Losskakels [boodskap #98192] |
Mon, 13 September 2004 08:55 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Na die naweek wemel dit skielik van losskakels wat volgens die onderskeie
provinsies in die bokspan moet speel.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
Re: Losskakels [boodskap #98193 is 'n antwoord op boodskap #98192] |
Mon, 13 September 2004 09:33 |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy moet nie huil daaroor nie....eerder dankbaar wees dat die boodskap
uiteindelik besig is om deur te dring. Die huidige Bokspan soek steeds 'n
losskakel van formaat wat 'n game kan beheer en dikteer. Jaco is OK, maar
niks spesiaal nie. Hougaard verbeter, maar sy geestessamestelling blyk
bietjie broos te wees want as dinge nie perfek is nie, dan gaan sit hy in sy
hoek en huil. Petoorsie van die Leeus lyk skielik asof hy wakker geword
het en begin rugby speel en Willem de Waal word volgende jaar in elk geval
'n Blou Bul, so daar is iemand wat sy talente raaksien. Ook Tsimba is
volgende jaar by die Bulle. Het jy gehou van die Rapport se berig: Die
WP het begin velle verkoop voor die bul geslag was? Hulle het al klaar
begin kaartjies koop vir die eindstryd teen die Bulle, toe vou hulle so effe
die naweek.......he-he! Die Vrystaat wag vir hulle en ook die Sharks het
nog 'n appeltjie te skil met die Streepdonkies.
"Annette" skryf in boodskap news:ci3nhh$lrn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Na die naweek wemel dit skielik van losskakels wat volgens die onderskeie
> provinsies in die bokspan moet speel.
> --
> Groetnis
> Annette
>
|
|
|