Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Taalles " deur ELIZABETH EYBERS
" Taalles " deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #100836] Sun, 02 January 2005 19:52
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4791
Geregistreer: December 2003
Karma: 0
Senior Lid
Taalles
Elizabeth Eybers

Die eerste rededele wat mens leer
vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg
om die akuutste nood te formuleer
soos : ek het honger.. hou van jou. is moeg.

Plots uit die soet ontmoeting weggeruk
het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek
om oor en oor, onnosel van geluk,
toereikend te verduidelik : jy en ek.

'n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer
hul moeiteloos die diggeweefde sin,
die voegwoorde van kunstige verweer
soos : daarenteen.. ondanks.. desnietemin.
Vorige onderwerp: Vir lefhebbers van gedigte
Volgende onderwerp: " Akkoord " deur ELISABETH EYBERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Jan 12 19:12:46 UTC 2025