|
Re: Wat is 'n muidjie? [boodskap #121784 is 'n antwoord op boodskap #95021] |
Sun, 09 December 2018 08:11 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 525 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Die Afrikaanse uitdrukking "met huidjie en muidjie" kom van die Nederlandse "hutje en (met) mutje".
Dit beteken alles, heeltemal, die hele kaboedel/pakkasie, sak en pak.
"Hutje" is 'n ou woord vir 'n mandjie of korf.
"Mutje" is 'n verbastering vir mud, 'n ou inhoudsmaat vir droë ware.
Voorbeelde:
1. Sy het huidjie en muidjie vir die week se vakansie ingepak (alles wat sy kon).
2. Die kat het die muis met huidjie en muidjie opgevreet (volledig, sodat daar niks oorgebly het nie).
|
|
|