Die suurdeeg werk deur [boodskap #98552] |
Tue, 21 September 2004 11:01 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In vandag se Burger - 'n kongres vir staatsdiensbestuurders word in KIKS
aangebied. Dit kos die staat ( dis nou ons) R2 miljoen. Slegs 2/3 van die
bestuurders het registreer, ten spyte dat daar 'n beroep gedoen is dat hulle
asseblief die kongres moet bybring ipv om in die Waterfront te gaan
rondkuier.
Kleurfoto op die voorblad hoe die bestuurders luister na Darling Trevor,
meeste heel gemaklik terug op hul stuitjie, en selfs twee wat rustig slaap,
kop agteroor. Fraser-Moleketi het glo gesê die bestuurders moet besef dat
daar meer is aan hul werk as om kongresse en werkswinkels by te woon en
handtekeninge op dokumente te sit wat deur minderes voorberei is.
--
Groetnis
Annette
|
|
|