem jy Stella, die jongste se naam is Karly."
Van daai dag af het ou Jamina 'n sagte plekkie in haar hart vir my gehad.
As Ma gesê het sy moenie my deurmekaar kamer skoonmaak nie, het sy net gewag
tot Ma haar rug gedraai het voor sy daar ingevloog het en vinnig skoongemaak
het. Wanneer Ma in een van haar buie was, en die kinders in die huis het so
een vir een afgetjop, kon ons altyd by Jamina gaan wegkruip. Partykeer, as
ons so by haar gaan wegkruip het, het sy vir ons van haar bon-bons gegee en
ons stukkende harte probeer heel maak. En ek onthou die baie dae na skool
wat ek by Jamina gaan tee drink het. Daar waar ons in die sonnetjie gesit en
bak het, kon ons skinder dat die buile huil.
Ek was baie lief vir Jamina. Nadat ek uit die huis getrek het, het sy altyd
by Ma gaan worry. Het ek darem genoeg kos en klere? Sorg die mansmens darem
vir my? Een dag, so ses maande voor my troue, gaan sit ek toe by Jamina en
stel haar ou hart gerus. Ek vertel haar die man is goed vir my, ek het 'n
mooi huis en klere, sy moenie op haar oudag so worry oor my nie. Ek gee
haar, haar uitnodiging na my troue toe, en die ou vrou raak skoon aangedaan.
Sy is happy vir my. Sy vertel my dat sy op amper tagtig nog steeds vir haar
kinders moet sorg. Ma wou haar al jare terug retire, maar sy kan nie, want
wie gaan vir haar kinders en kleinkinders sorg? Ek vra haar na die
staatspensieon, maar dis nie genoeg om eers vir haarself die basiese te koop
nie. Voor ek loop, laat sy my belowe dat ek vir Ma-hulle sal sorg as hulle
oud is.
Ek gaan vra vir Ma oor Jamina. Ma sê sy werk al jare nie meer nie. Was net
so bietjie skottelgoed in die oggende en die aande. Ma doen maar die res.
Ma is moes net so lief vir Jamina soos ek. Sy is familie, mens jaag nie
familie weg nie. Daai middag, voor ek moet terug stad toe, gaan ek dorp toe
en koop vir Jamina die mooiste rok wat ek kan kry. Ek koop vir haar 'n box
tjoklits en 'n paar blommetjies. Ek vra vir Ma om dit vir haar te gee.
Jamina het dit toe nooit gemaak tot by my troue nie. Twee maande voor ek
kansel toe is, is Jamina dood. Ek mis vir Jamina.
|
|
|