Zimbabwe huursoldate se leier beloof hulp aan Zim indien nie uitgelewer [boodskap #94823] |
Mon, 12 July 2004 16:29 |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hi julle
Ek hoor dat Siman Mann, die leier van die beweerde huursoldate wat
deur Zim na NG sou gaan om 'n staatsgreep uit te voer, is in die
proses om staatgetuie te word vir die Zim regering. Hy vra dat hulle
hom nie sal uitlewer aan NG nie, inruil vir sy getuienis. Daar is
sprake dat hy dan na Engeland gedeporteer sal word as alles klaar is.
Ek sien die storie as volg.
Ek sien 'n paar sotte wat meer afgebyt het as wat hulle kan kou. Drie
regerings wil nou voorbeelde van die arme siele maak en gaan hulle
skraap soos mense 'n grondpad skraap na die reen seisoen. Nou klim die
leier van die hele storie nog uit die bus en sê ek sal die sleutels
gee vir wie ook al my sal laat wegloop van die storie af. Ek dink die
een lae aksie lei tot die ander...
Tragies.
Groete
A
|
|
|